Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ie bl. 17-18
  • Waar om na antwoorde te soek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waar om na antwoorde te soek
  • Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die wetenskap en filosofie
  • ’n Unieke bron van antwoorde
  • Lewe ná die dood—Wat glo mense?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Mensgemaakte godsdiens—Is dit werklik bevredigend?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Is daar lewe ná die dood?
    Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?
  • ’n Unieke bron van hoër wysheid
    Wat is die doel van die lewe—Hoe kan jy dit vind?
Sien nog
Wat gebeur met ons wanneer ons sterf?
ie bl. 17-18

Waar om na antwoorde te soek

“Die teorie van ewige lyding is in stryd met geloof in God se liefde vir geskape dinge. . . . Om te glo aan die ewige straf van die siel vir die foute van ’n paar jaar, sonder om dit ’n kans te gee om te verbeter, is strydig met alle rede.”—NIKHILANANDA, ’N HINDOE-FILOSOOF.

1, 2. Watter vrae ontstaan as gevolg van die uiteenlopende oortuigings oor die hiernamaals?

VANDAG stem baie, net soos die Hindoe-filosoof Nikhilananda, nie met die leerstelling van ewige foltering saam nie. Om dieselfde rede vind ander dit moeilik om idees te verstaan soos die verkryging van Nirwana en eenwording met Tao.

2 Tog het godsdienste van die Ooste sowel as die Weste ’n verstommende kaleidoskoop van oortuigings oor die hiernamaals gevorm as gevolg van die idee dat die siel onsterflik is. Is dit moontlik om die waarheid te weet oor wat met ons gebeur wanneer ons sterf? Is die siel werklik onsterflik? Waar kan ons die antwoorde soek?

Die wetenskap en filosofie

3. Het die wetenskap of die wetenskaplike metode van ondersoek die antwoorde op vrae aangaande lewe ná die dood?

3 Het die wetenskap of die wetenskaplike metode van ondersoek die antwoorde op vrae wat met die hiernamaals verband hou? Party navorsers het probeer vasstel of daar lewe ná die dood is deur onlangse verslae te ondersoek van ondervindinge wat persone gehad het toe hulle byna dood of ‘buite die liggaam’ was. Die Katolieke teoloog Hans Küng het van hulle bewerings in sy lesing “Dood as ’n toetrede tot die lig” bespreek en tot hierdie slotsom gekom: “Hierdie soort ondervindinge bewys niks aangaande ’n moontlike lewe ná die dood nie: dit is hier ’n geval van die laaste vyf minute voor die dood en nie ’n ewige lewe ná die dood nie.” Hy het bygevoeg: “Die kwessie van ’n moontlike lewe ná die dood is uiters belangrik vir lewe voor die dood. Dit vereis ’n antwoord wat êrens anders gesoek moet word as die geneeskunde dit nie kan bied nie.”

4. Kan filosofie ons help om die antwoorde te vind tussen die talle moontlikhede van ’n lewe hiernamaals wat deur verskillende godsdienste geleer word?

4 Wat van filosofie? Kan dit ons help om die antwoorde te vind tussen die talle moontlikhede van ’n lewe hiernamaals wat deur verskillende godsdienste geleer word? Filosofiese ondersoek sluit “spekulatiewe bedrywighede” in, sê die 20ste-eeuse Britse filosoof Bertrand Russell. Volgens The World Book Encyclopedia is filosofie “’n vorm van ondersoek—’n proses van ontleding, kritiek, uitlegging en spekulasie”. Oor die onderwerp van ’n hiernamaals is filosofiese spekulasies so uiteenlopend dat onsterflikheid al wensdenkery genoem is en ook al verkondig is as die geboortereg van elke mens.

’n Unieke bron van antwoorde

5. Wat is die oudste boek wat nog geskryf is?

5 Daar is egter ’n boek wat juiste antwoorde het op belangrike vrae oor die lewe en die dood. Dit is die oudste boek wat nog geskryf is; dele daarvan is ongeveer 3 500 jaar gelede op skrif gestel. Die eerste deel van hierdie boek is geskryf ’n paar eeue voordat die eerste gesange van die Hindoe-geskrifte, die Vedas, saamgestel is en ongeveer duisend jaar voordat Boeddha, Mahāvīra en Confucius op die aarde was. Hierdie boek is voltooi in 98 G.J., meer as 500 jaar voordat Mohammed Islam gestig het. Hierdie unieke bron van verhewe wysheid is die Bybel.a

6. Waarom kan ons verwag dat die Bybel vir ons sal sê wat die siel is?

6 Van al die boeke wat bestaan, bevat die Bybel die akkuraatste antieke geskiedenis. Die geskiedenis wat in die Bybel opgeteken is, gaan terug tot by die begin van die mensdom en verduidelik hoe dit gekom het dat ons hier op die aarde is. Dit neem ons selfs terug na die tyd voordat mense geskep is. So ’n boek kan ons inderdaad insig gee in hoe die mens gemaak is en wat die siel is.

7, 8. Waarom kan ons met vertroue na die Bybel gaan om juiste en bevredigende antwoorde te kry op wat met ons gebeur wanneer ons sterf?

7 Daarbenewens is die Bybel ’n boek van profesieë wat onfeilbare vervullings gehad het. Dit het byvoorbeeld die opkoms en ondergang van die Medo-Persiese en Griekse Ryk in volle besonderhede voorspel. Hierdie woorde was so akkuraat dat sommige kritici tevergeefs probeer bewys het dat dit ná die gebeure geskryf is (Daniël 8:1-7, 20-22). Party profesieë wat in die Bybel opgeteken is, word nou in ons dag in besonderhede vervul.b—Matteus, hoofstuk 24; Markus, hoofstuk 13; Lukas, hoofstuk 21; 2 Timoteus 3:1-5, 13.

8 Geen mens, ongeag hoe intelligent hy is, kon toekomstige gebeure so akkuraat voorspel nie. Net die almagtige en alwyse Skepper van die heelal kon (2 Timoteus 3:16, 17; 2 Petrus 1:20, 21). Die Bybel is inderdaad ’n boek wat van God af kom. So ’n boek kan ons beslis juiste en bevredigende antwoorde gee op wat met ons gebeur wanneer ons sterf. Laat ons eers kyk wat dit oor die siel te sê het.

[Voetnote]

a Sien die brosjure ’n Boek vir alle mense, uitgegee deur die Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania.

b Sien Die Bybel—God se woord of die mens s’n, uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

[Prent op bladsy 18]

Die oudste boek wat nog geskryf is

[Prent op bladsy 18]

’n Boek wat betroubare en bevredigende antwoorde gee

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel