Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 4/15 bl. 11-13
  • Die goddelike naam in latere tye

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die goddelike naam in latere tye
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • DIE NAAM “JEHOVAH” RAAK ALOM BEKEND
  • DIE VERTALERS SE ANTWOORD
  • GODSDIENSVOOROORDEEL?
  • DUBBELE MAATSTAF
  • ANDER VERTALINGS
  • WAT BETEKEN HIERDIE UNIEKE NAAM?
  • Jehovah
    Redenering uit die Skrif
  • A4 God se naam in die Hebreeuse Geskrifte
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • God se naam in die ou tyd
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Wie is Jehovah?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 4/15 bl. 11-13

Die goddelike naam in latere tye

DIT ly geen twyfel dat die goddelike naam in die ou tyd gebruik is nie. Maar wat van latere tye? Waarom het sekere Bybelvertalers die naam weggelaat? En wat is die betekenis daarvan vir ons?

DIE NAAM “JEHOVAH” RAAK ALOM BEKEND

Dit is interessant dat Raymundus Martini, ’n Spaanse monnik van die Dominikaanse orde, die eerste was om die goddelike naam as “Jehova” weer te gee. Hierdie vorm het verskyn in sy boek Pugeo Fidei, wat in 1270 G.J. gepubliseer is—meer as 700 jaar gelede.

Namate hervormingsbewegings binne sowel as buite die Katolieke Kerk ontstaan het, is die Bybel mettertyd aan die mense oor die algemeen beskikbaar gestel en het die naam “Jehovah” bekender geword. In 1611 G.J. is die King James of Authorized Version van die Bybel gepubliseer. Dit gebruik die naam Jehovah vier keer (Ex. 6:3; Ps. 83:18; Jes. 12:2; 26:4). Sedertdien is die Bybel talle, talle kere vertaal. Party vertalers volg die voorbeeld van die Authorized Version en sluit die goddelike naam net ’n paar keer in.

In hierdie groep is daar An American Translation (deur Smith en Goodspeed) met ’n geringe afwyking daar dit “Yahweh” in plaas van “Jehovah” gebruik. ’n Mens kan egter vra: “Waarom het die vertalers dit gedoen? Waarom gebruik hulle dan wel die name ‘Jehovah’ of ‘Yahweh’ indien dit verkeerd is? En indien dit nie verkeerd is nie, waarom is hulle dan nie konsekwent en gebruik hulle dit elke keer wanneer dit in die Bybelteks voorkom nie?”

Kom ons ondersoek nou wat die vertalers in antwoord hierop sê teen die agtergrond van die voorafgaande geskiedkundige en feitlike materiaal.

DIE VERTALERS SE ANTWOORD

Die Voorwoord tot An American Translation sê: “In hierdie vertaling het ons die ortodokse Joodse tradisie gevolg en die naam ‘Yahweh’ deur ‘die Here’ vervang.” Maar het die vertalers, toe hulle “die ortodokse Joodse tradisie” gevolg het, besef hoe skadelik dit kan wees om God se duidelike voorneme dat sy ‘naam op die hele aarde verkondig moet word’ te verontagsaam? Daarbenewens het Jesus mensgemaakte tradisies wat God se woord kragteloos maak, veroordeel.—Ex. 9:16; Mark. 7:5-9.

Die Voorwoord tot die Revised Standard Version sê: “Die huidige hersiening keer terug na die prosedure van die King James Version, wat . . . die ou gebruik wanneer die Hebreeuse skrifte in die sinagoge gelees is, volg. . . . Die Komitee het om twee redes na die bekender gebruik van die King James Version teruggekeer: (1) Die woord ‘Jehovah’ gee nie enige vorm van die Naam wat ooit in Hebreeus gebruik is juis weer nie; en (2) die gebruik van enige eienaam vir die een en enige God, asof daar ander gode is waarvan hy onderskei moet word, is voor die Christelike eeu in Judaïsme gestaak en is heeltemal onvanpas vir die universele geloof van die Christelike Kerk.” (Ons kursiveer.)

Die vertalers het ’n groot fout begaan deur die voorbeeld van die King James Version en Joodse tradisie te volg. Het hulle werklik gemeen dat dit God se wil is dat sy naam op die agtergrond gehou moet word? Is die goddelike naam iets waarvoor ’n mens skaam moet wees sodat dit uit die Bybel weggelaat moet word?

GODSDIENSVOOROORDEEL?

’n Interessante feit is dat die American Standard Version, wat in 1901 uitgegee is, Jehovah se naam dwarsdeur die Hebreeuse Skrifte gebruik. In teenstelling hiermee verwys die Revised Standard Version, wat in 1952 uitgegee is, slegs kortliks na die Tetragrammaton in ’n voetnoot (by Exodus 3:15). Gedurende daardie tydperk het Jehovah se Getuies God se naam wêreldwyd verkondig. Is dit moontlik dat die weglating van die goddelike naam uit sekere vertalings die gevolg is van vooroordeel teen hulle getuieniswerk?

Dat dit in party gevalle so kan wees, word getoon deur die volgende verklaring in die Katholische Bildepost (’n Katolieke tydskrif van Duitsland): “Maar die naam van God wat hulle [Jehovah se Getuies] na ‘Jehovah’ verander het, is bloot ’n versinsel van die sekte” (24 Augustus 1969). Hierdie verklaring sweem na godsdiensvooroordeel. Dit getuig ook van swak navorsing, aangesien die eerste skrywer wat die uitdrukking “Jehova” gebruik het, soos reeds gemeld is, ’n Katolieke monnik was—sekerlik nie een van Jehovah se Getuies nie!

DUBBELE MAATSTAF

“Die woord ‘Jehovah’ gee nie enige vorm van die Naam wat ooit in Hebreeus gebruik is juis weer nie”, sê die Voorwoord tot die Revised Standard Version. Maar deur watter woord word die goddelike naam in Hebreeus ‘juis weergegee’? Party verkies “Yahweh”, ander “Yehwah”, ander “Jave”, ensovoorts. Die probleem is dat toe antieke Hebreeus geskryf is, slegs konsonante gebruik is, en selfs deskundiges erken dat niemand met sekerheid kan sê watter vokale in die volledige goddelike naam gebruik is nie.

’n Mens kan ook vir diegene wat teen die vorm “Jehovah” beswaar maak, vra waarom hulle nie beswaar maak teen name soos “Jesus” of “Petrus” nie. Waarom dring hierdie kritici nie daarop aan om die oorspronklike Griekse vorms van daardie name (Iesoús en Petros) te gebruik nie? Maak hierdie indiwidue hulle nie skuldig aan ’n dubbele maatstaf wanneer hulle “Jehovah” verwerp nie?

ANDER VERTALINGS

Baie vertalings gebruik natuurlik wel “Jehovah” of “Yahweh” of ’n ander voorstelling van die Tetragrammaton. Daarbenewens is daar ongeveer 40 vertalings van die Christelike Griekse Skrifte (“Nuwe Testament”) in volkstale wat ’n vorm van die Tetragrammaton in daardie taal gebruik, soos Iehova (Hawaiïes) en uJehova (Zulu).

The Bible in Living English (deur Steven T. Byington) gebruik ook “Jehovah” dwarsdeur die Hebreeuse teks. In sy Voorwoord sê Byington aangaande “Jehovah”: “Die spelling en die uitspraak is nie van die grootste belang nie. Wat wel van die grootste belang is, is om duidelik te toon dat dit ’n eienaam is.” Ja, die naam van die mees verhewe Persoon in die heelal is uniek, eksklusief, weergaloos, verhewe.

WAT BETEKEN HIERDIE UNIEKE NAAM?

Om hierdie vraag te beantwoord, is dit gepas om in die geskiedenis terug te gaan. Toe die Allerhoogste die taak aan Moses opgedra het om die Israeliete uit Egipte uit te lei. “het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam?—wat moet ek hulle antwoord? En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS [EK SAL BLYK TE WEES WAT EK SAL BLYK TE WEES, NW]. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur” (Ex. 3:13, 14). Dit beteken dat Jehovah sy eie wonderlike voorneme gaan volbring deur sy naam en soewereiniteit te regverdig, en dit help ons om die gedenknaam “Jehovah”, wat in vers 15 (NW) gegee word, te verstaan. Volgens die Hebreeuse wortel van die naam blyk dit te beteken “Hy laat word” (of, “Blyk te wees”) met verwysing na homself. God se naam het dus ware betekenis vir denkende persone. Daardie naam openbaar dat hy Een is wat sonder uitsondering vervul wat hy beloof en wat in volle beheer is van enige situasie wat kan ontstaan.

Wat ’n diepe, heilige betekenis het die goddelike naam tog! Dit is die voortreflikste naam in die heelal, ’n roemryke naam. “Here” is flou en niksseggend in vergelyking daarmee. Jesus het sy Vader se naam liefgehad en gerespekteer en eenkeer vir hom gesê: “Vader, verheerlik u Naam!” Die verslag sê voorts: “Daar het toe ’n stem uit die hemel gekom: Ek hét dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”—Joh. 12:28.

Sou Jesus, indien hy vandag ’n Bybelvertaler was, sy Vader se naam uit nuwe vertalings weggelaat het? Nouliks! Jesus, van alle persone, het ongetwyfeld die regte gesindheid teenoor die almagtige God en Sy naam gehad. Wat moet dus ons gesindheid teenoor God en sy naam wees?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel