Onthou jy?
Het jy onlangse nommers van Die Wagtoring aandagtig gelees? Dan sal jy ongetwyfeld hierdie gedagtes onthou:
• Hoe moet ons die apostel Paulus se woorde in Handelinge 20:18-21 verstaan?
Van “die eerste dag” af dat Paulus in Asië aangekom het, het hy ‘kragtig getuig’. Hy het dit “in die openbaar en van huis tot huis” gedoen en na geestelikgesinde persone gesoek, wat hy dan op ’n gereelde grondslag geleer het en by wie hy later herdersbesoeke afgelê het, soos dit nodig was. Al hierdie dinge bied ’n goeie patroon vir die werk wat Jehovah se Getuies vandag doen.—1/10/79 ble. 15-17.
• Hoekom het Jeremia na Jehovah verwys as die “Koning van die nasies”?—Jer. 10:7.
Jehovah is die oortreffende Koning, die Opperwese, die Een wat oor alle ander konings heers. Die Allerhoogste het sy voortreflike koningskap getoon deur op te tree teen die heersers van die nasies, soos toe hy die Israeliete die oorwinning oor konings Sihon en Og besorg het.—1/11/79 bl. 13.
• Waarom het Jeremia gesê: “U het my mislei, o Jehovah”?—Jer. 20:7, NW.
Jeremia is op ’n voordelige wyse mislei. God se Woord het vir Jeremia oorredingskrag gehad. Jehovah was sterker as Jeremia se swakheid, en dit het die profeet in staat gestel om tot die einde toe in goddelike diens te volhard.—15/11/79 bl. 21.
• Vanaf watter boom kom die “goeie” en “slegte” vye wat in Jeremia 24:1, 2 gemeld word, en wat beeld hulle af?
Die simboliese vye kom van die nasie Israel af. Die “goeie vye” het die berouvolle oorblyfsel van die nasie afgebeeld, terwyl die “slegte vye” die ontroues afgebeeld het. In die hedendaagse vervulling is dit ware Christene in teenstelling met die onberouvolle Christendom.—1/12/79 ble. 8, 9.
• Waarom is die waarheid oor Christus se duisendjarige ryk verdraai?
Gedurende die eerste eeu het die apostels ’n teëhoudende invloed uitgeoefen wat gehelp het om die Christelike leer suiwer te hou. Maar kort nadat hulle gesterf het, het ’n afval van die ware geloof plaasgevind. Dit het mettertyd aanleiding gegee tot die ontstaan van ’n menigte teenstrydige, sektariese beskouings.—1/1/80 ble. 5, 6.