Lied 59
Waardeer God se herinneringe
1. God seën diéwat sy bevele uitvoer,
Hom soek en elke onreg haat;
Wat trou sy verordeninge nakom
En wat sy wette nooit verlaat.
Hulle gee op sy gebooie ag,
Praat ook van sy goedheid dag na dag.
Hul sal sy ge tuienisse aankleef;
Want op die Heer het hul leer wag.
2. God se talle goedertierenhede
Reik verder as die verste ster!
Sy Woord en herinneringe hoed ons
Waar trotses ons pad wil versper.
Liefde vir Gods wet bring vrede mee;
En aan ons sal dit gemoedsrus gee.
Soos die vreug van iemand wat ’n skat vind,
Bring God se Woord groot vreugde mee.
3. Mag ons talle smekinge verhoor word
Sodat ons Gods Woord kan verstaan.
Mag hy hoor as ons tot hom om hulp roep
En al ons vyande verslaan.
Mag ons in ons hart aan God trou bly
En ons lewe pal aan sy diens wy.
Want Jehovah trouen sonder on reg
Gee ons die krag om voort te stry.