Van Egipte na die Beloofde Land
MENSE regoor die wêreld weet van die uittog uit Egipte. Maar wat het op Moses en God se volk gewag nadat hulle deur die Rooi See getrek het? Watter rigting het hulle ingeslaan, en hoe het hulle die Jordaanrivier bereik om die Beloofde Lande binne te gaan?
Hulle mikpunt was die land Kanaän, maar Moses het nie die kortste roete gekies nie—ongeveer 400 kilometer al langs die sanderige kus—wat regdeur Filistea, ’n vyandelike gebied, sou gegaan het. Hy het ook nie deur die middel van die uitgestrekte Sinai-skiereiland getrek nie, waar die son met versengende hitte op die plato van growwe sand en kalkklip neergeskroei het. Nee, Moses het die volk suidwaarts gelei, al langs die smal kusvlakte. Die eerste kamp was by Mara, waar Jehovah bitter water soet laat word het.a Nadat die volk van Elim weggetrek het, het hulle oor kos begin murmureer; God het kwartels en toe manna gestuur. By Refidim was water weer ’n geskilpunt, is aanvallende Amalekiete verslaan en het Moses se skoonpa hom aangespoor om die hulp van bekwame manne te kry.—Eks, hfst. 15-18.
Toe het Moses Israel verder suid in die rigting van die berge gelei en by die berg Sinai kamp opgeslaan. Daar het God se volk die Wet ontvang, die tabernakel gebou en offerandes gebring. In die tweede jaar het hulle noordwaarts deur ’n “groot en vreesinboesemende wildernis” getrek—die tog na die gebied van Kades (Kades-Barnea) het blykbaar 11 dae geduur (De 1:1, 2, 19; 8:15). Omdat die volk vreesbevange geraak het weens ’n negatiewe berig deur tien verkenners, moes hulle 38 jaar lank rondswerf (Nu 13:1–14:34). Abrona en Eseon-Geber was van hulle kampplekke, en toe het hulle teruggegaan na Kades.—Nu 33:33-36.
Toe die tyd uiteindelik aangebreek het vir Israel om na die Beloofde Land toe te gaan, het die Israeliete nie reguit noordwaarts getrek nie. Hulle roete het hulle om Edom se hartland en met “die koningsweg”, die Koning se Hoofweg, geneem (Nu 21:22; De 2:1-8). Dit was nie maklik vir ’n hele nasie—met kinders, diere en tente—om hierdie roete te volg nie. Hulle moes langs ’n kronkelpad aftrek in steil ravyne—die Sered en die Arnon (byna 520 meter diep)—en dan weer daaruit opklim.—De 2:13, 14, 24.
Uiteindelik het die Israeliete die berg Nebo bereik. Mirjam het by Kades gesterf en Aäron by die berg Hor. Moses het nou gesterf waar hy die land kon sien wat hy so graag wou binnegaan (De 32:48-52; 34:1-5). Dit het Josua se taak geword om Israel in die land in te lei, wat die einde beteken het van ’n trek wat 40 jaar tevore begin het.—Jos 1:1-4.
[Voetnoot]
a Die presiese ligging van die meeste kampplekke is nie bekend nie.
[Venster op bladsy 8]
BYBELBOEKE UIT HIERDIE TYDPERK:
Genesis
Eksodus
Levitikus
Numeri
Deuteronomium
Job
Psalms (gedeeltelik)
[Kaart op bladsy 9]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Roete wat Israel gevolg het
Uittogroete
A7 EGIPTE
A5 Ramses?
B5 Sukkot?
C5 Etam?
C5 Pi-Hagirot
D6 Mara
D6 Elim
E6 WILDERNIS SIN
E7 Dofka
F8 Refidim
F8 Berg Sinai (Horeb)
F8 WILDERNIS SINAI
F8 Kibrot- Hattaäwa
G7 Haserot
G6 Rimmon-Peres
G5 Rissa
G3 Kades
G3 Bene-Jaäkan
G5 Hor-Haggidgad
H5 Jotbata
H5 Abrona
H6 Eseon-Geber
G3 Kades
G3 WILDERNIS ZIN
H3 Berg Hor
H3 Salmona
I3 Punon
I3 Ije-Abarim
I2 MOAB
I1 Dibon
I1 Almon- Diblataim
H1 Jerigo
[Ander plekke]
A3 GOSEN
A4 On
A5 Memfis (Nof)
B3 Soan
B3 Tagpanhes
C5 Migdol
D3 SUR
D5 WILDERNIS VAN ETAM
F5 WILDERNIS PARAN
G1 FILISTEA
G1 Asdod
G2 Gasa
G2 Berseba
G3 Asmon
G3 NEGEB
H1 Jerusalem
H1 Hebron (Kirjat-Arba)
H2 Arad (Kanaänities)
H4 SEIR
H4 EDOM
I7 MIDIAN
Hoofweë
Pad na die land van die Filistyne
Pad na Sur
I4 Koningsweg
Karavaanroete
El Haj-roete
[Berge]
F8 Berg Sinai (Horeb)
H3 Berg Hor
I1 Berg Nebo
[Watermassas]
E2 Middellandse See (Groot See)
D7/G7 Rooi See
I1 Sout- see
[Riviere en strome]
A6 Nylrivier
F3 Stroomvallei van Egipte
I2 Arnon
I3 Sered
[Prent op bladsy 8]
Karavane het oor die Sinai-skiereiland getrek
[Prent op bladsy 8]
Israel het voor die berg Sinai kamp opgeslaan
[Prent op bladsy 9]
Water was beskikbaar by fonteine by of naby Kades
[Prent op bladsy 9]
Die hele Israel moes deur die Arnonstroomvallei trek