Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 1/15 bl. 32
  • God se Woord is kragtig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se Woord is kragtig
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • “Elke teks wat sy gelees het, het my hart geraak”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Bybelwaarheid “is kragtig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • “Die woord van God . . . oefen krag uit”
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • “Die woord van God . . . oefen krag uit”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 1/15 bl. 32

God se Woord is kragtig

Die apostel Paulus het geskryf: “Die woord van God is lewend en kragtig” (Hebr. 4:12). ’n Onlangse ondervinding uit Spanje staaf daardie stelling.

Terwyl hy op straat getuig het, het ’n Christen- ouere man ’n jong man genader wat gesê het dat hy ’n Boeddhis is. Hoewel hy verkies het om mense waar te neem in plaas daarvan om te lees, het die man ’n ouer nommer van Die Wagtoring aanvaar. Hy is ook genooi om ’n vergadering by die plaaslike Koninkryksaal van Jehovah se Getuies by te woon.

’n Paar dae later het die jong man by die saal opgedaag. Nadat hy aan ’n paar persone voorgestel is, is hy genooi om te sit. Maar hy het die uitnodiging van die hand gewys en twee uur lank roerloos gestaan. Tydens ’n gesprek daarna het hy gesê dat lees hom nie aanstaan nie en dat hy verkies om te luister en waar te neem.

Eenkeer het die ouere man egter vir die jong man gevra of hy al ooit die Bybel deurgelees het. Hy het nie, en is aangespoor om dit te doen, nadat die Getuie gemeld het dat die Bybel ’n Oosterse boek is. Hierdie Boeddhis het die hele Bybel in net ’n paar dae deurgelees. Sedertdien het Jehovah hom gehelp om geestelik te groei. Vandag is hy ’n gedoopte Christen. God se Woord is waarlik kragtig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel