Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • kp bl. 9-11
  • Waarheen is jy op pad?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarheen is jy op pad?
  • Hou aan waak!
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe sal jy antwoord?
    Ontwaak!—2007
  • Hoe sal jy antwoord?
    Ontwaak!—2007
  • Vir gesinsbespreking
    Ontwaak!—2010
  • Hoe sal jy antwoord?
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Hou aan waak!
kp bl. 9-11

Waarheen is jy op pad?

• Baie mense is so besig met alledaagse dinge dat hulle nie juis dink aan waarheen hulle op pad is nie.

• Die Bybel vertel ons van wonderlike gebeure wat voorlê. Dit waarsku ook dat daar ’n wêreldwye omwenteling in mense-instellings gaan wees. Dit is dringend dat ons daadwerklik optree as ons daarby wil baat vind en rampspoed wil vermy.

• Party mense weet wat die Bybel sê en probeer dit toepas, maar laat die sorge van die lewe toe om hulle van hulle koers te laat afwyk.

• Is jy tevrede met die koers wat jy volg? Wanneer jy dinge beplan, oorweeg jy watter uitwerking dit op jou langtermyndoelwitte in die lewe kan hê?

[Venster/Prente op bladsy 9]

Wat is vir jou die belangrikste?

Hoe belangrik ag jy die volgende dinge? Nommer hulle.

Baie van hulle het ’n gepaste plek in die lewe, maar as jy moet kies, wat kom eerste? tweede? ensovoorts.

․․․ Vermaak/ontspanning

․․․ My werk of my loopbaan

․․․ My gesondheid

․․․ Persoonlike geluk

․․․ My huweliksmaat

․․․ My ouers

․․․ My kinders

․․․ ’n Gerieflike huis, mooi klere

․․․ Om uit te blink in alles wat ek doen

․․․ Aanbidding van God

[Venster op bladsy 10, 11]

Lei jou keuses jou waarheen jy werklik wil gaan?

DINK AAN HIERDIE VRAE

VERMAAK/ONTSPANNING: Verkwik my keuse van ontspanning my? Sluit dit opwindende bedrywighede in wat my gesondheid in gevaar kan stel of my selfs lewenslank kan vermink? Is dit ’n vorm van “pret” wat moontlik ’n paar uur van opwinding bied, maar wat langdurige hartseer kan veroorsaak? Al is die vermaak wat ek kies heilsaam, bestee ek soveel tyd daaraan dat dit belangriker dinge verdring?

MY WERK OF MY LOOPBAAN: Is dit ’n manier om my te onderhou, of is ek in werklikheid ’n slaaf daarvan? Stel dit eise wat my gesondheid benadeel? Sou ek eerder oortyd werk as om tyd saam met my huweliksmaat of kinders deur te bring? As my werkgewer wil hê dat ek werk moet doen wat my gewete pla of wat dikwels geen tyd vir geestelike dinge laat nie, sal ek dit doen net sodat ek my werk kan behou?

MY GESONDHEID: Neem ek dit as vanselfsprekend aan of pas ek dit op? Oorheers dit my gesprekke? Toon die manier waarop ek na my gesondheid omsien, besorgdheid oor my gesin?

PERSOONLIKE GELUK: Is dit my eerste oorweging? Is dit vir my belangriker as die geluk van my huweliksmaat of my gesin? Strook die manier waarop ek dit nastreef met die feit dat ek ’n aanbidder van die ware God is?

MY HUWELIKSMAAT: Beskou ek my huweliksmaat as my metgesel alleenlik wanneer dit my pas? Behandel ek my huweliksmaat met respek, soos iemand wat persoonlike waardigheid verdien? Het geloof in God ’n invloed op die manier waarop ek my huweliksmaat beskou?

MY OUERS: As ek nog minderjarig is, is ek gehoorsaam aan my ouers—antwoord ek hulle met respek, doen ek die werk wat hulle my gee, kom ek huis toe op die tyd wat hulle vereis en vermy ek vriende en bedrywighede waarteen hulle my waarsku? As ek ’n volwassene is, luister ek met respek na my ouers en help ek hulle wanneer dit nodig is? Word die manier waarop ek hulle behandel, bepaal deur wat vir mý gerieflik is of deur die raad van God se Woord?

MY KINDERS: Voel ek daarvoor verantwoordelik om my kinders behoorlike sedelike waardes te leer, of verwag ek dat die skool dit moet doen? Bring ek tyd saam met my kinders deur, of verwag ek dat speelgoed, die TV of ’n rekenaar hulle moet besighou? Dissiplineer ek my kinders konsekwent wanneer hulle God se herinneringe verontagsaam, of doen ek dit merendeels wanneer ek geïrriteerd is?

’N GERIEFLIKE HUIS, MOOI KLERE: Wat bepaal hoeveel aandag ek aan my voorkoms en besittings gee—die indruk wat ek op die bure wil maak? die welsyn van my gesin? die feit dat ek ’n aanbidder van God is?

OM UIT TE BLINK IN ALLES WAT EK DOEN: Voel ek dat dit belangrik is om alles goed te kan doen? Streef ek daarna om die beste te wees? Is ek ontsteld as iemand anders iets beter as ek kan doen?

AANBIDDING VAN GOD: Is dit vir my belangriker om God se goedkeuring te hê as die goedkeuring van my huweliksmaat, my kinders, my ouers of my werkgewer? Sou ek bereid wees om diens aan God tweede te stel om ’n gerieflike lewenstyl te kan handhaaf?

DINK GOED NA OOR DIE BYBEL SE RAAD

Watter plek beklee God in jou lewe?

Prediker 12:13: “Vrees die ware God en onderhou sy gebooie. Want dit is die hele verpligting van die mens.”

VRA JOU AF: Toon my lewe dat ek dinge só beskou? Bepaal gehoorsaamheid aan God se gebooie hoe ek na verantwoordelikhede by die huis, by die werk of op skool omsien? Of is dit ander belange of die druk van die lewe wat bepaal of ek enige tyd vir God opsysit?

Watter soort verhouding het jy met God?

Spreuke 3:5, 6: “Vertrou op Jehovah met jou hele hart en moenie op jou eie begrip steun nie. Slaan ag op hom in al jou weë, en hy sal jou paaie reguit maak.”

Matteus 4:10: “Jehovah jou God moet jy aanbid, en aan hom alleen moet jy heilige diens verrig.”

VRA JOU AF: Is dit hoe ek oor God voel? Openbaar my daaglikse bedrywighede, sowel as die manier waarop ek krisisse hanteer, hierdie vertroue en toegewydheid?

Hoe belangrik is dit vir jou om die Bybel te lees en te bestudeer?

Johannes 17:3: “Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”

VRA JOU AF: Toon die plek wat ek daaraan gee om God se Woord te lees en daaroor te peins dat ek hierdie woorde werklik glo?

Hoe belangrik is dit vir jou om vergaderinge van die Christengemeente by te woon?

Hebreërs 10:24, 25: “Laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor en nie ons onderlinge vergadering nalaat . . . nie, . . . en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.”

Psalm 122:1: “Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Laat ons na die huis van Jehovah gaan.’”

VRA JOU AF: Toon my lewenswyse waardering vir hierdie riglyne in God se Woord? Het ek gedurende die afgelope maand van enige Christelike vergaderinge weggebly omdat ek toegelaat het dat iets anders dit verdring?

Het jy ’n ywerige aandeel daaraan om met ander oor God en sy voorneme te praat?

Matteus 24:14: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis . . . ; en dan sal die einde kom.”

Matteus 28:19, 20: “Gaan dus en maak dissipels van mense van al die nasies, . . . en leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het.”

Psalm 96:2: “Sing tot Jehovah, loof sy naam. Verkondig van dag tot dag die goeie nuus van redding deur hom.”

VRA JOU AF: Beklee hierdie werk werklik die plek in my lewe wat dit verdien? Toon my aandeel daaraan dat ek oortuig is van die erns van die tye waarin ons lewe?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel