Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 29
  • Goeie werke op die Sabbat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Goeie werke op die Sabbat
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • Goeie werke op die sabbat
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Mag iemand op die Sabbat iets goeds doen vir ander?
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Hy was lief vir mense
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 29

Hoofstuk 29

Goeie werke op die Sabbat

DIT is die noordelike lente van 31 G.J. Dit is ’n paar maande nadat Jesus op pad van Judea na Galilea met die vrou by die put in Samaria gepraat het.

Nadat hy op groot skaal dwarsdeur Galilea onderrig het, vertrek Jesus nou weer na Judea, waar hy in die sinagoges preek. In vergelyking met die aandag wat die Bybel aan Jesus se Galilese bediening skenk, sê dit min oor sy bedrywigheid in Judea gedurende hierdie besoek en gedurende die maande wat hy ná die vorige Pasga hier deurgebring het. Klaarblyklik is daar nie in Judea so ’n gunstige reaksie op sy bediening soos in Galilea nie.

Jesus is weldra op pad na Judea se hoofstad, Jerusalem, vir die Pasga van 31 G.J. Hier, naby die stad se Skaapspoort, is die bad wat Betesda genoem word, waarheen talle siekes, blindes en kreupeles kom. Hulle glo dat mense genees kan word deur in die water van die bad te klim wanneer dit geroer word.

Dit is die Sabbat, en by die bad sien Jesus ’n man wat al 38 jaar lank siek is. Jesus weet hoe lank die man al siek is en vra: “Wil jy gesond word?”

Hy antwoord Jesus: “Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan ’n ander een voor my in.”

Jesus sê vir hom: “Staan op, neem jou bed op en loop.” Daarop word die man onmiddellik gesond, neem sy bed op en begin loop!

Maar wanneer die Jode die man sien, sê hulle: “Dit is sabbat; dit is jou nie geoorloof om jou bed te dra nie.”

Die man antwoord hulle: “Hy wat my gesond gemaak het, Hy het vir my gesê: Neem jou bed op en loop.”

“Wie is die man wat vir jou gesê het: Neem jou bed op en loop?” vra hulle. Jesus het weggegaan as gevolg van die skare, en die man wat genees is, het nie geweet wat Jesus se naam is nie. Later kom Jesus en die man mekaar egter in die tempel teë, en die man vind uit wie hom genees het.

Die man wat genees is, gaan daarna na die Jode en vertel hulle dat dit Jesus is wat hom gesond gemaak het. Wanneer hulle dit hoor, gaan die Jode na Jesus toe. Waarom? Om uit te vind hoe hy hierdie wonderlike dinge kan doen? Nee. Maar om hom te kritiseer omdat hy hierdie goeie dinge op die Sabbat doen. En hulle begin hom selfs vervolg! Lukas 4:44; Johannes 5:1-16.

▪ Omtrent hoe lank is dit sedert Jesus se vorige besoek aan Judea?

▪ Waarom was die bad wat Betesda genoem word so gewild?

▪ Watter wonderwerk verrig Jesus by die bad, en hoe reageer die Jode?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel