Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 39 bl. 98-bl. 99 par. 7
  • Dit sal sleg gaan met ’n hardkoppige geslag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit sal sleg gaan met ’n hardkoppige geslag
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Die trotsaards en die nederiges
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Die trotsaards en die nederiges
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Matteus 11:28-30 – “Kom na My toe, . . . en Ek sal julle rus gee”
    Verduidelikings van Bybelverse
  • ‘Vind verkwikking vir julle siel’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 39 bl. 98-bl. 99 par. 7
’n Seun speel op ’n fluit op die markplein, maar die ander kinders weier om te dans

HOOFSTUK 39

Dit sal sleg gaan met ’n hardkoppige geslag

MATTEUS 11:16-30 LUKAS 7:31-35

  • JESUS VEROORDEEL SEKERE STEDE

  • HY GEE VERLIGTING EN NUWE KRAG

Jesus het baie respek vir Johannes die Doper, maar hoe beskou die meeste mense Johannes? “Hierdie geslag,” sê Jesus, “is soos jong kinders wat op die markpleine sit en na hulle speelmaats roep en sê: ‘Ons het vir julle op die fluit gespeel, maar julle het nie gedans nie. Ons het ’n treurlied gesing, maar julle het nie gehuil nie.’” – Matteus 11:16, 17.

Wat bedoel Jesus? Hy verduidelik: “Johannes [het] gekom en nie geëet of gedrink nie, maar mense sê: ‘Hy het ’n demoon.’ Die Seun van die mens het gekom en het wel geëet en gedrink, maar mense sê: ‘Kyk! ’n Vraat en iemand wat aan wyn verslaaf is, ’n vriend van belastinggaarders en sondaars’” (Matteus 11:18, 19). Aan die een kant het Johannes ’n eenvoudige lewe as ’n Nasireër gelei, en hy het nie eers wyn gedrink nie, en tog sê hierdie geslag dat daar ’n demoon in hom is (Numeri 6:2, 3; Lukas 1:15). Aan die ander kant lewe Jesus soos ander mense. Hy eet en drink nie te veel nie, maar die mense sê dat hy ’n vraat en ’n dronkaard is. Dit is onmoontlik om die mense tevrede te stel.

Jesus vergelyk hierdie geslag met jong kinders op die markpleine wat weier om te dans wanneer ander kinders op die fluit speel of wat weier om te huil wanneer ander ’n treurlied sing. “Maar,” sê Jesus, “wysheid word reg bewys deur sy resultate” (Matteus 11:16, 19). Ja, die “resultate” – die bewyse wat Johannes en Jesus gee – wys dat die beskuldigings teen hulle vals is.

Nadat Jesus gesê het dat hierdie geslag hardkoppig is, veroordeel hy spesifieke stede – Gorasin, Betsaida en Kapernaum, waar hy wonderwerke gedoen het. Jesus sê dat die Fenisiese stede Tirus en Sidon berou sou getoon het as hy sulke werke daar gedoen het. Hy noem ook Kapernaum, waar hy ’n tyd lank gebly het. Selfs daar het die meeste mense nie geluister nie. Jesus sê die volgende oor hierdie stad: “Ek sê vir julle dat dit op die Oordeelsdag beter sal gaan met die land van Sodom as met julle.” – Matteus 11:24.

Dan loof Jesus sy Vader, wat kosbare geestelike waarhede wegsteek “vir die wyse en geleerde mense”, maar dit openbaar aan nederige mense, wat soos jong kinders is (Matteus 11:25). Hy rig ’n wonderlike uitnodiging aan sulke mense: “Kom na my toe, almal wat uitgeput is en ’n swaar las dra, en ek sal julle nuwe krag gee. Neem my juk op julle en leer by my, want ek is saggeaard en nederig van hart, en julle sal nuwe krag kry. Want my juk is maklik om te dra, en my vrag is lig.” – Matteus 11:28-30.

Hoe gee Jesus nuwe krag? Die godsdiensleiers het ’n swaar las van tradisies op die mense se skouers geplaas, soos Sabbatsreëls wat onnodig streng is. Maar Jesus gee hulle nuwe krag deur hulle die waarheid oor God te leer, waarhede wat nie deur sulke tradisies besmet is nie. Hy wys ook hoe mense wat onderdruk word deur politieke owerhede en dié wat swaar dra onder die las van sonde, verligting kan kry. Ja, Jesus wys hoe hulle sondes vergewe kan word en hoe hulle vrede met God kan hê.

Jesus se juk is maklik om te dra, en almal wat dit aanvaar, kan hulleself aan God toewy en ons genadige, medelydende hemelse Vader dien. En om God te dien, is nie ’n swaar las nie, want hy vra nooit te veel van ons nie. – 1 Johannes 5:3.

  • Hoe is die mense van Jesus se geslag soos kinders?

  • Wat beweeg Jesus om sy hemelse Vader te loof?

  • Op watter maniere dra mense ’n swaar las, maar watter verligting gee Jesus?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel