Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w11 7/1 bl. 16-17
  • Wat is God se Koninkryk?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is God se Koninkryk?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is God se Koninkryk?
    Goeie nuus wat van God kom!
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Wat vereis God van ons?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat leer die Bybel werklik?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
w11 7/1 bl. 16-17

Leer uit God se Woord

Wat is God se Koninkryk?

Hierdie artikel opper vrae wat jy dalk al gevra het en toon waar jy die antwoorde in jou Bybel kan lees. Jehovah se Getuies sal graag hierdie antwoorde met jou bespreek.

1. Wat is God se Koninkryk?

Die Koninkryk van God is ’n hemelse regering. Dit sal alle ander regerings vervang en sal God se wil in die hemel en op aarde laat geskied. God se Koninkryk voorsien dus in ons behoefte aan ’n goeie regering.—Lees Daniël 2:44; Matteus 6:9, 10.

’n Koninkryk moet ’n koning hê. Jehovah het sy Seun, Jesus, aangestel om die Koning van Sy Koninkryk te wees.—Lees Lukas 1:30-33.

2. Waarom is Jesus die ideale Heerser?

God se Seun is die ideale Koning omdat hy goedhartig is, vasstaan vir wat reg is en magtig genoeg is om mense te help (Matteus 11:28-30). Nadat hy opgewek is, het Jesus na die hemel opgevaar en aan die regterhand van Jehovah begin wag (Hebreërs 10:12, 13). Uiteindelik het God hom die mag gegee om uit die hemel te begin regeer.—Lees Daniël 7:13, 14.

3. Wie sal saam met Jesus regeer?

’n Groep wat “die heiliges” genoem word, word deur God gekies om saam met Jesus in die hemel te regeer (Daniël 7:27). Die eerstes wat gekies is om heiliges te word, was Jesus se getroue apostels. Jehovah het tot nou toe voortgegaan om getroue manne en vroue as heiliges te kies. Soos Jesus, word hulle met ’n geestelike liggaam opgewek.—Lees Johannes 14:1-3; 1 Korintiërs 15:42-45.

Hoeveel mense gaan hemel toe? Jesus het hulle ’n “klein kuddetjie” genoem (Lukas 12:32). Daar sal uiteindelik 144 000 van hulle wees, en hulle sal saam met Jesus oor die aarde regeer.—Lees Openbaring 5:9, 10; 14:1.

4. Wanneer het God se Koninkryk begin regeer?

Jesus het in 1914 Koning geword.a Kort daarna het hy Satan en sy demone na die aarde neergewerp (Openbaring 12:7-10, 12). Van toe af het die mens se probleme skerp toegeneem. Oorloë, aardbewings, hongersnode, epidemies en wetteloosheid is deel van ’n teken dat die teenswoordige stelsel van dinge in sy laaste dae is (2 Timoteus 3:1-5). Almal wat wil baat vind by God se Koninkryk moet leer hoe om volgelinge van die Koning, Jesus, te word.—Lees Lukas 21:7, 10, 11, 31, 34, 35.

5. Wat bring God se Koninkryk tot stand?

Deur middel van ’n wêreldwye predikingswerk help God se Koninkryk reeds miljoene mense uit alle nasies om God se weë te leer (Matteus 24:14). Dit sal “’n groot menigte” van Jesus se lojale onderdane beskerm wanneer dit die teenswoordige goddelose stelsel van dinge op die aarde vernietig.—Lees Openbaring 7:9, 10, 13-17.

Gedurende ’n tydperk van 1 000 jaar sal die Koninkryk die aarde geleidelik in ’n paradys omskep. Ten laaste sal Jesus die Koninkryk aan sy Vader teruggee (1 Korintiërs 15:24-26). Ken jy iemand vir wie jy van God se Koninkryk wil vertel?—Lees Psalm 37:10, 11, 29.

Vir meer inligting, sien hoofstukke 8 en 9 van hierdie boek, Wat leer die Bybel werklik? uitgegee deur Jehovah se Getuies.

[Voetnoot]

a Vir besonderhede oor hoe Bybelprofesie na die jaar 1914 wys, sien bladsye 215-218 van die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel