Wat moet jy doen?
50 Wil jy vir ewig in daardie pragtige paradys lewe?
Leer dan meer oor wat God sê. Probeer om die Bybel te leer lees.—Johannes 17:3; Openbaring 1:3
51 Leer meer omtrent Jesus.—Deuteronomium 18:18, 19; Johannes 3:16; Handelinge 3:19-23
52 Probeer om net goeie dinge te doen en wees gehoorsaam aan God.—Romeine 6:17, 18, 22
53 Onthou, Jehovah sê ons mag nie mense doodmaak nie.—Exodus 20:13; 1 Johannes 3:11, 12
54 Ons mag nie dinge vat wat aan ander behoort nie.—Exodus 20:15; Efesiërs 4:28
55 ’n Man mag nie met ’n vrou saamlewe en slaap as sy nie sy vrou is nie.—Exodus 20:14, 17; 1 Thessalonicense 4:3
56 Onthou jy hoeveel vrouens God ’n man toelaat om te hê? Hoe lank moet ’n man by sy vrou bly?—Genesis 2:22, 24; Mattheüs 19:5, 6; 1 Korinthiërs 7:2, 10, 11
57 Onthou ook dat ons net Jehovah mag aanbid.—Mattheüs 4:10; 1 Korinthiërs 8:6
58 Afgode en beelde kan ons nie help nie. Waarom nie?—1 Korinthiërs 8:4
Is dit goed om afgode te hê?—Deuteronomium 27:15; 1 Johannes 5:21
59 Waarom is dit verkeerd om gelukbringers te hê en towery te beoefen?—Deuteronomium 18:10-13; Openbaring 21:8
60 Die slegte engele of duiwels het teen God in opstand gekom. Hulle gebruik fortuinlesers om mense te mislei.—Handelinge 16:16
61 Ons moet tot God bid. Gebed beteken dat ’n mens met God praat, vir hom sê dat ons hom wil dien en sy hulp vra.—Filippense 4:6, 7
62 Ons moet Jesus gehoorsaam en in hom glo.—Hebreërs 5:9; Johannes 3:16
63 Onthou, hy het gesterf om ons te red.—Romeine 5:8
64 Onthou ook dat Jesus ons onsigbare Koning is. Ons moet na hom luister.—Fillippense 2:9-11; Openbaring 19:16
65 Jesus het gesê dat jy vir ander moet vertel van die goeie dinge wat jy leer en dat diegene wat God wil dien, gedoop moet word.—Mattheüs 28:19, 20; Johannes 4:7-15
66 Jy kan dus met jou vriende oor hierdie goeie dinge praat.—Mattheüs 10:32
67 As jy leer om goed te lees, kan jy baie meer dinge leer en sal jy ander beter kan help.—2 Timotheüs 2:15
68 Jesus het ook klein kindertjies geleer om God te gehoorsaam. Hy was nooit te besig om met hulle te praat nie.—Mattheüs 19:13-15
69 Ouers moet altyd hulle kinders leer om aan God gehoorsaam te wees en hom lief te hê.—Deuteronomium 6:6, 7; Spreuke 6:20-22; Efesiërs 6:4
70 Daar is baie verskillende kerke. Baie van hulle leerstellings kom nie uit die Bybel nie. Jehovah sê vir ons om gelowe te verlaat wat nie die waarheid leer nie.—Openbaring 18:4; Johannes 4:23, 24
71 Jehovah het mense op aarde wat jou meer oor hom kan leer. Weet jy wie hulle is?—Handelinge 15:14; Romeine 10:14, 15
72 Hulle is Jehovah se Getuies. Hulle geniet vrede onder mekaar. Weet jy waarom? Omdat hulle mekaar liefhet.—Jesaja 43:10-12; Johannes 13:34, 35
73 Omdat hulle Jehovah ook liefhet, is hulle gedoop. Dit is hoe hulle in die openbaar toon dat hulle hulle slegte lewenswyse verlaat het en hulle lewens wil gebruik om God te dien.—Handelinge 2:41
74 Jehovah se Getuies hoop om in die pragtige nuwe paradys te lewe.—Psalm 37:9-11, 29
Wat kan jy doen om saam met hulle daar te lewe?—Jakobus 1:22, 25; 2:20-26
75 Leer saam met hulle hoe om Jehovah te dien. Hulle is lief vir en gehoorsaam aan Jehovah en Christus Jesus. Het jy hulle lief? Wil jy ander graag help om God te leer ken?—Johannes 6:45-47
76 Jehovah en Christus Jesus het jou lief en wil hê dat jy vir ewig in die paradys moet lewe.—Johannes 3:16
Die dinge wat jy uit die prente en informasie in hierdie brosjure geleer het, het ongetwyfeld die begeerte by jou gewek om vir ewig op die aarde te lewe. As jy graag meer hieromtrent wil weet, stel ons voor dat jy met een van Jehovah se Getuies in jou omgewing praat. Of jy kan aan die naaste takkantoor skryf of iemand vra om namens jou te skryf. Die adresse verskyn op bladsy twee van hierdie brosjure.