Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 5/15 bl. 12
  • Selfs voëls ‘ken hul bepaalde tye’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Selfs voëls ‘ken hul bepaalde tye’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Hou die voëls noukeurig dop’
    Ontwaak!—2014
  • Die raaisels van migrasie word ondersoek
    Ontwaak!—1995
  • Wanneer voëls in geboue vasvlieg
    Ontwaak!—2009
  • Lesse wat ons leer by die voëls van die hemel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 5/15 bl. 12

Selfs voëls ‘ken hul bepaalde tye’

’N BETREURENSWAARDIGE toedrag van sake het in Jeremia se tyd onder die Israeliete bestaan. Hulle optrede het sleg vergelyk met dié van trekvoëls. Ons lees: “Selfs ’n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en ’n tortelduif en ’n swaweltjie en ’n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die HERE nie.”—Jer. 8:7.

Hoewel trekvoëls soos die sprinkaanvoël, tortelduif, swaweltjie en kraanvoël die tyd van hulle koms en vertrek waarneem, het die Israeliete geen agting vir die oordeel van Jehovah getoon nie. In die geval van trekvoëls is hulle koms en vertrek noodsaaklik vir lewe. Israel se welsyn en voorspoed het eweneens afgehang van onderworpenheid aan Jehovah se oordeel. Maar die Israeliete het hulle nie daaraan onderwerp nie en dus nie eens die goeie oordeel getoon wat kenmerkend is van redelose voëls wat die tyd van hulle trekvlugte waarneem nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel