Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 12/1 bl. 11
  • Van tweedrag tot vrede in die gesin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van tweedrag tot vrede in die gesin
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Vind baat by die beste opvoeding wat daar is!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • ’n Voorreg wat die jonges kan geniet
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Hoe om die trauma van ’n terreuraanval die hoof te bied
    Ontwaak!—2004
  • Jy kan deur hierdie versperrings breek!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 12/1 bl. 11

Van tweedrag tot vrede in die gesin

MANUEL, sy vrou en hulle jong seun en dogter woon in Spanje. Hulle is vandag ’n gelukkige gesin. Maar dit was nie altyd die geval nie.

Toe hulle getrou het, het Manuel en sy bruid mekaar nie goed geken nie. Eerlank het hulle begin stry en baklei. Manuel was jaloers en ’n strawwe drinker. Hy het dikwels dronk en in ’n strydlustige bui tuis gekom. Mettertyd het dinge so versleg dat hulle elke drie of vier dae handgemeen geraak het! Na ’n paar jaar het Manuel ’n verhouding met ’n ander vrou aangeknoop. Sy vrou was so wanhopig dat sy daaraan gedink het om selfmoord te pleeg of hom te vergiftig.

Toe het ’n nuwe invloed hulle huis binnegekom. Manuel se vrou het begin om die Bybel saam met Jehovah se Getuies te bestudeer, maar hy wou niks daarmee te doen hê nie. ’n Paar maande later was hy egter in ’n nabygeleë vertrek terwyl die studie met sy vrou gehou is, en het hy hierdie woorde gehoor: “Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig” (Luk. 16:10). Dit het hom getref. Hy het kos by sy werk gesteel, want sy kerk het hom laat verstaan dat die armes by die rykes kon steel. Eerlank het hy ook die Bybel bestudeer.

In drie maande het Manuel opgehou om straf te drink en te rook en het hy sy onsedelike verhouding beëindig. Toe het die gewone gesinsgevegte ook opgehou. Hy is veral getref deur die Bybel se raad dat ’n man ‘sy vrou soos sy eie liggaam moet liefhê’ (Ef. 5:25, 28). Geleidelik het Manuel ’n baie beter eggenoot geword.

Hierdie verandering van tweedrag na vrede en geluk in die gesin was so groot dat dit ook Manuel se vader beïnvloed het. Hy is ook beweeg om die Bybel te bestudeer en dit in sy lewe toe te pas. Manuel, sy vrou en sy vader is vandag toegewyde getuies van Jehovah God.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel