Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rr bl. 152-153
  • Lesse uit Esegiël se tempelvisioen

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Lesse uit Esegiël se tempelvisioen
  • Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Rein aanbidding word verhoog en beskerm
  • Seëninge wat ons vir ewig kan geniet
  • Dieselfde standaarde vir almal
  • ’n Maaltyd by Jehovah se tafel
  • ’n Waarborg van God af
  • “Dít is die wet van die tempel”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • “Beskryf die tempel”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • “Die tempel” en “die vors” vandag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
Sien nog
Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
rr bl. 152-153

ONDERRIGTINGSVENSTER 14A

Lesse uit Esegiël se tempelvisioen

Gedrukte weergawe
Diagram met belangrike kenmerke van die tempel in Esegiël se visioen. Dit sluit die volgende kenmerke in: 1. Hoë berg. 2. Muur om die tempelgebied. 3. Groot gebied rondom die tempelgebied. 4. Rivier wat uit die tempel vloei. 5. Buitenste poorte. 6. Muur van die tempel. 7. Buitenste voorhof. 8. Buitenste eetkamers. 9. Binneste poorte. 10. Binneste voorhof. 11. Altaar. 12. Tempelheiligdom. ’n Baie groot passasiersvliegtuig is ongeveer 75 meter lank, maar dit is baie klein in vergelyking met die groot tempelgebied.

Rein aanbidding word verhoog en beskerm

Die tempel in Esegiël se visioen was verhoog en was op “’n baie hoë berg” (1). Het ons rein aanbidding verhoog deur dit eerste in ons lewe te stel?

Die tempel was in die middel van ’n groot gebied (3), en rondom die hele tempelgebied was daar ’n muur (2). Daardie muur herinner ons dat ons nooit moet toelaat dat enigiets ons aanbidding van Jehovah besoedel nie. Dinge wat vir “algemene gebruik is”, dit wil sê dinge wat nie met ons aanbidding te doen het nie, moet ver van rein aanbidding gehou word. En dit is nog belangriker dat ons onrein en onsedelike gedrag heeltemal uit ons lewe moet hou! – Eseg. 42:20.

Seëninge wat ons vir ewig kan geniet

’n Stroompie vloei uit die tempel en word ’n rivier wat die land vrugbaar maak en wat lewe herstel waar dit ook al vloei (4). Hierdie seëninge sal in Hoofstuk 19 van hierdie boek bespreek word.

Dieselfde standaarde vir almal

Die hoë buitenste poorte (5) en binneste poorte (9) herinner ons dat Jehovah hoë standaarde het vir almal wat hom op ’n rein manier wil aanbid. Die buitenste en binneste poorte was ewe groot. En dit is gepas, want Jehovah het dieselfde regverdige standaarde vir al sy aanbidders, maak nie saak wat hulle posisie is of waar hulle dien nie.

’n Maaltyd by Jehovah se tafel

Die eetkamers (8) herinner ons dat die Israeliete ook van die offerandes kon eet wat hulle by die tempel geoffer het, en so kon hulle ’n maaltyd saam met Jehovah geniet. Dit is anders in die geestelike tempel waarin Christene Jehovah vandag aanbid, want die “een offerande” is alreeds geoffer (Heb. 10:12). Maar ons bring nog steeds ons lofoffer. – Heb. 13:15.

’n Waarborg van God af

Al die presiese afmetings in die visioen kan jou dalk oorweldig laat voel. Maar dit leer ons iets belangriks. Dit waarborg dat Jehovah se doel om rein aanbidding te herstel, beslis sal waar word, en soos daardie afmetings kan sy doel nie verander nie. Al sê Esegiël nie dat hy enige mense in sy visioen gesien het nie, het hy Jehovah se streng raad aan die priesters, die hoofmanne en die volk neergeskryf. Al God se aanbidders moet by sy regverdige standaarde bly.

Gaan terug na hoofstuk 14, paragraaf 13, 14

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel