Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 36 bl. 92-bl. 93 par. 7
  • ’n Militêre offisier met groot geloof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Militêre offisier met groot geloof
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Leëroffisier se groot geloof
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • ’n Leëroffisier se groot geloof
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Is daar teenstrydighede in die Bybel?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Het jy geweet?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 36 bl. 92-bl. 93 par. 7
’n Militêre offisier kyk na sy siek slaaf; in die agtergrond kom Joodse ouermanne na Jesus toe

HOOFSTUK 36

’n Militêre offisier met groot geloof

MATTEUS 8:5-13 LUKAS 7:1-10

  • ’N MILITÊRE OFFISIER SE SLAAF WORD GENEES

  • DIÉ MET GELOOF SAL GESEËN WORD

Joodse ouermanne kom na Jesus toe

Nadat Jesus sy Bergpredikasie gehou het, gaan hy na die stad Kapernaum. Hier kom party van die ouermanne van die Jode na hom toe. Hulle is gestuur deur ’n man met ’n ander agtergrond – ’n Romeinse militêre offisier.

Die militêre offisier se geliefde kneg is baie siek en lê op sterwe. Al is die offisier nie ’n Jood nie, vra hy Jesus se hulp. Die Jode sê vir Jesus dat die man se kneg “verlam by die huis [lê], en hy ly verskriklik,” dalk omdat hy baie pyn het (Matteus 8:6). Die Joodse ouermanne verseker Jesus dat hierdie offisier sy hulp verdien. Hulle verduidelik: “Hy is lief vir ons nasie en hy het ons sinagoge gebou.” – Lukas 7:4, 5.

Wanneer Jesus naby ’n militêre offisier se huis kom, kom vriende van die offisier hom tegemoet

Kort daarna vertrek Jesus saam met die ouermanne na die offisier se huis. Wanneer hulle naby die huis is, stuur die offisier vriende om te sê: “Meneer, moenie moeite doen nie, want ek verdien nie dat u onder my dak inkom nie. Daarom dink ek nie dat ek waardig is om na u toe te kom nie” (Lukas 7:6, 7). Wat ’n nederige houding vir iemand wat daaraan gewoond is om bevele uit te deel! En dit wys hoe hierdie man verskil van Romeine wat slawe wreed behandel. – Matteus 8:9.

Die offisier is sekerlik bewus van die feit dat Jode nie met nie-Jode assosieer nie (Handelinge 10:28). Miskien is dit hoekom die offisier sy vriende aanmoedig om Jesus te vra: “Sê die woord en laat my kneg gesond word.” – Lukas 7:7.

Jesus is verbaas wanneer hy dit hoor en sê: “Ek sê vir julle: Ek het nie eers in Israel sulke groot geloof gevind nie” (Lukas 7:9). Wanneer die offisier se vriende by sy huis kom, sien hulle dat die slaaf wat so siek was, nou gesond is.

Jesus gebruik nou die geleentheid om te bevestig dat gelowige nie-Jode geseën sal word en sê: “Baie [sal] uit die ooste en die weste . . . kom en ’n plek aan tafel saam met Abraham en Isak en Jakob in die Koninkryk van die hemel . . . inneem.” Wat van die Jode wat nie geloof het nie? Jesus sê dat hulle “in die duisternis daar buite gegooi sal word. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.” – Matteus 8:11, 12.

Natuurlike Jode wat nie die geleentheid aanvaar wat eerste aan hulle gegee is om deel te wees van die koninkryk saam met Christus nie, sal verwerp word. Maar nie-Jode sal genooi word om saam met hom aan tafel te sit “in die Koninkryk van die hemel”.

  • Hoekom smeek Jode Jesus om ’n nie-Joodse militêre offisier te help?

  • Wat is dalk die rede hoekom die militêre offisier Jesus nie gevra het om in sy huis in te kom nie?

  • Wat sê Jesus oor die vooruitsig wat nie-Jode het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel