Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 5/15 bl. 26-27
  • ’n Ondankbare koning

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Ondankbare koning
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • JOAS HEERS GOED ONDER JOJADA SE LEIDING
  • HY WORD ONDANKBAAR
  • Joas het Jehovah weens slegte assosiasie verlaat
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Jojada is dapper
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Hoekom moet ons Jehovah vrees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Jehovah beloon moedige dade
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 5/15 bl. 26-27

’n Ondankbare koning

JOAS was ’n hulpelose baba toe sy grootmoeder Atalia haarself op die troon van die koninkryk van Juda geplaas het. Sy het hom nie liefgehad nie. Hierdie ambisieuse vrou wou al haar kleinseuns dood hê, aangesien hulle tussen haar en die troon gestaan het. As dit nie vir die vinnige optrede van Josabat, die vrou van hoëpriester Jojada, was nie, sou Joas saam met die res van die manlike koninklike afstammelinge vermoor gewees het.

Josabat het die baba gesteel onder die seuns uit wat gedood moes word. Ses jaar lank het sy en haar man Joas binne die grense van die tempel versteek gehou. Hierdie hele tyd het Atalia as koningin geregeer. Maar in die sewende jaar het Jojada hierdie regmatige troonopvolger as koning gesalf en die indringer Atalia laat doodmaak. Joas het voorwaar rede gehad om sy tante en oom diep dankbaar te wees. Hulle het sy lewe gered en die weg gebaan sodat hy koninklike gesag kon aanneem.—2 Kron. 22:10-12; 23:11-15.

JOAS HEERS GOED ONDER JOJADA SE LEIDING

Onder die leiding van Jojada was die jong koning voorspoedig. Een van die besondere projekte wat tydens sy bewind aangepak is, was die opknapping van Jehovah se tempel. Teen daardie tyd was die gebou meer as 150 jaar oud en is dit ernstig verwaarloos tydens die bewind van Atalia se man Joram en haar seun Ahasia, asook haar eie bewind. Haar goddeloosheid het haar seuns klaarblyklik tot so ’n mate beïnvloed dat hulle selfs by die tempel ingebreek het, ongetwyfeld om dit te plunder.—2 Kron. 24:7.

Weens die toestand van die tempel was baie geld nodig om die herstelwerk te doen. Aanvanklik is pogings om geld in te samel nie juis met veel welslae bekroon nie. Die Leviete aan wie die verantwoordelikheid toevertrou is, het nie heelhartig gereageer nie. Maar toe ’n verandering aangebring is in die reëling om geld te kollekteer en daaroor toesig te hou, het die mense saamgewerk en die werk het vooruitgegaan.—2 Kon. 12:4-6; 2 Kron. 24:5, 6, 8-14.

HY WORD ONDANKBAAR

Na die dood van Jojada het Joas nie ’n getroue kneg van Jehovah God gebly nie. Hy het toegelaat dat afgodsaanbiddende vorste hom beïnvloed. Gevolglik is die Baälaanbidding wat deur Jojada verbied is, hervat. Jehovah het voortdurend profete gestuur om die volk tot besinning te probeer bring en hulle aan te spoor om hulle te bekeer. Maar nòg die koning nòg sy vorste het hulle daaraan gesteur.—2 Kron. 24:17-19.

Sagaria, die seun van Jojada, is deur God geïnspireer om te verkondig: “Waarom oortree julle die gebooie van die HERE en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die HERE verlaat het, het Hy julle verlaat.”—2 Kron. 24:20.

Het Joas met waardering op die woord van Jehovah deur sy neef gereageer? Inteendeel, hy het nie eens die goedheid onthou wat sy neef se vader Jojada aan hom bewys het nie. Joas het beveel dat Sagaria in die tempelvoorhof gestenig moes word. Toe hy besig was om te sterf, het Sagaria uitgeroep: “Mag die HERE dit sien en rekenskap vorder!”—2 Kron. 24:21, 22.

Eeue later het Jesus Christus klaarblyklik na hierdie voorval verwys toe hy gesê het: “Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg, sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af, van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaria wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God.”—Luk. 11:49-51.

Joas het sy verdiende loon ontvang, net soos dit later die geval was met die ontroue geslag Jode in die eerste eeu G.J. Jehovah God het sy seën en beskerming aan hierdie ondankbare koning onttrek. ’n Klein Aramese strydmag onder aanvoering van Hasael het Juda binnegeval en Joas gedwing om skatte uit die heiligdom oor te gee. Toe die Aramese leër terugtrek, was die koning ’n siek en gebroke man. Eindelik het twee van sy knegte hom vermoor.—2 Kon. 12:17-21; 2 Kron. 24:23-27.

Hoe anders kon die lewe tog vir Joas gewees het indien hy ’n dankbare kneg van Jehovah gebly het en steeds goddelike guns en beskerming geniet het! Die lewe kan ook vir ons anders wees, mits ons waardering behou vir God se regverdige vereistes. ’n Gees van ondankbaarheid kan slegs ondergang meebring, soos in die geval van Joas. Mag ons ons dus daarop toelê om groot waardering vir goddelike voorligting te behou.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel