Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lmd les 10
  • Vasbeslotenheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vasbeslotenheid
  • Wees lief vir mense – Maak dissipels
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat Jesus gedoen het
  • Wat leer ons by Jesus?
  • Volg Jesus na
  • Leer ’n les by Nikodemus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2002
  • Hy leer Nikodemus in die nag
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Help Bybelstudente om ’n standpunt vir die waarheid in te neem
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2025
  • Hy onderrig Nikodemus
    Die grootste mens wat nog geleef het
Sien nog
Wees lief vir mense – Maak dissipels
lmd les 10

MAAK DISSIPELS

Jesus en Nikodemus praat in die aand in ’n voorhof.

Joh. 3:​1, 2

LES 10

Vasbeslotenheid

Beginsel: “Ons [wou] nie net die goeie nuus van God aan julle . . . gee nie, maar ook ons lewe, want ons het so lief geword vir julle.” – 1 Tess. 2:8.

Wat Jesus gedoen het

Jesus en Nikodemus praat in die aand in ’n voorhof.

VIDEO: Jesus leer Nikodemus

1. Kyk na die VIDEO, of lees Johannes 3:​1, 2. Beantwoord dan die volgende vrae:

  1. Hoekom dink jy het Nikodemus Jesus in die aand besoek? – Sien Johannes 12:​42, 43.

  2. Hoe het die feit dat Jesus in die aand met Nikodemus gepraat het, gewys dat hy vasbeslote was om dissipels te maak?

Wat leer ons by Jesus?

2. Ons wys dat ons lief is vir mense deur vasbeslote te wees om hulle te help om dissipels te word.

Volg Jesus na

3. Studeer op ’n tyd en plek wat jou Bybelstudent pas. Hy verkies dalk ’n spesifieke dag van die week of tyd van die dag. Sal hy gemakliker wees daarmee om by sy werk te studeer, by sy huis of op ’n openbare plek? Pas jou rooster so ver as moontlik aan by dit wat vir hom werk.

4. Studeer gereeld. Moenie die studie kanselleer as jy weg sal wees nie. Kyk eerder:

  1. Kan jy die studie op ’n ander tyd daardie week hou?

  2. Kan jy die studie oor die foon of deur middel van videoverbinding hou?

  3. Kan jy ’n ander verkondiger vra om die studie te hou?

5. Bid vir die regte gesindheid. Vra Jehovah om jou te help om vasbeslote te bly om jou student te help, al is dit vir hom moeilik om gereeld te studeer of om raad uit die Bybel toe te pas (Fil. 2:13). Jou student het heel moontlik baie goeie eienskappe; bid vir hulp om daarop te fokus.

SIEN OOK

Spr. 3:27; Hand. 20:35; 2 Kor. 12:15

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel