Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 129 bl. 294-bl. 295 par. 2
  • Pilatus roep uit: “Kyk! Hier is die man!”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Pilatus roep uit: “Kyk! Hier is die man!”
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • “Dáár is die mens!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • “Dáár is die mens!”
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Wie was Pontius Pilatus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Van Pilatus na Herodes en weer terug
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 129 bl. 294-bl. 295 par. 2
Jesus, wat ’n pers bo-kleed dra en ’n kroon op het wat van dorings gemaak is, word deur Pilatus uitgebring

HOOFSTUK 129

Pilatus roep uit: “Kyk! Hier is die man!”

MATTEUS 27:15-17, 20-30 MARKUS 15:6-19 LUKAS 23:18-25 JOHANNES 18:39–19:5

  • PILATUS PROBEER JESUS VRYLAAT

  • DIE JODE VRA DAT BARABBAS VRYGELAAT MOET WORD

  • JESUS WORD GESPOT EN MISHANDEL

Pilatus sê vir die mense wat Jesus dood wil hê: “Ek kon geen bewyse vind van die aanklagte wat julle teen hierdie man inbring nie. Herodes kon ook nie enige bewyse vind nie” (Lukas 23:14, 15). Nou probeer Pilatus ’n ander manier kry om Jesus vry te laat. Hy sê vir die mense: “Julle het . . . ’n gewoonte dat ek op die Pasga vir julle ’n man moet vrylaat. Wil julle dan hê dat ek die Koning van die Jode vir julle moet vrylaat?” – Johannes 18:39.

Pilatus weet van ’n man wat in die tronk is met die naam Barabbas, wat bekend is as ’n dief, ’n opstoker en ’n moordenaar. En daarom vra Pilatus: “Watter een wil julle hê moet ek vir julle vrylaat: Barabbas of Jesus die sogenaamde Christus?” Omdat die mense deur die hoofpriesters beïnvloed is, vra hulle dat Barabbas vrygelaat moet word en nie Jesus nie. Pilatus vra weer: “Wie van die twee wil julle hê moet ek vir julle vrylaat?” Hulle skree: “Barabbas”! – Matteus 27:17, 21.

Ontsteld vra Pilatus: “Wat moet ek dan met Jesus die sogenaamde Christus doen?” Die mense skree: “Hang hom aan die paal!” (Matteus 27:22). Hulle wil hê dat ’n onskuldige man doodgemaak moet word. Pilatus smeek hulle: “Hoekom? Wat het hierdie man gedoen wat sleg is? Ek het niks in hom gevind wat die dood verdien nie. Ek sal hom dus straf en vrylaat.” – Lukas 23:22.

Al het Pilatus oor en oor probeer om Jesus vry te laat, skree die skare almal saam: “Hang hom aan die paal!” (Matteus 27:23). Die godsdiensleiers het die skare so opgewerk dat hulle nou bloed soek! En dit is nie die bloed van ’n misdadiger, ’n moordenaar nie. Dit is die bloed van ’n onskuldige man wat vyf dae gelede in Jerusalem as Koning verwelkom is. As Jesus se dissipels daar is, bly hulle stil en probeer hulle nie aandag trek nie.

Pilatus sien dat hy niks bereik nie. Die mense gaan te kere, so hy vat ’n bietjie water en was sy hande voor die skare. Hy sê vir hulle: “Ek is nie verantwoordelik vir hierdie man se bloed nie. Dit is julle saak.” Maar selfs dit keer hulle nie. Hulle sê eerder: “Ons en ons kinders sal verantwoordelikheid neem vir sy bloed.” – Matteus 27:24, 25.

Al weet die goewerneur wat die regte ding is om te doen, wil hy die skare eerder tevrede stel. So Pilatus doen wat hulle wil hê deur Barabbas vry te laat. Hy het Jesus se klere laat uittrek en hom met ’n gésel laat slaan.

Ná hierdie wrede mishandeling, neem die soldate Jesus na die goewerneur se paleis. Die hele afdeling kom bymekaar en mishandel hom verder. Hulle vleg ’n kroon wat van dorings gemaak is en sit dit op sy kop. Die soldate sit ook ’n riet in Jesus se regterhand en hang ’n helderrooi mantel om hom soos wat deur koninklikes gedra word. Hulle spot hom en sê: “Goeiedag, Koning van die Jode!” (Matteus 27:28, 29). Hulle hou ook aan om hom te slaan en in sy gesig te spoeg. Dan vat hulle die stewige riet wat in sy hand is en begin hom op sy kop daarmee slaan, dit veroorsaak dat die dorings van sy vernederende “kroon” al hoe dieper in sy kopvel gaan.

Pilatus is so beïndruk met hoe sterk Jesus bly en die feit dat hy sy waardigheid behou deur alles wat hy deurmaak, dat hy weer probeer om die verantwoordelikheid van Jesus se dood van hom af te kry deur te sê: “Kyk! Ek bring hom buitentoe vir julle sodat julle kan weet dat ek niks vind waaraan hy skuldig is nie.” Dink Pilatus dalk dat die skare vir Jesus jammer sal voel as hulle sien hoe Jesus nou lyk nadat hy mishandel is? Terwyl Jesus voor die gevoellose skare staan, roep Pilatus uit: “Kyk! Hier is die man!” – Johannes 19:4, 5. 

Al is Jesus erg geslaan en gewond, behou hy sy selfrespek en bly hy kalm. Pilatus moes dit ook raakgesien het, want aan sy woorde kan ’n mens hoor dat hy nie net jammer vir Jesus voel nie, maar hom ook respekteer.

MET ’N GÉSEL GESLAAN

’n Gésel

Dr. William D. Edwards in The Journal of the American Medical Association beskryf die Romeinse gebruik om ander met ’n gésel te slaan:

“Die instrument was gewoonlik ’n kort sweep (gésel) met ’n hele paar enkel of gevlegte leerriempies van verskillende lengtes, waaraan klein ysterballetjies of skaapbene op ’n paar plekke vasgeknoop is. . . . Wanneer die Romeinse soldate met al hulle krag herhaaldelik op die slagoffer se rug geslaan het, het die ysterballetjies diep kneusplekke veroorsaak, en die leerriempies en skaapbene het in die vel en die weefsel onder die vel ingesny. Dan, hoe langer hulle gegésel is, het die skeurwonde tot in die onderliggende skeletspiere ingeskeur en bewende flenters bloeiende vleis veroorsaak.”

  • Hoe probeer Pilatus Jesus vrylaat sodat hy nie verantwoordelik gehou kan word vir sy dood nie?

  • Wat gebeur as iemand gegésel word?

  • Hoe word Jesus verder mishandel nadat hy gegésel is?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel