Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 1/1 bl. 27
  • ‘Hulle sal jou nie oorwin nie’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Hulle sal jou nie oorwin nie’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Dié wat teen God veg, sal nie oorwin nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • God se oordele moet verkondig word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • “Hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Wees moedig soos Jeremia
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 1/1 bl. 27

Koninkryksverkondigers berig

‘Hulle sal jou nie oorwin nie’

IN ’N Sentraal-Amerikaanse land het 15 gewapende manne twee van Jehovah se Getuies gewelddadig uit hulle huis geneem en hulle gebring na ’n groep van 75 manne wat gewapen was met knuppels en kapmesse. Hulle het die Getuies met vuil taal beledig en hulle oorgegee aan ’n ander groep van nagenoeg 350 manne wat net so gewapen was. Hulle het verwag dat die twee broers bang sou word en hulle Christelike neutraliteit sou prysgee deur by hulle patrollie aan te sluit (Jesaja 2:4). Maar die Getuies het vasgestaan en geweier om by die krygsverrigting aan te sluit. Hulle is dus in die tronk gestop, terwyl lidmate van talle kerke ’n kompromis aangegaan en saam met die patrollie na die heuwels gegaan het.

Die volgende dag is die broers vir nog ’n verhoor na die hoofdorp geneem. Terwyl hulle aangestap het, het die wagte vir hulle gesê dat hulle geïndoktrineer is. Die broers het geantwoord: “Dit is beslis waar dat ons geïndoktrineer is! Nou doen ons niemand kwaad aan nie; ons is nie diewe, dronkaards, egbrekers nie.” Die amptenaar wat hulle verhoor het, was vriendelik en het hulle gelukgewens: “As almal soos julle was, sou dinge anders gewees het . . . en mag julle God Jehovah julle beskerm.” Hulle is toe vrygelaat.

Waarom word onskuldige, vredeliewende Christene wat God se standaarde van geregtigheid naleef, vervolg? Dit is omdat hulle ‘nie deel is van die wêreld’ en sy politieke aangeleenthede nie (Johannes 17:16). Wat ’n vertroosting is dit tog om te weet dat hoewel Satan en sy wêreld teen Jehovah se knegte sal veg, hulle hulle nie sal oorwin nie! (Jeremia 1:19). Dit is in hierdie land bewys, en die amptenaar in bevel moet geprys word vir sy begrip van die neutrale standpunt van Jehovah se Getuies.

◻ Jeremia se woorde is ook bewaarheid in ’n ondervinding in ’n Afrikaland waar beperkinge op die werk van Jehovah se Getuies gelê is. Nadat dit die ontberinge beskryf wat die broers ondergaan in hulle pogings om mense te help om meer van Jehovah se wonderlike voornemens te leer, sê die berig: “Tientalle van ons broers is weens die neutrale standpunt van Jehovah se volk in die tronk gegooi, dikwels vir opeenvolgende vonnisse. Hulle word erg geslaan, en druk word op alle maniere op hulle uitgeoefen om hulle Christelike gewete te skend. In een geval het ’n groep soldate saamgesweer om ’n broer te vermoor nadat wrede afranselings hom nie kon oorreed om sy onkreukbaarheid prys te gee nie. Toe ’n hoër offisier van hulle komplot te hore gekom het, het hy persoonlik ingegryp en hom in die geheim na ’n ander stad laat oorplaas, en so sy lewe gered.”

Hierdie vervolging het Jehovah se Getuies nie gekeer om die goeie nuus te verkondig soos God beveel het nie (Mattheüs 24:14). Jehovah onderskraag hulle met sy gees en seën hulle getroue standpunt. Die berig uit hierdie land sê ook: “Ondanks swaar fisiese ontberinge, honger, siekte, ’n hewige burgeroorlog en vervolging, was daar ’n vermeerdering van 17 persent in die gemiddelde getal verkondigers.” Die Gedenkmaalopkoms het met 21 persent vermeerder, en 21 persent van alle verkondigers het gedurende April 1984 as pioniers gedien.

Ons broers is dus gelukkig al word hulle vervolg. Hulle vertrou op Jehovah en word herinner aan die woorde van Jeremia: “Hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.”​—Jeremia 1:19.

[Prent op bladsy 27]

Jehovah onderskraag sy vervolgde Getuies

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel