Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 1/15 bl. 24-25
  • Die trotsaards en die nederiges

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die trotsaards en die nederiges
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Soortgelyke materiaal
  • Die trotsaards en die nederiges
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Dit sal sleg gaan met ’n hardkoppige geslag
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • ‘Vind verkwikking vir julle siel’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • “My juk is sag en my vrag is lig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 1/15 bl. 24-25

Jesus se lewe en bediening

Die trotsaards en die nederiges

NADAT Jesus die deugde van Johannes die Doper opgenoem het, wend hy hom tot die trotse, wispelturige mense rondom hom. “Hierdie geslag”, sê hy, “is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ’n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie.”

Wat bedoel Jesus daarmee? Hy verduidelik: “Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ’n duiwel. Die Seun van die mens het gekom—Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ’n mens wat ’n vraat en ’n wynsuiper is, ’n vriend van tollenaars en sondaars.”

Dit is onmoontlik om die mense tevrede te stel. Niks behaag hulle nie. Johannes lei as nasireër ’n sobere lewe van selfverloëning, in ooreenstemming met die engel se verklaring dat ‘hy nooit wyn en sterk drank sal drink nie’. En tog sê die mense dat hy van die duiwel besete is. Jesus, daarenteen, lewe soos ander mense, sonder selfverloëning, en hy word van onmatigheid beskuldig.

Hoe onvergenoeg is die mense tog nie! Hulle is soos speelmaats, waarvan sommige weier om te dans wanneer ander kinders op die fluit speel of om te treur wanneer hulle maats ’n klaaglied sing. Jesus sê nietemin: “Die wysheid is geregverdig deur sy kinders [“werke”, NW].” Ja, die feite—die werke—maak dit duidelik dat die beskuldigings teen sowel Johannes as Jesus vals is.

Jesus berispe vervolgens die stede Gorasin, Betsaida en Kapernaüm, waar hy die meeste van sy wonderwerke verrig het. As hy daardie wonderwerke in die Feniciese stede Tirus en Sidon verrig het, sê Jesus, sou daardie stede hulle in sak en as bekeer het. Jesus veroordeel Kapernaüm, wat blykbaar sy basis gedurende sy bediening was, met die woorde: “Dit [sal] vir die land van Sodom verdraagliker . . . wees in die oordeelsdag as vir jou.”

Wat bedoel Jesus hiermee? Hy toon klaarblyklik dat, wanneer trotsaards van Kapernaüm gedurende die Oordeelsdag opgewek word, dit vir hulle moeiliker sal wees om hulle foute te erken en Christus te aanvaar as wat dit vir die verrese Sodomiete van die ou tyd sal wees om hulle nederig te bekeer en geregtigheid te leer.

Vervolgens loof Jesus sy hemelse Vader in die openbaar. Hy doen dit omdat God kosbare geestelike waarhede vir wyse en verstandige mense verberg maar hierdie wonderlike dinge aan nederiges, as ’t ware kindertjies, openbaar.

Ten slotte rig Jesus die aanloklike uitnodiging aan mensê: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; want my juk is sag en my las is lig.”

Hoe bied Jesus rus en verkwikking? Hy doen dit deur mense vry te maak van die verslawende tradisies waarmee die godsdiensleiers hulle belas het, soos die beperkende Sabbatsbepalings. Hy toon ook hoe verligting moontlik is vir die wat gebuk gaan onder die verdrukkende las van oorheersing deur die politieke magte en vir die wat swaar dra aan hulle sondes weens ’n skuldige gewete. Hy toon aan sulke geteisterdes hoe hulle sondes vergewe kan word en hoe hulle ’n kosbare verhouding met God kan geniet.

Die sagte juk wat Jesus aanbied, is een van volkome toewyding aan God as dienaars van ons medelydende, barmhartige hemelse Vader. En die ligte las wat Jesus bied aan die wat na hom toe kom, is dié van gehoorsaamheid aan God se vereistes vir die lewe, Sy gebooie, wat glad nie swaar is nie. Mattheüs 11:16-30; Lukas 1:15; 7:31-35; 1 Johannes 5:3.

◆ Hoe is Jesus se geslag soos kinders?

◆ Hoe sal dit vir Sodom verdraagliker wees as vir Kapernaüm?

◆ In watter opsigte is mense belas, en watter verligting bied Jesus?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel