Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yp1 hfst. 5 bl. 34-39
  • Hoe kan ek dit verwerk as my pa of ma weer trou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan ek dit verwerk as my pa of ma weer trou?
  • Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Uitdaging 1: Die gesag van ’n stiefouer
  • Uitdaging 2: Leer om te deel en om toe te gee
  • Uitdaging 3: Ongelyke behandeling
  • Geduld is lonend!
  • Stiefgesinne kan suksesvol wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Die unieke probleme van stiefgesinne
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Handhaaf vrede in julle huisgesin
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Hoe om ’n gelukkige stiefgesin op te bou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
Sien nog
Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
yp1 hfst. 5 bl. 34-39

Hoofstuk 5

Hoe kan ek dit verwerk as my pa of ma weer trou?

JOU pa of ma is dalk so gelukkig op die dag wanneer hy of sy weer trou. Maar jy is dalk allesbehalwe gelukkig! Waarom? Wanneer een van jou ouers weer trou, vernietig dit die hoop dat jou eie ouers ooit weer bymekaar sal kom. Aan die ander kant kan dit besonder pynlik wees as die troue kort ná die dood van ’n geliefde ouer plaasvind.

Hoe het jy gevoel toe jou ouer weer getrou het? Maak ’n ✔ langs die gevoelens wat jy ervaar het.

□ Gelukkig

□ Onveilig

□ Verraai

□ Jaloers op my stiefouer

□ Soos ’n verraaier omdat ek vir my stiefouer begin lief word het

Hierdie laaste reaksie kan die gevolg wees van ’n gevoel van lojaliteit teenoor jou ouer wat weg is. Wat die rede ook al is, die bogenoemde gevoelens kan maak dat jy op skadelike maniere aan jou emosionele pyn uiting gee.

Byvoorbeeld, jy maak dalk voortdurend die lewe moeilik vir jou stiefouer. Jy probeer miskien selfs om probleme tussen jou ouer en jou stiefouer te veroorsaak, in die hoop dat hulle uitmekaar sal gaan. Maar ’n wyse spreuk waarsku: “Hy wat probleme oor sy gesin bring, sal net die wind erf”—dit wil sê hy sal op die ou end niks hê nie (Spreuke 11:29, New International Version). Jy hoef nie in hierdie strik te trap nie. Jy kan jou hartseer op beter maniere verwerk. Kyk na ’n paar voorbeelde.

Uitdaging 1: Die gesag van ’n stiefouer

Dit is nie maklik om onder die gesag van ’n nuwe ouer te wees nie. Wanneer ’n stiefouer jou vra om iets te doen, kom jy dalk in die versoeking om te sê: ‘Jy is nie my regte ma/pa nie!’ Dit sal jou miskien vir die oomblik goed laat voel, maar dit is ’n teken van onvolwassenheid.

As jy egter die gesag van jou stiefouer aanvaar, is dit een manier om te toon dat jy die Bybel se raad volg om ‘in jou denke volwasse te wees’ (1 Korintiërs 14:20, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling). Jou stiefouer kom in werklikheid die pligte van ’n natuurlike ouer na en verdien jou respek.—Spreuke 1:8; Efesiërs 6:1-4.

’n Stiefouer se dissipline is gewoonlik ’n bewys dat hy of sy jou liefhet en besorg is oor jou (Spreuke 13:24). “My stiefpa dissiplineer ons”, sê Yvonne, 18, “maar dis wat ’n pa veronderstel is om te doen. As ek sy raad ignoreer, voel dit vir my asof ek geen waardering toon vir die feit dat hy oor die jare materieel en geestelik vir ons gesorg het nie. En dit sal ondankbaar wees.”

Maar dalk het jy rede om te kla. Dan moet jy bewys dat jy “volwasse” is deur te doen wat Kolossense 3:13 sê: “Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe as iemand rede tot klagte teen ’n ander het.”

Skryf hieronder twee of meer goeie eienskappe van jou stiefouer neer.

․․․․․

Hoe kan dit jou help om jou stiefouer meer te respekteer as jy aan sy of haar goeie eienskappe dink?

․․․․․

Uitdaging 2: Leer om te deel en om toe te gee

“My pa het twee keer weer getrou”, sê die 24-jarige Aaron. “Ek het gesukkel om bande met elke nuwe stiefgesin te smee. In die begin was hulle net vreemdelinge, maar daar is vir my gesê dat ek hulle moet liefhê. Die situasie was vir my verwarrend.”

Jy sal dalk ook voor groot uitdagings te staan kom. Byvoorbeeld, jy sal miskien jou posisie as die oudste of die enigste kind moet prysgee. As jy ’n seun is, het jy dalk lank gevoel dat jy die man in die huis is—’n posisie wat jou stiefpa nou beklee. Of moontlik kan jy jou met Yvonne vereenselwig. “My biologiese pa het nooit enige aandag aan my ma gegee nie”, sê sy, “ek was dus gewoond daaraan om haar net vir myself te hê. Maar toe my ma weer getrou het, het my stiefpa haar baie aandag gegee. Hulle het tyd saam deurgebring en saam gesels, en dit het vir my gevoel asof hy haar by my gesteel het. Maar uiteindelik kon ek aanpas.”

Hoe kan jy jou, soos Yvonne, by die nuwe situasie aanpas? “Laat [jou] redelikheid aan alle mense bekend word”, sê die Bybel (Filippense 4:5). Die oorspronklike woord wat met “redelikheid” vertaal is, beteken “om toe te gee” en beskryf die gesindheid van iemand wat nie op al sy wettige regte aandring nie. Hoe kan jy hierdie raad toepas? (1) Moenie aan die verlede bly dink nie (Prediker 7:10). (2) Wees bereid om met jou stiefouer, stiefbroers en stiefsusters te deel (1 Timoteus 6:18). (3) Moet hulle nie as buitestanders behandel nie.

Aan watter van die bogenoemde punte moet jy die hardste werk? ․․․․․

Uitdaging 3: Ongelyke behandeling

“My stiefpa was baie liewer vir sy kinders as vir my en my suster”, sê Tara. “Hy het kos gekoop waarvan hulle hou en flieks uitgeneem waarna hulle wou kyk. Hy’t enigiets gedoen om hulle tevrede te stel.” Dit is moeilik om hierdie soort behandeling te verduur. Wat kan jy doen? Probeer verstaan waarom ’n stiefouer dalk nie dieselfde teenoor ’n stiefkind voel as teenoor sy eie kind nie. Dit is miskien nie net omdat hulle bloedfamilie is nie, maar weens alles wat hulle al saam beleef het. Jy voel waarskynlik ook nader aan jou biologiese ouer as aan jou stiefouer.

Maar daar is ’n belangrike verskil tussen gelyke behandeling en regverdige behandeling. Mense het verskillende persoonlikhede en behoeftes. Moet jou dus nie te veel daaroor bekommer of jou stiefouer julle gelyk behandel nie, maar kyk eerder hoe hy of sy in jou behoeftes probeer voorsien.

In watter van jou behoeftes voorsien jou stiefouer?

․․․․․

In watter behoeftes voel jy word daar nie voorsien nie?

․․․․․

As jy voel dat daar nie in al jou behoeftes voorsien word nie, kan jy op ’n respekvolle manier met jou stiefouer daaroor praat.

Geduld is lonend!

Gewoonlik moet ’n hele paar jaar verloop voordat lede van ’n stiefgesin mekaar genoeg vertrou om op hulle gemak met mekaar te voel. Eers dan sal uiteenlopende gewoontes en waardes dalk in ’n praktiese roetine saamsmelt. Wees dus geduldig! Moenie verwag dat daar onmiddellik liefde of ’n hegte gesinsband sal wees nie.

Toe Thomas se ma weer getrou het, was hy besorg, om die minste te sê. Sy ma het vier kinders gehad, en die man met wie sy getrou het, het drie gehad. “Ons het baklei en gestry, was verdeeld en het verskriklik gespanne gevoel”, het Thomas geskryf. Wat het uiteindelik tot sukses gelei? “Ons het probleme opgelos deur Bybelbeginsels toe te pas.”

IN ONS VOLGENDE HOOFSTUK

What if all your siblings are your Sê nou jy het net biologiese broers en susters, maar hulle werk op jou senuwees?

SLEUTELTEKSTE

“Die uiteinde van ’n saak is beter as sy begin. Iemand wat geduldig is, is beter as iemand wat hoogmoedig van gees is.”—Prediker 7:8.

WENK

Om saam met nuwe broers of susters van die teenoorgestelde geslag te woon, kan op sedelike gebied druk op jou uitoefen. Moet dus glad nie dink aan dinge wat seksuele gevoelens kan wek nie, en maak seker dat nie jou klere of jou gedrag seksueel uitlokkend is nie.

HET JY GEWEET . . . ?

Jou stiefbroers of stiefsusters vind die aanpassing om deel van ’n stiefgesin te wees, dalk ook moeilik.

AKSIEPLAN!

Ek sal my respek vir my stiefouer probeer vergroot deur te dink aan die goeie dinge wat hy of sy vir die gesin gedoen het (skryf twee positiewe dinge neer): ․․․․․

As my stiefbroers of -susters my sleg behandel, kan ek die beginsel in Romeine 12:21 toepas deur die volgende te doen: ․․․․․

Wat ek graag vir my ouer of stiefouer hieroor wil vra ․․․․․

WAT DINK JY?

● Waarom kan dit vir jou stiefouer, stiefbroers of stiefsusters ’n uitdaging wees om deel van julle gesin te word?

● Waarom is dit belangrik om ’n langtermynbeskouing van jou nuwe gesinsverhoudings te hê?

[Lokteks op bladsy 38]]

My ma en haar tweede man het later geskei. Maar tot vandag toe is ek en my stiefbroer en -suster nog baie geheg aan mekaar. Die feit dat hulle deel van my lewe geword het, was een van die beste dinge wat ooit met my kon gebeur het.’’—Tara

[Prent op bladsy 39

Om twee gesinne saam te voeg, is soos om water en sement te meng—dit verg tyd en moeite, maar die eindresultaat kan ’n sterk, duursame produk wees

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel