Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 9/15 bl. 3-4
  • ’n Wêreld vol teenspoed

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Wêreld vol teenspoed
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Christene verduur bykomende lyding
  • Is jou probleme ’n straf van God af?
    Ontwaak!—2009
  • Is teëspoed in die lewe ’n straf van God af?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hoe jy teenspoed kan verduur
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Put vertroosting uit God se Woord
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 9/15 bl. 3-4

’n Wêreld vol teenspoed

Die mensdom het nog nooit soveel beproewing, verdrukking en leiding verduur nie. Rampe het amper so algemeen geword soos die lug wat ons inasem. Waar dit die tydperk sedert 1914 beskryf, het een tydskrif gesê: “Dit is ’n tyd van buitengewone wanorde en geweld, oor landsgrense sowel as daarbinne.”

Die neiging tot onbeheerste wreedheid in hedendaagse oorlogvoering veroorsaak veral baie smart. In een Afrika-landjie het ’n sewejarige stryd meer as 20 000 lewens geëis. Daar was ontvoerings, verkragtings en soortgelyke dade. Bejaardes en jong kinders het die slagoffers geword van landmyne, bomme en blote wreedheid.

Wanneer ons die swaarkry uit die standpunt van individue beskou, is dit baie duidelik ’n baie droewe situasie. Stel jouself byvoorbeeld in die plek van ’n vrou wat in die teenwoordigheid van haar kinders met ’n geweer gedwing is om te sing en hande te klap terwyl ’n groep mans haar man stadig doodkap. Hoe sou jy gereageer het? Ja, daar is waarlik “benoudheid van nasies”, en die individu is die een wat swaarkry.​—Lukas 21:25.

Christene vermy onheil dikwels omdat hulle streng neutraliteit handhaaf en wegbly van plekke waar geweld waarskynlik sal voorkom (Johannes 17:16). Hulle kan egter nie alle onheil vermy nie, en soms ly hulle net soos die wat deel is van die wêreld.

Satan die Duiwel kan deur geweld en bedrog ontydige sterftes veroorsaak. Aangesien die boodskap wat Jehovah se Getuies wêreldwyd verkondig onder meer die Duiwel se werke blootlê, kan ons verwag dat Satan sy “mag oor die dood” sal gebruik in ’n poging om hierdie boodskappers uit die weg te ruim. Die Skrif toon dat dit die geval is.​—Hebreërs 2:14, 15; Openbaring 2:10; 12:12, 17.

Christene verduur bykomende lyding

Benewens die teenspoed wat mense oor die algemeen ondervind, moet getroue volgelinge van Jesus Christus die vervolging verduur wat hulle ervaar omdat hulle ’n ferme standpunt vir die Universele Soewerein, Jehovah God, en sy Koninkryk ingeneem het. Nadat hy die angswekkende gebeure beskryf het wat die voleinding van die stelsel van menseregering onder Satan sou kenmerk, het Jesus gesê: “Dan sal hulle jul [Jesus se dissipels] aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.” Volgens Markus het Jesus bygevoeg: “Julle [sal] geslaan word.”​—Matthews 24:3, 7-9; Markus 13:9.

Ja, weens hulle vasbeslotenheid om “hierdie evangelie van die koninkryk” aardwyd onder alle omstandighede te verkondig, moes Jehovah se volk die bykomende beproewing van vervolging verduur​—slae, verbooie, gevangenskap en ander vorme van mishandeling (Mattheüs 24:14). Vervolgers het selfs party Christene om die lewe gebring wie se enigste “oortreding” was dat hulle die Koninkryk van God as die enigste hoop vir die mensdom verkondig het!

Jesus het wel gesê: “Wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word” (Markus 13: 13). Kan ons egter volhard en nie tou opgooi nie? Is daar ’n bron van vertroosting in selfs die grootste teenspoed? Het ons voorbeelde van persone wat volhard het?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel