Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 42 bl. 104-bl. 105 par. 2
  • Jesus wys die Fariseërs tereg

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus wys die Fariseërs tereg
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus bestraf die Fariseërs
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Jesus bestraf die Fariseërs
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Bybelboek nommer 32—Jona
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Jona leer aangaande Jehovah se barmhartigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 42 bl. 104-bl. 105 par. 2
Die koningin van Skeba nader koning Salomo se troon

HOOFSTUK 42

Jesus wys die Fariseërs tereg

MATTEUS 12:33-50 MARKUS 3:31-35 LUKAS 8:19-21

  • JESUS PRAAT OOR ‘DIE TEKEN VAN JONA’

  • JESUS WYS HOE STERK SY VERHOUDING MET SY DISSIPELS IS

Deur te ontken dat Jesus demone deur God se krag uitdryf, loop die skrifgeleerdes en die Fariseërs die gevaar om teen die heilige gees te laster. Wie se kant sal hulle dus kies – God s’n of Satan s’n? Jesus sê: “Julle boom sal goed wees en goeie vrugte dra, of julle boom sal sleg wees en slegte vrugte dra, want die boom word aan sy vrugte geken.” – Matteus 12:33.

’n Tak wat vrugte dra

Dit is dwaas om te beweer dat Jesus goeie vrugte dra, soos om demone uit te dryf, omdat hy Satan dien. Jesus het dit duidelik gemaak in sy Bergpredikasie dat as die vrugte goed is, is die boom goed. Maar wat bewys die Fariseërs se vrugte, naamlik hulle belaglike beskuldigings teen Jesus? Dat die Fariseërs sleg is. Jesus sê vir hulle: “Julle spul giftige slange, hoe kan julle goeie dinge sê terwyl julle goddeloos is? Want uit die oorvloed van die hart praat die mond.” – Matteus 7:16, 17; 12:34.

Ons woorde wys wat in ons hart is en ons sal daarvolgens geoordeel word. Daarom sê Jesus: “Ek sê vir julle dat mense op die Oordeelsdag verantwoordelik gehou sal word vir elke nuttelose woord wat hulle sê, want deur jou woorde sal jy regverdig verklaar word, en deur jou woorde sal jy veroordeel word.” – Matteus 12:36, 37.

Jesus het al baie wonderwerke gedoen, maar die skrifgeleerdes en die Fariseërs dring aan op nog meer en sê: “Leermeester, laat ons ’n teken sien.” Of hulle self gesien het hoe hy wonderwerke doen of nie, daar is oorgenoeg ooggetuies wat kan bevestig wat hy doen. Jesus kan dus vir daardie Joodse leiers sê: “’n Goddelose en ontroue geslag hou aan om ’n teken te soek, maar geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona.” – Matteus 12:38, 39.

’n Groot vis sluk Jona in

Jesus laat hulle nie wonder oor wat hy bedoel nie: “Net soos Jona drie dae en drie nagte in die groot vis se maag was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” Jona is deur die een of ander soort groot vis ingesluk, maar het toe uitgekom asof hy opgewek is. Jesus voorspel dus dat hyself sal sterf en op die derde dag opgewek sal word. Wanneer dit later gebeur, verwerp die Joodse leiers ‘die teken van Jona’. Hulle weier om berou te toon en te verander (Matteus 27:63-66; 28:12-15). In teenstelling hiermee het die Nineviete berou getoon nadat Jona vir hulle gepreek het. Daarom sal hulle hierdie geslag veroordeel. En Jesus sê dat die koningin van Skeba hulle ook deur haar voorbeeld sal veroordeel. Sy wou graag die wysheid van Salomo hoor, en dit het haar baie beïndruk. Nou sê Jesus: “Iemand groter as Salomo is hier.” – Matteus 12:40-42.

Jesus vergelyk die situasie van hierdie goddelose geslag met ’n man uit wie ’n onrein gees kom (Matteus 12:45). Omdat die man nie die leemte met goeie dinge vul nie, keer die bose gees terug met sewe geeste wat nog slegter is, en hulle vaar in die man in. Net so is die nasie Israel gereinig en hervorm – baie soos die man uit wie die bose gees gekom het. Maar die nasie het God se profete verwerp, en dit het ’n hoogtepunt bereik toe hulle die een verwerp het wat duidelik God se gees het – Jesus. Dit wys dat die nasie se toestand erger is as wat dit aan die begin was.

Terwyl Jesus praat, kom sy ma en sy broers daar aan en gaan staan hulle heel agter in die skare. Party wat naby hom sit, sê: “U ma en u broers staan buite en wil u sien.” Dan wys Jesus hoe sterk sy verhouding met sy dissipels is, wat soos ware broers, susters en ma’s vir hom is. Hy steek sy hand uit na sy dissipels en sê: “My ma en my broers is dié wat die woord van God hoor en dit doen” (Lukas 8:20, 21). So wys hy dat sy verhouding met sy dissipels selfs kosbaarder is as sy band met sy familie. Dit is so verfrissend om sulke sterk bande met ons geestelike broers te hê, veral wanneer ander ons beweegredes bevraagteken of ons en ons goeie werke kritiseer!

  • Hoe is die Fariseërs soos ’n slegte boom?

  • Wat is die ‘teken van Jona’, en hoe word dit later verwerp?

  • Hoe is die eerste-eeuse nasie Israel soos die man uit wie ’n onrein gees gekom het?

  • Hoe wys Jesus dat hy ’n sterk verhouding met sy dissipels het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel