Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 2/1 bl. 11
  • Het Moses sy woord verbreek?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Het Moses sy woord verbreek?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Moses en Aäron by Farao
    My boek met Bybelverhale
  • Leer ken Jehovah se weë
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Bybelboek nommer 2—Exodus
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Wie is Jehovah?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 2/1 bl. 11

Het Moses sy woord verbreek?

AAN die einde van die negende plaag—drie dae van algehele duisternis—het Farao Moses gedreig: “Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe” (Ex. 10:28). Volgens Exodus 10:29 het Moses geantwoord: “U het reg gepraat. Ek sal u aangesig nie weer [probeer] sien nie.”—Vgl. NW.

Ons lees egter in die volgende hoofstuk van Exodus, verse 4 tot 8, dat Moses die 10de plaag vir Farao aangekondig het. Het Moses sy woord verbreek? Nee, dit is skynbaar nie die geval nie. Exodus 11:1-3 moet klaarblyklik as ’n parentetiese verklaring beskou word. Nadat Moses gesê het: “Ek sal u aangesig nie weer [probeer] sien nie”, het hy nie opgehou praat nie, maar sy verklaring opgevolg met die aankondiging van die 10de plaag. Toe het Moses, volgens die verslag, “van Farao af weggegaan in gloeiende toorn”.—Ex. 11:8.

Slegs deur te weet dat die 10de plaag die laaste een sou wees, kon Moses vir Farao gesê het dat hy nie weer sou probeer om sy aangesig te sien nie. Andersins sou dit vermetel van hom gewees het om in te stem tot iets wat dalk nie in harmonie met Jehovah se wil was nie. Die woorde in Exodus 11:1-3 openbaar dat Moses geweet het dat die 10de plaag die laaste een sou wees, en hierdie woorde verstrek ook informasie oor wat die Israeliete moes doen nadat daardie plaag die Egiptenaars getref het.—Vergelyk Exodus 11:2, 3 met Exodus 12:35, 36.

Soos sake verloop het, was Farao verplig om Moses en Aäron te ontbied. Farao, wat deur die 10de plaag verneder is, het vir hulle gesê: “Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die HERE soos julle gespreek het. Neem ook julle kleinvee en julle beeste saam soos julle gespreek het, en gaan weg en seën my ook” (Ex. 12:31, 32). Wat ’n teenstelling! Die Farao wat Moses met die dood gedreig het, pleit nou om ’n seën. Hy wou nie hê dat Moses en die ander Israeliete Egipte moes verlaat terwyl hulle hom steeds vervloek en gewens het dat verdere onheil hom tref nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel