Griekeland en Rome se invloed op die Jode
DIE uitbreiding van wat later die Griekse Ryk geword het, het in die berge van Masedonië begin. Daar het Aleksander, toe hy in sy vroeë twintigerjare was, ooswaarts begin kyk. In 334 v.G.J. het hy sy leër oor die Hellespont (Dardanelle) gelei, wat Europa en Asië skei. Met die spoed van ’n “luiperd” het die Grieke onder Aleksander die een plek na die ander verower (Da 7:6). Aleksander het die oorhand oor die Perse gekry naby Troje, op die vlaktes naby die Granikosrivier, en het hulle by Issos ’n beslissende nederlaag toegedien.
Die Grieke het Sirië en Fenisië ingeval en Tirus na ’n beleg van sewe maande verower (Ese 26:4, 12). Aleksander het Jerusalem gespaar en Gasa verower (Sag 9:5). In Egipte het hy Aleksandrië gestig, wat ’n handelsentrum asook ’n sentrum van geleerdheid geword het. Hy het weer deur die Beloofde Land getrek en nog ’n oorwinning oor die Perse behaal by Gaugamela, naby die ruïnes van Nineve.
Aleksander het suid gedraai om Babilon, Susan (Susa) en Persepolis—Persiese administratiewe sentrums—te verower. Daarna het hy vinnig deur die Persiese grondgebied getrek en die Indusrivier, in wat vandag Pakistan is, bereik. In net agt jaar het Aleksander die grootste deel van die destyds bekende wêreld verower. Maar in 323 v.G.J. het hy op die ouderdom van 32 in Babilon aan malaria gesterf.—Da 8:8.
Daar was sterk Helleense invloede in die Beloofde Land. Sommige veterane van Aleksander se leër het hulle daar gevestig. Teen die eerste eeu G.J. was daar ’n bond van Griekssprekende stede (Dekapolis) (Mt 4:25; Mr 7:31). Die Hebreeuse Geskrifte is in Grieks vertaal. Koine (gewone Grieks) het gedien as ’n internasionale taal om Christenleringe te versprei.
Die Romeinse Ryk
Wat het in die weste gebeur? Rome—voorheen ’n groep dorpies aan die Tiberrivier—het al hoe belangriker geword. Uiteindelik het Rome se doeltreffende oorlogsmasjien en gesentraliseerde politieke mag hom in staat gestel om die gebiede waaroor Aleksander se vier generaals geheers het, te verslind. Teen 30 v.G.J. was die Romeinse Ryk ongetwyfeld oorheersend—’n vroeë manifestasie van die ‘vreeswekkende dier’ wat Daniël in ’n visioen gesien het.—Da 7:7.
Die Romeinse Ryk het gestrek van Brittanje tot Noord-Afrika, van die Atlantiese Oseaan tot die Persiese Golf. Omdat die ryk die Middellandse See omring het, het die Romeine dit Mare Nostrum (Ons See) genoem.
Rome het ook ’n invloed op die Jode gehad, wie se land deel van die Romeinse Ryk was (Mt 8:5-13; Han 10:1, 2). Jesus is gedoop en het gesterf gedurende keiser Tiberius se bewind. Sommige Romeinse heersers het die Christene wreed vervolg, maar kon ware aanbidding nie vernietig nie. Ná 13 eeue het die ryk geswig voor die aanvalle van Germaanse stamme in die noorde en nomadiese invallers in die ooste.
[Kaart op bladsy 26]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Griekse Ryk
Ná Aleksander het vier van sy generaals oor die ontsaglike ryk geheers
▪ Kassander
▫ Lusimagos
○ Ptolemeus I
• Seleukos I
A2 ▪ GRIEKE- LAND
A2 ▪ Atene
A2 ▪ AGAJE
A3 ○ Sirene
A3 ○ LIBIË
B2 ▫ Bisantium
B3 ○ SIPRUS
B4 ○ No-Amon (Tebe)
C3 Palmira (Tadmor)
C3 ○ Gerasa
C3 ○ Filadelfia
C3 ○ Jerusalem
C5 ○ Siëne
G2 • Aleksandrië Margiana
Aleksander se roete
A2 ▪ MASEDONIË
A2 ▪ Pella
A2 ▫ TRASIË
B2 ▫ Troje
B2 ▫ Sardis
B2 ▫ Efese
B2 ▫ Gordium
C2 ▫ Ankara
C3 • Tarsus
C3 • Issos
C3 • Antiogië (van Sirië)
C3 ○ Tirus
C4 ○ Gasa
B4 ○ EGIPTE
B4 ○ Memfis
B4 ○ Aleksandrië
A4 ○ Oase van Siwa
B4 ○ Memfis
C4 ○ Gasa
C3 ○ Tirus
C3 ○ Damaskus
C3 • Aleppo
D3 • Nisibis
D3 • Gaugamela
D3 • Babilon
E3 • Susan
E4 • PERSIË
E4 • Persepolis
E4 • Pasargadae
E3 • MEDIË
E3 • Ekbatana
E3 • Ragae
E3 • Hekatompulos
F3 • PARTIË
G3 • ARIË
G3 • Aleksandrië Areion
G3 • Aleksandrië Proftasië
F4 • DRANGIANA
G4 • ARAGOSIË
G4 • Aleksandrië Aragosiorum
H3 • Kaboel
G3 • Drapsaka
H3 • Aleksandrië Oksiana
G3 • Drapsaka
G3 • BAKTRIË
G3 • Baktra
G2 • Derbent
G2 • SOGDIANA
G2 • Marakanda
G2 • Bukara
G2 • Marakanda
H2 • Aleksandrië Eskate
G2 • Marakanda
G2 • Derbent
G3 • Baktra
G3 • BAKTRIË
G3 • Drapsaka
H3 • Kaboel
H3 • Taksila
H5 • INDIË
H4 • Aleksandrië
G4 • GEDROSIË
F4 • Pura
E4 • PERSIË
F4 • Aleksandrië
F4 • KARMANIË
E4 • Pasargadae
E4 • Persepolis
E3 • Susan
D3 • Babilon
[Ander plekke]
A3 KRETA
D4 ARABIË
[Watermassas]
B3 Middellandse See
C5 Rooi See
E4 Persiese Golf
G5 Arabiese See
[Riviere]
B4 Nyl
D3 Eufraat
D3 Tigris
G4 Indus
[Kaart op bladsy 27]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Romeinse Ryk
A1 BRITTANJE
A3 SPANJE
B1 GERMANIË
B2 GALLIË
B2 ITALIË
B2 Rome
B3 Kartago
C2 ILLIRIKUM
C3 GRIEKE- LAND
C3 Actium
C3 Sirene
D2 Bisantium (Konstantinopel)
D3 KLEIN-ASIË
D3 Efese
D3 Aleppo
D3 Antiogië (van Sirië)
D3 Damaskus
D3 Gerasa (Jarash)
D3 Jerusalem
D3 Aleksandrië
D3 EGIPTE
[Watermassas]
A2 Atlantiese Oseaan
C3 Middellandse See
D2 Swart See
D4 Rooi See
[Prent op bladsy 26]
Nadat Ptolemeus II Rabba herbou het, het hy dit Filadelfia genoem. Daar is nog ruïnes van ’n groot Romeinse teater
[Prent op bladsy 27]
Gerasa (Jarash), ’n stad van die Dekapolis
[Prent op bladsy 27]
Romeinse paaie soos hierdie een naby Aleppo, is in Europa, Noord-Afrika en die Midde-Ooste gebou. Christene het met hierdie paaie gereis om Bybelwaarheid te versprei