Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 2/15 bl. 3-4
  • Watter naam gebruik jy vir God?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Watter naam gebruik jy vir God?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Het God werklik ’n naam?
  • Die allergrootste naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • God se naam
    Ontwaak!—2017
  • Moet die naam gebruik word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Wat is God se naam?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2019
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 2/15 bl. 3-4

Watter naam gebruik jy vir God?

Weet jy watter naam die Bybel meer as enige ander naam gebruik? Sou jy sê Dawid? Abraham? of Jesus?

Indien jy enige van daardie name sou sê, sal jy hierdie reeks baie interessant vind, want die allerbelangrikste naam in die Bybel word meer as al daardie name tesame gebruik.

’N GODSDIENSPUBLIKASIE het daarop gewys dat wanneer jy sê dat jy iemand liefhet, jy daardie persoon op die naam noem. Jy sal nie sê: “Man, ek het jou lief” of “Vrou, ek het jou lief” nie. Jy sal eerder sê: “Jan, ek het jou lief” of “Marie, ek het jou lief.” Toe het dit gevra: “Watter naam kan jy aan God gee om hom persoonliker en intiemer te maak?”

Daarna het dit ’n volle bladsy gebruik om hierdie vraag te beantwoord, maar nie een keer die naam gebruik wat God homself noem nie. Dit het afgesluit: “Die naam wat jy kies om intiem met God te kommunikeer, sal van jou afhang.” Maar sal dit nie beter wees om die naam te gebruik wat God vir homself gekies het en wat duisende kere in die Bybel voorkom nie?

Het God werklik ’n naam?

Ja, hy het. In die Hebreeus en Grieks waarin die Bybel oorspronklik geskryf is, het die woord “god” nie altyd betrekking op die ware God nie. Dit kan, net soos in Afrikaans die geval is, vir valse gode en afgode gebruik word. Hoe kan die ware God en Skepper dan onderskei word van mensgemaakte gode? Deur ’n persoonlike naam te gebruik. Maar baie mense ken nie God se naam nie, en nog minder gebruik dit vandag.

Trouens, jy het moontlik nog nooit God se naam in jou Bybel gesien nie. Waarom nie? Omdat die manne wat jou eksemplaar van die Bybel in Afrikaans vertaal het, dit verander het. Hulle het nie saamgestem met die Bybelskrywers wat deur God geïnspireer is om hierdie naam duisende kere in die Hebreeuse Skrifte te gebruik nie.

Die Authorized Version, wat al lank deur Engelssprekende lesers gebruik word, bevat God se naam nie die feitlik 7 000 keer waar dit in Hebreeus voorkom nie, maar slegs vier keer—in Exodus 6:3; Psalm 83:18 en Jesaja 12:2; 26:4. Daar is ander vertalings, soos die Afrikaanse Bybel, wat glad nie God se naam gebruik nie. Hulle het God se naam uit sy eie boek gehaal!

Omdat hierdie NAAM klaarblyklik belangriker is as die woorde waardeur vertalers dit vervang het, druk sommige vertalings die woorde waardeur die naam vervang is in hoofletters om vir ingeligte lesers te toon waar God se naam in die oorspronklike teks voorkom. ’n Gesaghebbende ensiklopedie verduidelik: “Daar moet onthou word dat die Hebreeuse naam Jehovah oor die algemeen ln die Engelse vertaling weergegee word deur Here (soms God), en in klein hoofletters gedruk word.” Wanneer jy dus die woord “Here” so gedruk sien, se die vertaler vir jou dat God se naam, JEHOVAH, in die oorspronklike taal gebruik is.—McClintock en Strong se Cyclopedia, 1981, Deel IV, bladsy 811.

Of jy nou hierdie naam in jou Bybel gesien het of nie, dit was in die oorspronklike Hebreeuse teks. Duitse geleerdes Keil en Delitzsch wys daarop dat die uitdrukking “Jehovah Elohim” (Jehovah God) 20 keer in minder as 50 verse van Genesis hoofstukke 2 en 3 voorkom. Hulle sê dat “dit met besondere klem gebruik word om die feit na vore te bring dat Jehovah waarlik Elohim [of God] is”.—Commentary on the Old Testament, deur Keil en Delitzsch, 1973, Deel 1, bladsye 72, 73.

Trouens, Jesus se naam beteken “Redding van Jah [Jehovah]”. En jy spreek ’n verkorte, digterlike vorm van Jehovah se naam uit wanneer jy “Halleluja” sê. Jy kan “Halleluja” in ’n woordeboek naslaan en self sien dat dit ‘Loof Jah’ of ‘Loof Jehovah’ beteken.

Onthou, Jehovah is God se naam. Dit is die naam wat HY gekies het om hom te identifiseer. Sou jy graag wou weet hoe die gebruik van hierdie naam jou waardering vir God en sy voornemens kan vergroot? Dit is die onderwerp van die volgende artikels.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel