Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rq les 15 bl. 30
  • Help ander om God se wil te doen

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om God se wil te doen
  • Wat vereis God van ons?
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe kan jy vir ander van die goeie nuus vertel?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Gelukkige jongmense in Jehovah se diens
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Ons bring “goeie nuus van iets beters”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Hoe word die goeie nuus bekend gemaak?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Wat vereis God van ons?
rq les 15 bl. 30

Les 15

Help ander om God se wil te doen

Waarom moet jy ander vertel van wat jy leer? (1)

Aan wie kan jy die goeie nuus meedeel? (2)

Watter uitwerking kan jou gedrag op ander hê? (2)

Wanneer kan jy saam met die gemeente aan die predikingswerk deelneem? (3)

1. Teen dié tyd het jy al baie goeie dinge uit die Bybel geleer. Hierdie kennis behoort daartoe te lei dat jy ’n Christelike persoonlikheid aankweek (Efesiërs 4:22-24). Sulke kennis is noodsaaklik vir jou om die ewige lewe te verkry (Johannes 17:3). Maar ander moet ook die goeie nuus hoor sodat hulle ook gered kan word. Alle ware Christene moet vir ander mense getuig. Dit is God se bevel.—Romeine 10:10; 1 Korintiërs 9:16; 1 Timoteus 4:16.

2. Jy kan begin deur die goeie dinge wat jy leer mee te deel aan diegene wat na aan jou is. Vertel dit vir jou familie, vriende, skoolmaats en werksmaats. Wees vriendelik en geduldig wanneer jy dit doen (2 Timoteus 2:24, 25). Onthou dat mense dikwels meer na iemand se gedrag kyk as wat hulle luister na wat hy sê. Jou goeie gedrag kan ander dus aantrek om te luister na die boodskap waarvan jy hulle vertel.—Matteus 5:16; 1 Petrus 3:1, 2, 16.

3. Mettertyd sal jy dalk aan die vereistes voldoen om saam met die plaaslike gemeente van Jehovah se Getuies aan die predikingswerk te begin deelneem. Dit is ’n belangrike stap in jou vooruitgang (Matteus 24:14). Wat ’n vreugde sal dit tog wees as jy iemand anders kan help om ’n kneg van Jehovah te word en om die ewige lewe te verkry!—1 Tessalonisense 2:19, 20.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel