Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • hf deel 1 bl. 3-5
  • Vertrou op God om ’n gelukkige huwelik te hê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertrou op God om ’n gelukkige huwelik te hê
  • Julle gesin kan gelukkig wees
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • 1 AANVAAR DIE ROL WAT JEHOVAH JOU GEGEE HET
  • 2 NEEM WERKLIK JOU MAAT SE GEVOELENS IN AG
  • 3 DINK AS ’N SPAN
  • Behandel jou maat met respek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wees lojaal aan mekaar
    Julle gesin kan gelukkig wees
  • Ná die troudag
    Hoe om in God se liefde te bly
  • Die huwelik – ’n Gawe van God
    Hoe om in God se liefde te bly
Sien nog
Julle gesin kan gelukkig wees
hf deel 1 bl. 3-5
’n Man en ’n vrou op hulle troudag

DEEL 1

Vertrou op God om ’n gelukkige huwelik te hê

“Hy wat hulle geskep het, [het] hulle van die begin af man en vrou gemaak.”—Matteus 19:4

Jehovaha God het die eerste huwelik voltrek. Die Bybel sê vir ons dat hy die eerste vrou gemaak het en “haar na die mens toe gebring” het. Adam was so gelukkig dat hy gesê het: “Dit is eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees” (Genesis 2:22, 23). Jehovah wil nog steeds hê dat getroude mense gelukkig moet wees.

Wanneer jy trou, dink jy dalk dat alles volmaak sal wees. Maar in werklikheid sal selfs ’n man en ’n vrou wat mekaar waarlik liefhet, soms probleme ondervind (1 Korintiërs 7:28). In hierdie brosjure sal jy Bybelbeginsels vind wat jou kan help om ’n gelukkige huwelik en gesin te hê, indien julle dit toepas.—Psalm 19:8-11.

1 AANVAAR DIE ROL WAT JEHOVAH JOU GEGEE HET

WAT DIE BYBEL SÊ: Die man is die hoof van die gesin.—Efesiërs 5:23.

As jy ’n man is, verwag Jehovah dat jy met teerheid vir jou vrou moet sorg (1 Petrus 3:7). Hy het haar as ’n komplement van jou gemaak, en hy wil hê dat jy haar met waardigheid en liefde moet behandel (Genesis 2:18). Jy moet jou vrou so liefhê dat jy bereid is om haar belange bo jou eie te stel.—Efesiërs 5:25-29.

As jy ’n vrou is, verwag Jehovah dat jy diep respek vir jou man moet hê en hom moet help om sy rol te vervul (1 Korintiërs 11:3; Efesiërs 5:33). Ondersteun sy besluite en gee hom jou heelhartige samewerking (Kolossense 3:18). As jy dit doen, sal jy nie net in jou man se oë mooi wees nie, maar ook in Jehovah se oë.—1 Petrus 3:1-6.

WAT JY KAN DOEN:

  • Vra jou maat wat jy kan doen om ’n beter man of vrou te wees. Luister aandagtig en doen jou bes om te verbeter

  • Wees geduldig. Dit sal vir albei van julle tyd neem om te leer hoe om mekaar gelukkig te maak

2 NEEM WERKLIK JOU MAAT SE GEVOELENS IN AG

WAT DIE BYBEL SÊ: Hou ’n oog op jou huweliksmaat se belange (Filippense 2:3, 4). Behandel jou maat as iets kosbaars en onthou dat Jehovah van sy knegte vereis om “teer [te] wees teenoor almal” (2 Timoteus 2:24). Die Bybel sê: “Daar is een wat onnadenkend praat soos met swaardsteke, maar die tong van die wyses is genesing.” Kies jou woorde dus noukeurig (Spreuke 12:18). Jehovah se gees sal jou help om op liefdevolle wyse te praat.—Galasiërs 5:22, 23; Kolossense 4:6.

WAT JY KAN DOEN:

  • Bid vir hulp om kalm te bly en ’n oop gemoed te behou voordat jy ernstige sake met jou maat bespreek

  • Dink mooi na oor wat jy gaan sê en hoe jy dit gaan sê

3 DINK AS ’N SPAN

WAT DIE BYBEL SÊ: Wanneer jy trou, word jy en jou maat “een vlees” (Matteus 19:5). Maar julle is nog steeds twee individue en het moontlik verskillende opinies. Julle moet dus leer om verenig te wees wat julle denke en gevoelens betref (Filippense 2:2). Eenheid is noodsaaklik wanneer julle besluite neem. Die Bybel sê: “Deur raad word planne stewig bevestig” (Spreuke 20:18). Laat Bybelbeginsels julle lei wanneer julle belangrike besluite neem.—Spreuke 8:32, 33.

’n Egpaar werk as ’n span saam en was skottelgoed en wasgoed

WAT JY KAN DOEN:

  • Praat met jou maat oor jou gevoelens, moenie net inligting oordra of julle opinies bespreek nie

  • Praat met jou maat voordat jy jou tot iets verbind

a Jehovah is die naam van God soos dit in die Bybel geopenbaar word.

WEES REALISTIES EN OPTIMISTIES

Moenie volmaaktheid van jou of jou maat verwag nie (Psalm 103:14; Jakobus 3:2). Besluit om op jou maat se goeie eienskappe te konsentreer. Jy moet die vertroue hê dat Bybelbeginsels sal werk en jy moet geduldig wees (2 Timoteus 3:16). Jehovah sal jou pogings beloon om sy raad te volg, en jou huwelik sal jaar ná jaar sterker word.—Galasiërs 6:9.

VRA JOU AF . . .

  • Kan my maat aanvoel dat ek meer vir hom of haar omgee as vir myself?

  • Wat het ek vandag gedoen om liefde en respek aan my maat te betoon?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel