Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 12/1 bl. 8-9
  • ’n Leëroffisier se groot geloof

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Leëroffisier se groot geloof
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Leëroffisier se groot geloof
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • ’n Militêre offisier met groot geloof
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Beweeg jou geloof jou tot dade?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2010
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 12/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

’n Leëroffisier se groot geloof

WANNEER Jesus sy Bergpredikasie hou, is hy omtrent halfpad met sy openbare bediening. Dit beteken dat hy net sowat ’n jaar en nege maande oorhet om sy werk op aarde te voltooi.

Jesus gaan nou in die stad Kapernaüm in, wat ’n soort basis vir sy werksaamhede is. Hier kom ouderlinge van die Jode met ’n versoek na hom toe. Hulle is gestuur deur ’n offisier in die Romeinse leër, wat nie ’n Jood is nie.

Die leëroffisier se dienskneg, vir wie hy baie lief is, lê op sterwe aan ’n ernstige siekte, en hy wil hê dat Jesus sy dienskneg moet genees. Die Jode smeek dringend ten behoewe van die offisier: “Hy is dit werd dat U dit vir hom doen”, sê hulle, “want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou.”

Jesus gaan sonder aarseling saam met die manne. Maar wanneer hulle naby kom, stuur die leëroffisier vriende uit om te sê: “Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie.”

Watter nederigheid aan die kant van ’n offisier wat daaraan gewoond is om bevele uit te deel! Maar hy dink waarskynlik ook aan Jesus, omdat hy weet dat dit vir ’n Jood verbode is om sosiale kontak met nie-Jode te hê. Selfs Petrus het gesê: “Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ’n Joodse man om met iemand van ’n ander volk omgang te hê of hom te besoek.”

Die offisier wil miskien voorkom dat Jesus moet ly wat daarop sal volg as hy hierdie gebruik skend, en daarom stuur hy sy vriende met die versoek: “Sê dit maar met ’n woord, en my kneg sal gesond word. Want ek is ook ’n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ’n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.”

Wel, Jesus verwonder hom toe hy dit hoor. “Ek sê vir julle”, sê hy, “selfs in Israel het Ek so groot ’n geloof nie gevind nie.” Nadat hy die offisier se dienskneg genees het, maak Jesus van die geleentheid gebruik om te vertel hoe gelowige nie-Jode begunstig sal word met seëninge waarin ongelowige Jode nie belanggestel het nie.

“Baie”, sê Jesus, “sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en Isak en Jakob . . . aansit in die koninkryk van die hemele. Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”

“Die kinders van die koninkryk” wat “uitgedryf word in die buitenste duisternis”, is natuurlike Jode wat nie die geleentheid aanvaar wat eerste aan hulle gebied word om heersers saam met Christus te wees nie. Abraham, Isak en Jakob stel God se Koninkryksreëling voor. Jesus vertel dus hoe nie-Jode genooi sal word om as ’t ware aan die hemelse tafel “in die koninkryk van die hemele” te sit. Lukas 7:1-10; Mattheüs 8:5-13; Handelinge 10:28.

♦ Waarom het Jode ten behoewe van ’n nie-Joodse leëroffisier gepleit?

♦ Waarom het die offisier moontlik versoek dat Jesus nie in sy huis ingaan nie?

♦ Wat het Jesus met sy slotkommentaar bedoel?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel