Advertensie
Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
Baie wonder: Is ons die afstammelinge van aapagtige diere wat miljoene jare gelede gelewe het? Of het God die mens, en alle soorte lewe, regstreeks en nie deur ’n evolusieproses geskep nie? Waar kom ons nou eintlik vandaan? Waarom is ons hier? En wat wag op ons? Hierdie groot boek het 256 bladsye, bevat pragtige illustrasies en is volledig gedokumenteer. Dit verstrek bevredigende antwoorde en haal vername wetenskaplikes sowel as die Bybel aan. Dit is beskikbaar teen ’n bydrae van R4,50. (Die bedrag is onderhewig aan verandering.) Skryf aan Wagtoring, en gebruik een van die adresse op die laaste bladsy.
Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe
Hierdie boek behandel basiese Bybelwaarhede en beklemtoon die hoop op die ewige lewe in ’n aardse paradys. Dit bevat die Bybel se bevredigende antwoorde op vrae soos: Wat gebeur by die dood? Die opstanding—Vir wie, en waar? Waarom het God goddeloosheid toegelaat? Hoe kan die Bybel jou help om ’n gelukkige gesinslewe te geniet? Dit gebruik eenvoudige taal, bevat pragtige illustrasies en het 256 groot bladsye. Dit is beskikbaar teen ’n bydrae van R4,50. (Die bedrag is onderhewig aan verandering.) Skryf aan Wagtoring, en gebruik een van die adresse op die laaste bladsy.