Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 12/1 bl. 25-26
  • Jou lewe, jou onkreukbaarheid en die kaartjie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jou lewe, jou onkreukbaarheid en die kaartjie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jy voorbereid op ’n mediese situasie wat jou geloof kan toets?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Red jou lewe met bloed—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Berei nou voor vir ’n mediese noodgeval
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Nie towenaars óf gode nie
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 12/1 bl. 25-26

Jou lewe, jou onkreukbaarheid en die kaartjie

“’N VERSTANDIGE mens sien onheil kom en sorg dat dit hom nie tref nie, onervare mense loop oop oë daarin en boet daarvoor.”—Spreuke 27:12, NAV.

Daardie geïnspireerde spreuk bevestig die waarde van voorsorg. Een ‘onheil’, of ramp, wat God se dienaars wil vermy, is die skending van hulle onkreukbaarheid. Jehovah se Getuies doen dit reeds etlike jare lank noulettend met betrekking tot God se bevel dat Christene hulle moet ‘onthou van bloed’.—Handelinge 15:28, 29.

Christene besef dat hulle na ’n ongeluk bewusteloos kan wees, of dalk nie by magte om ’n volledige verduideliking te gee waarom hulle nie ’n bloedoortapping kan aanvaar nie. Selfs al kan ’n beseerde Getuie praat en sê dat hy—ooreenkomstig die beginsel van ingeligte toestemming—nie bloed wil hê nie, sal dokters of hospitaalpersoneel moontlik bang wees dat regstappe teen hulle gedoen kan word as hulle nie die normale behandeling toepas nie. Om hierdie rede dra Jehovah se Getuies reeds ’n paar jaar lank ’n ‘Medical Alert’-kaartjie. Dit is ’n getekende, gewaarmerkte dokument wat dokters en hospitaalbeamptes onthef van aanspreeklikheid vir enige komplikasies wat kan voortspruit uit die weiering om bloed te neem. ’n Nuwe kaartjie word elke jaar geteken en gedateer; sodoende is die dokument altyd geldig.

Dra jy altyd een van hierdie dokumente by jou, as jy God se wet oor bloed wil gehoorsaam? Maak jy seker dat dit geldig en, indien moontlik, deur ’n naasbestaande geteken is? Die volgende brief toon waarom dit so belangrik is:

“Ek en my man wil julle baie bedank vir die tydige voorsiening van geestelike voedsel en leersame materiaal om ons te help. Ek wil julle graag vertel hoe daardie materiaal ons lewens gered het.

“Dit was 6 Junie 1983, en dit het gereën toe ons van die werk af huis toe gery het. Ons het as kontrakteurs by ’n nuwe behuisingskema [48 kilometer] van die huis af gewerk en het pas ons drie kindertjies by die skool gaan haal. Terwyl my man, John, ons bakkie op die hoofweg bestuur het, het ons die komende streekbyeenkoms bespreek. Ek het gesien hoe ’n aankomende vragmotor met ’n sleepwa heeltemal dwars swaai en die skeistrook so hard tref dat die modder en gras gespat het. In ’n oogwink het die vragmotor die skeistrook oorgesteek en soos ’n yslike muur voor ons tot stilstand gekom.

“Ons het al dikwels gewonder wat sou gebeur as ons in ’n ongeluk betrokke is. Ons het die raad gevolg om die gebruik van bloedoortappings met ons gesinsdokter en die plaaslike hospitaal te bespreek. Maar wat sou gebeur as ons bewusteloos of buite die stad was en nie ’n bloedoortapping kon weier nie? Dit is waar een van daardie hulpe wat julle [die Wagtoringgenootskap] so liefdevol voorsien het werklik waardevol was: die ‘Medical Alert’-kaartjie. Ons dra ons s’n altyd by ons en ons sorg dat dit behoorlik ingevul, gedateer en geteken is.

“Terwyl ek in die verwronge wrak bewusteloos was, het ’n vrou stilgehou wat ’n ingeskrewe verpleegster was. Sy wou die twee kinders wat bereik kon word, neem, aangesien een van hulle ’n skedelwond gehad het wat erg gebloei het. John het ingestem. Die ander dogtertjie was saam met my in die bakkie vasgekeer totdat die deur oopgebreek kon word.

“Toe die Noodhulpdiens daar aankom, het John die beampte gevra om ’’n radioboodskap na die hospitaal te stuur en vir hulle te sê dat hulle onder geen omstandighede vir die kinders bloed moet gee nie. Die beampte het geweier totdat John vir hom die ‘Medical Alert’-kaartjie gegee het om te lees. Dit het hom oorreed om die boodskap na die hospitaal te stuur.

“John was in ’n slegte toestand, met ernstige kopbeserings, ’n gebreekte linker-pols en baie kneusplekke. Maar hy het aangehou bid dat hy lank genoeg by sy positiewe sou wees om toe te sien dat sy gesin behoorlik versorg en hulle wense eerbiedig word.

“Albei my heupe was gebreek, die een was vergruis, en my gebreekte linkerdybeen het inwendige bloeding veroorsaak. Toe ons by die hospitaal aankom, was ek nog steeds bewusteloos. Die dokter het vir John gesê dat ek in die volgende paar uur meer as die helfte van my bloed sou verloor en sou sterf as ek nie ’n bloedoortapping kry nie. John het, ondanks sy toestand, aanhoudend gesê: ‘Geen bloed nie.’ Hulle het hom steeds lastig geval, vir hom gesê dat hy sonder sy vrou sou wees en gevra: ‘Wie sal dan vir die kinders sorg?’ Eindelik het hulle my ‘Medical Alert’-kaartjie gekry. Die dokter het afskrifte daarvan laat maak en dit opgeteken. Omdat dit ’n regsgeldige dokument is, het hulle dit eerbiedig en opgehou om ’n bloedoortapping aan my te probeer opdwing. Ek het ses uur later my bewussyn herwin en kon toe self praat. Maar die wonderlike kaartjie—wat sommige seker as onbenullig sou beskou—het voorkom dat ’n bloedoortapping aan my opgedwing is terwyl ek bewusteloos was.

“Ek was byna sewe weke in die hospitaal, maar ek meen dat ek redelik vinnig herstel het, deels omdat ek nie vreemde bloed, met die gepaardgaande komplikasies, ontvang het nie. Ons is almal as ’n gesin verenig en sterk mooi aan. Alle dank aan Jehovah vir die voorsiening van sulke wonderlike hulpmiddele soos die ‘Medical Alert’-kaartjie. Dit werk regtig!”

Jehovah se Getuies kry hierdie waardevolle dokumente by die ouere manne in hulle gemeentes. Hierdie ondervinding lig toe waarom jy en jou gesin ‘verstandig’ moet wees en altyd ’n ingevulde, geldige ‘Medical Alert’-kaartjie moet dra.—Spreuke 22:3.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel