Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • fg les 7 vrae 1-5
  • Wat is God se Koninkryk?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is God se Koninkryk?
  • Goeie nuus wat van God kom!
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is God se Koninkryk?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Wat vereis God van ons?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Goeie nuus wat van God kom!
fg les 7 vrae 1-5

LES 7

Wat is God se Koninkryk?

1. Wat is God se Koninkryk?

1. God se Koninkryk in die hemel; 2. Jesus maak ’n man gesond wat melaats is

Wat maak Jesus die perfekte Koning? – MARKUS 1:40-42.

Die Koninkryk van God is ’n hemelse regering. Dit sal alle ander regerings vervang en sal God se wil in die hemel en op die aarde laat gebeur. Dit is goeie nuus! God se Koninkryk, wat binnekort sal begin regeer, is die goeie regering wat mense nodig het. Dan sal almal in vrede op die aarde saam woon. – Lees Daniël 2:44; Matteus 6:9, 10; 24:14.

’n Koninkryk moet ’n koning hê. Jehovah het sy Seun, Jesus Christus, gekies om die Koning van Sy Koninkryk te wees. – Lees Openbaring 11:15.

Kyk na die video Wat is God se Koninkryk?

2. Hoekom is Jesus die perfekte Koning?

God se Seun is die perfekte Koning omdat hy liefdevol is en vasstaan vir wat reg is (Matteus 11:28-30). En hy is magtig genoeg om mense te help omdat hy vanuit die hemel oor die aarde sal regeer. Nadat hy weer lewend gemaak is, het hy na die hemel opgevaar en aan die regterhand van Jehovah gaan sit en wag (Hebreërs 10:12, 13). Uiteindelik het God hom die mag gegee om te begin regeer. – Lees Daniël 7:13, 14.

3. Wie sal saam met Jesus regeer?

’n Groep wat “die heiliges” genoem word, sal saam met Jesus in die hemel regeer (Daniël 7:27). Die eerste heiliges wat gekies is, was Jesus se getroue apostels. Jehovah het tot nou toe aangehou om getroue manne en vroue as heiliges te kies. Soos Jesus, word hulle met ’n geestelike liggaam opgewek. – Lees Johannes 14:1-3; 1 Korintiërs 15:42-44.

Hoeveel mense gaan hemel toe? Jesus het hulle ’n “klein kuddetjie” genoem (Lukas 12:32). Daar sal uiteindelik 144 000 wees. Hulle sal saam met Jesus oor die aarde regeer. – Lees Openbaring 14:1.

4. Wat het gebeur toe Jesus begin regeer het?

’n Bybelstudie

God se Koninkryk het in 1914 begin regeer.a Die eerste ding wat Jesus as Koning gedoen het, was om Satan en sy demone na die aarde neer te gooi. Satan het baie kwaad geword en het regoor die aarde moeilikheid begin maak (Openbaring 12:7-10, 12). Van toe af het die mens al hoe meer probleme gehad. Oorloë, hongersnode, siektes en aardbewings is alles deel van ’n “teken” dat die Koninkryk binnekort volle beheer van die aarde sal oorneem. – Lees Lukas 21:7, 10, 11, 31.

5. Wat doen God se Koninkryk nou en in die toekoms?

Deur middel van ’n wêreldwye predikingswerk verenig God se Koninkryk al klaar ’n groot menigte mense uit alle nasies. Miljoene nederige mense is gehoorsaam aan God se Koninkryk met Jesus as Koning. God se Koninkryk sal hulle beskerm wanneer dit die goddelose wêreldstelsel op die aarde vernietig. So, almal wat deur God se Koninkryk gehelp wil word, moet leer om Jesus as Koning te gehoorsaam. – Lees Openbaring 7:9, 14, 16, 17.

Mense wat gehoorsaam is aan God se Koninkryk in die Paradys op aarde

Oor ’n tydperk van 1 000 jaar sal die Koninkryk God se doel met die mens laat waar word. Die hele aarde sal ’n paradys word. Uiteindelik sal Jesus die Koninkryk aan sy Vader teruggee (1 Korintiërs 15:24-26). Ken jy iemand vir wie jy graag van God se Koninkryk wil vertel? – Lees Psalm 37:10, 11, 29.

Vir meer inligting sien hoofstuk 8 en 9 van die boek Wat kan die Bybel ons leer?

a Om meer uit te vind oor hoe Bybelprofesieë die jaar 1914 voorspel het, sien bladsy 217-220 van die boek Wat kan die Bybel ons leer?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel