Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 8/15 bl. 31
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Hoe om dissipels te maak met die Kennis-boek
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Is jy baie lief vir Jehovah se herinneringe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Jehovah se herinneringe is betroubaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 8/15 bl. 31

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van “Die Wagtoring” geniet? Kyk nou of jy die volgende gedagtes kan onthou:

◻ Van watter nut is die boek Numeri vandag vir Christene?

Dit voorsien ’n belangrike skakel in die geïnspireerde verslag wat lei tot die oprigting van God se Koninkryk. Die diereoffers dui op die offerande van Jesus Christus (Numeri 19:2-9; Hebreërs 9:13, 14). Die boek help Christene boonop om afgodediens en geslagsonsedelikheid te vermy, en dit stel hulle op hulle hoede teen die gevaar van murmurering teen God, sy aangestelde knegte en sy voorsienings.—1/6, bladsy 20.

◻ Hoe belangrik is die datum 1914?

ln die jaar 1914 is gebeure aan die gang gesit wat tot ’n algehele verandering in die wêreldtoneel sal lei. Jesus het in sy hemelse Koninkryk begin heers en Satan is daarna uit die hemel gewerp. God se Koninkryk sal binnekort die wêreldregerings verbrysel (Daniël 2:44).—15/5, bladsye 5-7.

◻ Hoe het goddelike onderrig Jehovah se volk gehelp?

Dit het hulle geleer om nie beloftes te maak wat hulle nie van plan is om na te kom nie en om nie lasterlike of kwetsende dinge van ander te sê nie (Prediker 5:1). Hulle het ook geleer om nooit Jehovah se rein organisasie en sy reëls vir die handhawing van vrede en orde te kritiseer of daaroor te kla nie (Spreuke 29:20). Verder het Jehovah sy volk geseën met die wysheid om tussen goed en kwaad te onderskei.—15/5, bladsye 25, 26.

◻ Hoe toon ’n persoon dat hy die waarheid soek?

As ’n persoon bereid is om God se Woord in sy lewe toe te pas, sal hy ware geloof vind (Mattheüs 5:6; Johannes 10:14, 27; 18:37). Verder is geloof ’n vrug van God se gees (Galasiërs 5:22). As iemand dus om geloof bid en ’n ware poging aanwend om dit te verkry en daarvolgens te lewe, kan hy verseker wees van God se hulp (Mattheüs 7:7).—1/6, bladsy 6.

◻ Hoe kan Jehovah se herinneringe ons vandag tot voordeel strek?

Goddelike herinneringe beweeg ons om Jehovah van ganser harte te soek. Dit verskaf groot geluk en voorkom dat ons afdwaal of ’n weg inslaan wat in God se oë skandelik is (Psalm 119:2, 31, vgl. NW).—15/6, bladsye 21-25.

◻ Wat is die bron van hebsug?

Weens die mens se oorgeërfde onvolmaaktheid is hebsug die wilde loot van die normale begeerte na materiële besittings en finansiële sekuriteit (Romeine 5:12). Dit kan spruit uit ’n oordrewe of onversadigbare begeerte na besittings, roem of rykdom.—1/7, bladsye 24, 25.

◻ Wat is sommige dinge wat in gedagte gehou moet word indien ons die harte van die hoorder wil bereik?

Ten eerste moet die regte voorbeeld gestel word (Lukas 6:40). Ten tweede moet ons vrae stel wat die student sal help om te dink en te redeneer (Mattheüs 17:24-27). Ten derde moet ons die student help om te besef hoe verstandig dit is om God se wette te gehoorsaam (Deuteronomium 10:12, 13). Ten vierde moet die student gehelp word om Jehovah intiem te ken (Johannes 17:3).—1/8, bladsye 13-17.

◻ Watter nuwe maandelikse rubriek het van die nommer van 1 Julie 1984 af in hierdie tydskrif begin verskyn?

“Die Wagtoring” van 1 Julie het die eerste artikel van ’n nuwe reeks, “Koninkryksverkondigers berig”, bevat. Hierdie artikels van een bladsy elk bied opwindende ondervindinge van Jehovah se Getuies van oor die hele aarde.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel