Gestel jy kon vir ewig lewe sou dit jou keuse wees?
Jy kan werklik in die Paradys op aarde lewe, soos hierdie brosjure duidelik toon. God se voorneme vir sulke toestande sal gewis vervul word! Maar dit moet jou keuse wees om vir ewig te lewe.
Jesus Christus het geleer dat daardie keuse op ’n juiste kennis van God gebaseer moet wees. Hierdie brosjure is gedruk om jou daardie kennis te help opdoen. Jy kan verdere hulp van Jehovah se Getuies ontvang. Hulle sal jou met graagte besoek op ’n tyd en plek wat vir jou gerieflik sal wees. En as jy graag ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan ’n gepaste adres hieronder.