Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lffi les 3
  • Kan jy die Bybel vertrou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy die Bybel vertrou?
  • Geniet die lewe vir ewig! – ’n Inleiding tot ’n Bybelstudie
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • SOEK DIEPER
  • WAT ONS GELEER HET
  • LEER MEER
  • Kan jy die Bybel vertrou?
    Geniet die lewe vir ewig! – ’n Inleiding tot ’n Bybelstudie
  • Die Bybel – ’n Boek wat van God af kom
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Die Bybel—’n Boek wat van God kom
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Hoe kan die Bybel jou help?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
Geniet die lewe vir ewig! – ’n Inleiding tot ’n Bybelstudie
lffi les 3
Les 3. Ou Bybelmanuskripte lê op ’n tafel.

LES 03

Kan jy die Bybel vertrou?

Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe
Gedrukte weergawe

Die Bybel maak baie beloftes en gee baie raad. Dalk is jy nuuskierig oor wat dit leer, maar miskien is jy ook versigtig. Kan jy die beloftes en raad in so ’n ou boek vertrou? Kan die Bybel jou regtig help om die lewe nou te geniet, en kan jy glo wat dit oor die toekoms sê? Miljoene mense dink so. Ons wil graag hê dat jy self moet kyk wat die Bybel sê.

1. Het die dinge in die Bybel regtig gebeur?

Die Bybel sê dat die dinge daarin “akkurate [of korrekte] woorde van waarheid” is (Prediker 12:​10). Dit praat van dinge wat regtig gebeur het met mense wat regtig gelewe het. (Lees Lukas 1:3; 3:​1, 2.) Baie geskiedkundiges en argeoloë het bewys dat die belangrike datums in die Bybel korrek is, dat die mense en plekke regtig bestaan het en dat die dinge wat beskryf word, regtig gebeur het.

2. Hoekom kan ons sê dat die Bybel nie net ’n ou boek is nie?

Die Bybel het op baie maniere gewys dat dit voor sy tyd was. Dit noem byvoorbeeld wetenskaplike onderwerpe. Toe die Bybel geskryf is, het baie mense nie saamgestem met wat dit oor hierdie onderwerpe sê nie. Maar die moderne wetenskap bewys dat die dinge wat die Bybel sê, waar is. Dit is “altyd betroubaar, nou en vir ewig”. – Psalm 111:8.

3. Hoekom kan ons vertrou wat die Bybel oor die toekoms sê?

Daar is profesieëa in die Bybel wat “die dinge wat nog nie gedoen is nie”, voorspel (Jesaja 46:​10). Dit het baie dinge in die geskiedenis korrek voorspel lank voordat dit gebeur het. Dit het ook in detail beskryf hoe toestande vandag in die wêreld sou wees. In hierdie les gaan ons na ’n paar Bybelprofesieë kyk. Dit sal jou verbaas wanneer jy sien hoe elke detail van hierdie profesieë waar geword het!

SOEK DIEPER

Kyk hoe die moderne wetenskap met die Bybel ooreenstem, en ondersoek ’n paar indrukwekkende Bybelprofesieë.

4. Die wetenskap stem ooreen met die Bybel

In die ou tyd het die meeste mense gedink dat die aarde op iets rus. Speel die VIDEO.

VIDEO: Die aarde hang aan niks (1:13)

Kyk wat omtrent 3 500 jaar gelede in die boek Job neergeskryf was. Lees Job 26:​7, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoekom is die woorde “die aarde hang aan niks” verbasend?

Mense het eers in die 1800’s die aarde se waterkringloop heeltemal verstaan. Maar kyk wat die Bybel duisende jare gelede gesê het. Lees Job 36:​27, 28, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat beïndruk jou oor hierdie eenvoudige beskrywing van die waterkringloop?

  • Help die teks wat jy nou net gelees het jou om die Bybel meer te vertrou?

Die Bybel beskryf die aarde se waterkringloop. Pyltjies wys kloksgewys hoe water tussen die aarde en die atmosfeer beweeg.

5. Die Bybel het belangrike gebeure voorspel

Lees Jesaja 44:​27–45:​2, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Watter details het die Bybel voorspel 200 jaar voordat Babilon oorgeneem is?

Speel die VIDEO.

VIDEO: Die Bybel het die vernietiging van Babilon voorspel (0:58)

Die geskiedenis wys dat koning Kores van Persië en sy soldate die stad Babilon in 539 VHJb oorgeneem het. Hulle het die rivier wat die stad beskerm het, weggelei. Die stad se deure is oopgelos, en toe kon hulle in die stad ingaan en dit sonder ’n geveg oorneem. Vandag, meer as 2 500 jaar later, is Babilon ’n hoop klippe. Kom ons kyk wat die Bybel voorspel het.

Lees Jesaja 13:​19, 20, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Hoe wys die dinge wat met Babilon gebeur het, dat hierdie profesie waar geword het?

Babilon se kliphope in die land wat vandag Irak genoem word

Collage: Toestande wat die Bybel oor ‘die laaste dae’ voorspel het. 1. Geboue wat brand. 2. ’n Soldaat skiet met ’n masjiengeweer. 3. Mense veg teen die polisie. 4. Twee mans beroof ’n man in ’n winkel. 5. ’n Oorlogstenk vernietig ’n stad. 6. Honger mense dra maskers en wag om kos te kry. 7. ’n Baie lang kraak in die grond. 8. ’n Huis val inmekaar ná ’n aardbewing.

6. Die Bybel het dinge voorspel wat ons vandag sien gebeur

Die Bybel noem die tyd waarin ons lewe “die laaste dae” (2 Timoteus 3:1). Kyk wat die Bybel oor hierdie tyd voorspel het.

Lees Matteus 24:​6, 7, en bespreek dan hierdie vraag:

  • Wat sê die Bybel sou in die laaste dae gebeur?

Lees 2 Timoteus 3:​1-5, en bespreek dan hierdie vrae:

  • Wat sê die Bybel oor hoe mense in die laaste dae sou wees?

  • Watter van die dinge wat in die teks genoem word, het jy al gesien?

PARTY MENSE SÊ: “Die Bybel is net ’n boek vol ou stories.”

  • Wat oortuig jou dat ons die Bybel kan vertrou?

WAT ONS GELEER HET

Die geskiedenis, die wetenskap en profesieë wys dat jy die Bybel kan vertrou.

Hersiening

  • Het die dinge in die Bybel regtig gebeur?

  • Kan jy ’n paar voorbeelde noem van hoe die wetenskap met die Bybel ooreenstem?

  • Dink jy dat die Bybel die toekoms voorspel? Hoekom, of hoekom nie?

Doelwit

LEER MEER

Is daar wetenskaplike foute in die Bybel?

“Stem die wetenskap met die Bybel ooreen?” (Web-artikel)

Wat is die feite oor “die laaste dae”?

“6 Bybelprofesieë waarvan jy die vervulling sien” (Die Wagtoring, 1 Mei 2011)

Vind uit hoe Bybelprofesieë oor die Griekse Ryk waar geword het.

Versterk deur “die profetiese woord” (5:​22)

Kyk hoe Bybelprofesieë ’n man gehelp het om anders te voel oor die Bybel.

“Ek het nie geglo dat God bestaan nie” (Die Wagtoring, nr. 5 2017)

a Profesieë is boodskappe van God wat sê wat in die toekoms gaan gebeur.

b VHJ beteken “voor die huidige jaartelling”, en HJ beteken “huidige jaartelling”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel