Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 26 bl. 30
  • Die Paradys word herstel!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Paradys word herstel!
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • Bybelboek nommer 66—Openbaring
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Die boek Openbaring—Wat beteken dit?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die “blye tyding” in die Apokalips
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Engeleboodskappe vir ons dag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 26 bl. 30
Jesus sit op sy troon in die Koninkryk

DEEL 26

Die Paradys word herstel!

Deur middel van die Koninkryk onder Christus heilig Jehovah Sy naam, regverdig hy Sy soewereiniteit en ruim hy alle boosheid uit die weg

DIE laaste boek van die Bybel, wat Openbaring genoem word, bied hoop aan die hele mensdom. Die boek, wat deur die apostel Johannes geskryf is, bevat visioene wat ’n klimaks bereik in die vervulling van Jehovah se voorneme.

In die eerste visioen word ’n aantal gemeentes deur die verrese Jesus geprys en tereggewys. Die volgende visioen neem ons tot voor God se hemelse troon, waar geesskepsele hom loof.

Namate God se voorneme ontvou, ontvang die Lam, Jesus Christus, ’n boekrol met sewe seëls. Wanneer die eerste vier seëls oopgemaak word, verskyn simboliese ruiters op die wêreldtoneel. Die eerste is Jesus op ’n wit perd, en hy is as Koning gekroon. Dan volg ruiters op perde van verskillende kleure, wat profeties oorlog, hongersnood en pessiektes voorstel—wat alles gedurende die laaste dae van hierdie stelsel van dinge plaasvind. Wanneer die sewende seël oopgemaak word, word daar op sewe simboliese trompette geblaas, wat die aankondiging van God se oordele voorstel. Dit gee aanleiding tot sewe simboliese plae, of uitinge van God se toorn.

God se Koninkryk, wat as ’n pasgebore manlike kind voorgestel word, word in die hemel opgerig. Oorlog breek uit, en Satan en sy bose engele word na die aarde neergewerp. “Wee die aarde”, sê ’n harde stem. Die Duiwel het groot toorn, omdat hy weet dat hy ’n kort tydjie het.—Openbaring 12:12.

Johannes sien Jesus in die hemel waar hy as ’n lam voorgestel word, en saam met hom 144 000 wat uit die mensdom gekies word. Hulle sal “saam met [Jesus] as konings heers”. Só onthul Openbaring dat die sekondêre lede van die saad altesaam 144 000 sal tel.—Openbaring 14:1; 20:6.

Die heersers van die aarde versamel hulle vir Armageddon, “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige”. Hulle voer oorlog teen die een wat op die wit perd sit—Jesus, wat hemelse leërs aanvoer. Al die heersers van hierdie wêreld word vernietig. Satan word gebind, en Jesus en die 144 000 heers “duisend jaar lank” oor die aarde. Aan die einde van die duisend jaar word Satan vernietig.—Openbaring 16:14; 20:4.

Wat sal die Duisendjarige Heerskappy van Christus en sy medeheersers vir gehoorsame mense beteken? Johannes skryf: “[Jehovah] sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge het verbygegaan” (Openbaring 21:4). Die aarde word ’n paradys!

Die boek Openbaring voltooi só die Bybel se boodskap. Deur middel van die Messiaanse Koninkryk word Jehovah se naam geheilig en sy soewereiniteit ten volle geregverdig—tot in alle ewigheid!

—Gebaseer op die boek Openbaring.

  • Wat beteken die simboliese ruiters?

  • Watter dramatiese dinge vind plaas namate God se voorneme ontvou?

  • Wat is Armageddon, en wat is die uitslag daarvan?

“BABILON DIE GROTE”

In die boek Openbaring word alle valse godsdienste—dit wil sê godsdienste wat die ware God teëstaan—gesamentlik as “die groot hoer” geïdentifiseer. Sy word “Babilon die Grote” genoem, en sy verkoop haarself aan, of pleeg prostitusie met, die wêreld se politieke magte. Op Jehovah God se vasgestelde tyd, sê Openbaring, sal hierdie magte die hoer aanval en haar vernietig.—Openbaring 17:1-5, 16, 17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel