Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 1/1 bl. 3
  • Jy was veronderstel om in die Paradys te lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy was veronderstel om in die Paradys te lewe
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Waar is die Bybelse Paradys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • “Sien julle in die Paradys!”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Beloof die Bybel ’n aardse paradys?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Paradys op aarde—’n Droom of ’n werklikheid?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 1/1 bl. 3

Jy was veronderstel om in die Paradys te lewe

Ons liefdevolle Skepper wil hê dat jy in ’n paradys van genot moet lewe. Hy het so ’n tuiste vir ons eerste ouers geskep. Die Bybel sê: “Ook het die HERE God ’n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ’n plek gegee. En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet.”—Genesis 2:8, 9, 15.

Daardie oorspronklike tuiste was waarlik ’n paradys, want die woord “paradys” beteken “tuin”. Dit was ’n “Paradys van genot”, ’n ander naam vir “tuin van Eden”. Hoe stel jy jou so ’n tuiste voor? Sien jy in jou geestesoog veelkleurige blomme, struike, vrugtebome, pragtige landskappe, fonteine en stil, helder poele? Stel jy jou ook geil, groen weivelde voor wat omring is deur hoë bome, en vars lug gevul met die geur van digte woude en voëlsgesang?

“Dit en nog veel meer”, antwoord jy dalk. “Daar sal ook vrede en veiligheid wees.” En dit het in die tuin van Eden bestaan! Selfs die diere het in vrede met mekaar en met ons eerste ouers gelewe. “Aan . . . al die kruipende diere op die aarde, waarin ’n lewende siel is, gee Ek al die groen plante as voedsel”, het God gesê. “En die HERE God het . . . die diere . . . na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. . . . So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan al die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld.”—Genesis 1:30; 2:19, 20.

Watter aangename tuiste tog! En omdat die mens en die diere in vrede met mekaar en met hulle hemelse Skepper gelewe het, was dit volmaak. Jy sal dit sekerlik baie geniet om in so ’n paradys van genot te lewe!

Waar was daardie oorspronklike paradys? Die Bybel sê dat dit op aarde was en verstrek selfs die name van vier van die riviere daarvan, onder meer die Eufraat wat vandag nog bestaan. Maar een godsdiensensiklopedie praat van ’n onlangse gedagte “dat die oorspronklike Eden in die hemel was”. So ’n beskouing bots nie alleen met die Bybelverhaal nie, maar ook met Jesus Christus se verklaring dat die eerste man en vrou in Eden “een vlees” geword het.—Mattheüs 19:4-6; Genesis 2:21-24; 1 Korinthiërs 15:50.

Hoewel God mense geskape het om in ’n aardse paradys te lewe, glo die meeste kerklidmate vandag dat die enigste paradys waarin ’n mens kan lewe in die hemel is. Dit is egter interessant dat ’n Bybelensiklopedie die volgende hieromtrent sê: “Die mens dink gewoonlik dat die vreugdes van die hemel dieselfde is as, of ten minste ooreenkom met, die genietinge van hierdie wêreld; en elkeen hoop om dit wat vir hom die dierbaarste op aarde is gewis anderkant die graf te verkry en dit dan ten volle te geniet.”

Mense dink aan die Paradys in fisiese terme omdat God die mens geskep het om op die aarde te lewe en aardse dinge te geniet (Psalm 115:16). Dit gee aanleiding tot vrae. Waar sal die Paradys wees waarvan Jesus gepraat het toe hy vir die kwaaddoener wat langs hom gesterf het, beloof het: “Jy sal saam met my in die Paradys wees”?—Lukas 23:43, NW.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel