Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jt bl. 3-5
  • Wie is hulle?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie is hulle?
  • Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HULLE NAAM
  • Wie is hulle?
    Jehovah se Getuies in die twintigste eeu
  • Jehovah se Getuies
    Redenering uit die Skrif
  • Jehovah
    Redenering uit die Skrif
  • Wat glo Jehovah se Getuies?
    Wat glo Jehovah se Getuies?
Sien nog
Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?
jt bl. 3-5

Wie is hulle?

JEHOVAH SE GETUIES wil graag hê dat jy hulle beter moet leer ken. Jy het moontlik met hulle in aanraking gekom as bure en medewerkers of tydens ander daaglikse bedrywighede. Jy het hulle moontlik al op straat gesien waar hulle hulle tydskrifte vir verbygangers aanbied. Of jy het dalk al vlugtig by jou deur met hulle gepraat.

Jehovah se Getuies stel in werklikheid in jou en jou welsyn belang. Hulle wil jou vriende wees en jou meer vertel van hulleself, hulle oortuigings, hulle organisasie en hoe hulle voel oor mense en die wêreld waarin ons almal lewe. Dit is met dié doel dat hulle hierdie brosjure vir jou voorberei het.

Jehovah se Getuies is in die meeste opsigte soos alle ander mense. Hulle het gewone probleme—ekonomies, fisies en emosioneel. Hulle maak soms foute, want hulle is nie volmaak, geïnspireerd of onfeilbaar nie. Maar hulle probeer uit hulle ondervinding leer en bestudeer die Bybel ywerig om die nodige veranderinge aan te bring. Hulle het hulle aan God toegewy om sy wil te doen, en hulle span hulle in om daardie toewyding uit te leef. In al hulle bedrywighede soek hulle die leiding van God se Woord en sy heilige gees.

Dit is vir hulle lewensbelangrik dat hulle oortuigings op die Bybel gebaseer moet wees en nie op bloot menslike bespiegelings of geloofsbelydenisse nie. Hulle voel soos die apostel Paulus wat onder inspirasie gesê het: “Laat God waaragtig bevind word, al word elke mens ’n leuenaar bevind” (Romeine 3:4). Waar dit kom by leerstellings wat as Bybelwaarheid aangebied word, probeer die Getuies die voorbeeld van die Bereane navolg toe hulle die apostel Paulus hoor preek het: “Hulle het die woord met die grootste gretigheid van verstand ontvang en die Skrif daagliks sorgvuldig ondersoek of hierdie dinge so was” (Handelinge 17:11). Jehovah se Getuies glo dat alle godsdiensleerstellings aan hierdie toets onderwerp moet word om te sien of dit met die geïnspireerde Skrif ooreenstem, hetsy die leerstelling deur hulle of deur iemand anders voorgelê word. Hulle nooi jou—spoor jou aan—om dit tydens jou besprekings met hulle te doen.

Hieruit is dit duidelik dat Jehovah se Getuies glo dat die Bybel die Woord van God is. Hulle beskou die 66 boeke daarvan as geïnspireerd en geskiedkundig akkuraat. Hulle noem die deel wat algemeen as die Nuwe Testament bekend staan die Christelike Griekse Geskrifte, en hulle noem die Ou Testament die Hebreeuse Geskrifte. Hulle vertrou op albei, die Griekse en die Hebreeuse Geskrifte, en neem dit letterlik op behalwe waar die uitdrukkings of verband duidelik toon dat dit figuurlik of simbolies is. Hulle verstaan dat baie van die Bybel se profesieë reeds vervul is, ander op die oomblik vervul word en nog ander vervul moet word.

HULLE NAAM

Jehovah se Getuies? Ja, dit is wat hulle hulleself noem. Dit is ’n beskrywende naam wat aandui dat hulle van Jehovah, sy Godheid en sy voornemens getuig. “God”, “Here” en “Skepper” is titels—net soos “President”, “Koning” en “Generaal”—en dit kan vir verskeie persone gebruik word. Maar “Jehovah” is ’n persoonlike naam en verwys na die almagtige God en Skepper van die heelal. Dit word getoon in Psalm 83:19 NW, wat volgens S. J. du Toit se vertaling van Di Psalme (1907) lui: “So sal hulle weet dat U, wat Jehowa heet, U alleen, di Allerhoogste is o’er di ganse aarde.”

Die naam Jehovah (of Jahweh, soos die Rooms-Katolieke Jerusalem Bible en party geleerdes dit verkies) kom byna 7 000 keer in die oorspronklike Hebreeuse Geskrifte voor. Die meeste Bybels bevat dit nie as sodanig nie, maar vervang dit deur “God” of “Here”. Maar selfs in hierdie Bybels kan ’n mens gewoonlik sien waar die oorspronklike Hebreeuse teks die naam Jehovah gebruik, want op daardie plekke word die vervangingswoorde dikwels met groot en klein hoofletters geskryf, byvoorbeeld: GOD, HERE. Verskeie moderne vertalings gebruik óf die naam Jehovah óf die naam Jahweh. In die Nuwe Wêreld-vertaling lui Jesaja 42:8 gevolglik: “Ek is Jehovah. Dit is my naam.”

Die skriftuurlike verslag waaraan Jehovah se Getuies hulle naam ontleen, is in die 43ste hoofstuk van Jesaja. Daar word die wêreldtoneel as ’n hofdrama beskou: Die gode van die nasies word versoek om hulle getuies te bring om hulle beweerde regverdigheid te staaf of om die getuies vir Jehovah aan te hoor en die waarheid te erken. Jehovah sê daar vir sy volk: “Julle is my getuies, sê Jehovah, en my kneg wat ek gekies het; dat julle kan weet en my kan glo en verstaan dat ek hy is: voor my is daar geen God geformeer nie, en ook nie ná my nie. Ek, ja ek, is Jehovah; en buiten my is daar geen heiland nie.”—Jesaja 43:10, 11, American Standard Version.

Gedurende die duisende jare voor Jesus gebore is, het Jehovah God getuies op aarde gehad. Nadat Hebreërs hoofstuk 11 sommige van daardie mense van geloof opgenoem het, sê Hebreërs 12:1: “Daarom dan, omdat ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke gewig aflê en die sonde wat ons maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat voor ons gestel is met volharding hardloop.” Jesus het voor Pontius Pilatus gesê: “Hiervoor is ek gebore, en hiervoor het ek in die wêreld ingekom, om van die waarheid te getuig.” Hy word “die getroue en waaragtige getuie” genoem (Johannes 18:37; Openbaring 3:14). Jesus het vir sy dissipels gesê: “Julle sal krag ontvang wanneer die heilige gees op julle kom, en julle sal getuies van my wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot in die mees afgeleë deel van die aarde.”—Handelinge 1:8.

Gevolglik meen ongeveer 6 000 000 mense wat vandag in meer as 230 lande die goeie nuus van Jehovah se Koninkryk in die hande van Christus Jesus verkondig, dat hulle gepas na hulleself as Jehovah se Getuies kan verwys.

[Lokteks op bladsy 4]

Hulle het hulle aan God toegewy om sy wil te doen

[Lokteks op bladsy 4]

Hulle glo die Bybel is God se Woord

[Lokteks op bladsy 5]

Die naam hou verband met ’n hofdrama

[Lokteks op bladsy 5]

Ongeveer 6 000 000 Getuies in meer as 230 lande

[Prent op bladsy 3]

Hulle stel in jou belang

[Prent op bladsy 4]

God se persoonlike naam in eertydse Hebreeus

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel