Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 15
  • Jesus se eerste wonderwerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus se eerste wonderwerk
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus se eerste wonderwerke
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Jesus se eerste wonderwerk
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • ’n Tweede wonderwerk in Kana
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die tweede wonderwerk in Kana
    Die grootste mens wat nog geleef het
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 15

Hoofstuk 15

Jesus se eerste wonderwerk

DIT is maar ’n dag of twee ná Andreas, Petrus, Johannes, Filippus, Natanael en moontlik Jakobus Jesus se eerste dissipels geword het. Hulle is nou op pad huis toe na die streek Galilea, waarvandaan hulle almal kom. Hulle bestemming is Kana, Natanael se tuisdorp, wat geleë is in die heuwels naby Nasaret waar Jesus self grootgeword het. Hulle is na ’n bruilof in Kana uitgenooi.

Jesus se moeder het ook na die bruilof toe gekom. As vriendin van die bruidspaar se familie het Maria blykbaar begin help om die talle gaste te bedien. Sy merk dus gou dat daar ’n tekort is en sê vir Jesus: “Hulle het geen wyn nie.”

Toe Maria as ’t ware dus voorstel dat Jesus iets omtrent die tekort aan wyn doen, is Jesus aanvanklik teësinnig. “Wat het Ek met u te doen?” vra hy. As God se aangestelde Koning kan hy nie deur familie of vriende aangesê word wat om te doen nie. Maria laat dus wyslik die saak aan haar seun oor en sê bloot aan die dienaars: “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.”

Wel, daar is ses groot waterkanne van klip, wat elk meer as 40 liter hou. Jesus beveel die dienaars: “Maak die kanne vol water.” En die dienaars maak hulle tot bo toe vol. Toe sê Jesus: “Skep nou uit en bring dit vir die hoofdienaar.”

Die hoë gehalte van die wyn beïndruk die hoofdienaar wat nie besef dat dit wonderdadig gemaak is nie. Hy roep die bruidegom en sê: “Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar u het die goeie wyn tot nou toe bewaar.”

Dit is Jesus se eerste wonderwerk, en wanneer sy nuwe dissipels dit sien, versterk dit hulle geloof. Daarna reis hulle saam met sy moeder en sy halfbroers na die stad Kapernaüm naby die See van Galilea. Johannes 2:1-12.

▪ Wanneer gedurende Jesus se bediening vind die bruilof in Kana plaas?

▪ Waarom maak Jesus beswaar teen sy moeder se voorstel?

▪ Watter wonderwerk verrig Jesus, en watter uitwerking het dit op ander?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel