Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • br78 bl. 18-22
  • Maniere waarop hulle dit verkondig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maniere waarop hulle dit verkondig
  • Jehovah se Getuies in die twintigste eeu
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HULLE PREEK DEUR HULLE VOORBEELD
  • Maniere waarop hulle die goeie nuus verkondig
    Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?
  • Wie verkondig die goeie nuus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • ‘Die goeie nuus moet eers verkondig word’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Gemeentes wat georganiseer is om God se Koninkryk te verkondig
    Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
Sien nog
Jehovah se Getuies in die twintigste eeu
br78 bl. 18-22

Maniere waarop hulle dit verkondig

Christene is beveel: “Maak dissipels van al die nasies.” Dit beteken egter nie dat hulle druk moet gebruik of ander met geweld moet bekeer nie. Jesus se opdrag was om ‘’n blye boodskap aan die ootmoediges te bring’, om ‘die gebrokenes van hart te verbind’ en om “al die treurendes te troos” (Mattheüs 28:19; Jesaja 61:1, 2; Lukas 4:18, 19). Jehovah se Getuies probeer om dit te doen deur die “goeie nuus” uit die Bybel te verkondig. Net soos die profeet Esegiël van die ou tyd probeer Jehovah se Getuies vandag om diegene te vind wat “sug en steun oor al die gruwels wat . . . gedoen word”.—Esegiël 9:4.

Die bekendste manier wat hulle gebruik om diegene te vind wat deur teenswoordige toestande gekwel word, is deur van huis tot huis te gaan. Hulle wend sodoende ’n positiewe poging aan om die publiek te bereik, net soos Jesus gedoen het toe “Hy die een stad en dorp ná die ander deurgereis en gepreek en die evangelie van die koninkryk van God verkondig” het. Sy vroeë dissipels het dieselfde gedoen (Lukas 8:1; 9:1-6; 10:1-9). Waar moontlik probeer Jehovah se Getuies vandag om elke huis verskeie kere per jaar te besoek in die hoop om ’n paar minute lank met die huisbewoner te gesels oor iets wat plaaslik of internasionaal van belang is of kommer wek. ’n Teks of twee word bespreek, en indien die huisbewoner belangstelling toon, kan die Getuie reël om op ’n gerieflike tyd terug te keer om die bespreking voort te sit. Bybels en lektuur wat die Bybel verduidelik, word aangebied, en indien die huisbewoner dit wil hê, word ’n tuisbybelstudie gratis gehou. Gedurende 1986 is daar gemiddeld meer as twee en ’n kwart miljoen Bybelstudies gereeld dwarsoor die wêreld gehou.

Nog ’n manier waarop ‘die goeie nuus van die koninkryk’ aan ander oorgedra word, is deur vergaderinge wat by plaaslike Koninkryksale gehou word. Die Getuies hou weekliks vergaderinge daar. Een vergadering is ’n openbare toespraak oor ’n onderwerp van aktuele belang. ’n Ander is ’n studie van ’n Bybelse onderwerp of profesie waartydens Die Wagtoring as bronmateriaal gebruik word. ’n Derde is ’n skool om Getuies op te lei om beter verkondigers van die “goeie nuus” te wees, en ’n vierde word gewy aan ’n bespreking van die getuieniswerk in die plaaslike gebied. Die Getuies vergader ook een maal per week in groepies in privaat huise vir Bybelstudies.

Al hierdie vergaderinge is oop vir die publiek. Daar is nooit enige kollektes nie. Sulke vergaderinge is vir almal nuttig. Die Bybel sê: “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” Privaat studie en navorsing is noodsaaklik, maar vergaderinge saam met ander is stimulerend: “Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.”—Hebreërs 10:24, 25, NAV;Spreuke 27:17.

Die Getuies benut ook geleenthede om oor die “goeie nuus” te praat wanneer hulle in hulle daaglikse lewe met ander mense in aanraking kom. Dit is miskien ’n paar woorde wat met ’n buurman gewissel word, of met ’n medereisiger op ’n bus of vliegtuig; ’n langer gesprek met ’n vriend of familielid; ’n bespreking met ’n medewerknemer gedurende etenstyd. ’n Groot deel van die getuieniswerk wat Jesus gedoen het toe hy op aarde was, was van hierdie aard—terwyl hy langs die strand geloop het, of teen ’n heuwelhang gesit het, of terwyl hy in iemand se huis geëet het, of by ’n bruilof was, of op ’n vissersboot op die See van Galilea. Hy het in die sinagoges en by die tempel in Jerusalem geleer. Waar hy ook al was, het hy geleenthede gevind om oor God se Koninkryk te praat. Jehovah se Getuies probeer om ook in hierdie opsig sy voetstappe na te volg.—1 Petrus 2:21.

HULLE PREEK DEUR HULLE VOORBEELD

Nie een van hierdie maniere om vir jou die “goeie nuus” te vertel, sou vir jou iets beteken het as die een wat dit vir jou vertel het nie self die leerstellings toegepas het nie. Dit is huigelagtig as ’n mens se dade nie met jou woorde strook nie, en godsdienshuigelary het miljoene die Bybel die rug laat toekeer. Dit is nie reg om die Bybel te blameer nie. Die skrifgeleerdes en Fariseërs het die Hebreeuse Skrifte gehad, maar Jesus het hulle as geveinsdes veroordeel. Hy het gepraat van hulle voorlesing uit die wet van Moses, en toe vir sy dissipels gesê: “Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie” (Mattheüs 23:3). As ’n Christen ’n voorbeeldige, eerbare lewe lei, sê dit meer as ure se gepreek. Christenvroue met ongelowige mans is hierop gewys: “Hulle [kan] deur die wandel van die vroue sonder woorde gewin . . . word as hulle jul reine, godvresende wandel aanskou het.”—1 Petrus 3:1, 2.

Jehovah se Getuies probeer dus om die “goeie nuus” ook op hierdie manier by ander aan te beveel: deur voorbeeldig te wees in die Christelike gedrag wat hulle by ander aanbeveel. Hulle probeer ‘om aan ander te doen wat hulle wil hê dat mense aan hulle moet doen’ (Mattheüs 7:12). Hulle probeer om alle mense so te behandel, nie net mede-Getuies of vriende of bure of familielede nie. Omdat hulle onvolmaak is, slaag hulle nie altyd volkome daarin nie. Maar dit is hulle hartsbegeerte om aan alle mense goed te doen, nie alleen deur vir hulle die goeie nuus van die Koninkryk te vertel nie, maar ook deur die behulpsame hand te bied, wanneer moontlik.—Jakobus 2:14-17.

[Lokteks op bladsy 21]

Sonder woorde gewin

[Prent op bladsy 20]

Koninkryksale, wat prakties ontwerp is, word gebruik vir Bybelbesprekings

[Prente op bladsy 22]

In hulle gesinslewe, asook in hulle kontak met ander mense, probeer die Getuies opreg om die dinge te doen wat hulle by ander aanbeveel

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel