Lied 51
Ons kleef Jehovah aan
1. Jehovah, ons Koning, is heilig en almagtig.
Regverdig is hy, tot in ewigheid waaragtig.
Geen woord wat hy spreek, gaan ooit onvervuld verby.
Ons kleef onse God aan, sal naby aan hom bly.
Hy gee ons sy seën, want ons steun sy heerskappy.
2. Op waarheid en reg staan die troon van onse Koning;
Die lig van sy glorie vervul sy hemelwoning.
Hy nooi die opregtes; hul wend hul nou tot God.
Ons kleef onse God aan, gehoorsaam sy gebod;
Ons sterk toegewydheid verskaf hom groot genot.
3. Die hemel der hem’le kan nie ons God bevat nie;
Geen mens kan hom keer of ’n klip rol in sy pad nie.
Ja, al sy beloftes dié kom hy altyd na.
Ons kleef onse God aan, doen alles wat hy vra,
En in ons gehoorsaamheid skep hy groot behae.
(Sien ook Deut. 4:4; 30:20; 2 Kon. 18:6; Ps. 89:14.)