Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 3/15 bl. 8-9
  • Nog wonderwerke in Kapernaüm

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nog wonderwerke in Kapernaüm
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Nog wonderwerke in Kapernaüm
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus doen wonderwerke in Kapernaum
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Waarom Jesus aarde toe gekom het
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Jesus brei sy bediening in Galilea uit
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 3/15 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Nog wonderwerke in Kapernaüm

DIE Sabbat na Jesus sy vier dissipels​—Petrus, Andreas, Jakobus en Johannes—​geroep het, gaan hulle almal na ’n plaaslike sinagoge in Kapernaüm. Daar begin Jesus leer, en die mense is verslae, want hy leer hulle soos een wat gesag het en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Op hierdie Sabbat is ’n duiwelbesetene teenwoordig. Na ’n ruk roep hy met ’n harde stem uit: “Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasarener? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!”

Die demon wat die man beheer, is in werklikheid een van Satan se engele. Jesus bestraf die demon en sê: “Bly stil en gaan uit hom uit!”

Wel, die demon laat die man stuiptrekkings kry en gil luidkeels. Maar dit gaan uit die man sonder om hom leed aan te doen. Almal is eenvoudig verbaas! ‘Wat is dit?’ vra hulle. ‘Hy gee ook met gesag aan die onreine geeste bevel en hulle gehoorsaam Hom.’ Die nuus hieromtrent versprei in die hele omtrek.

Toe hulle die sinagoge verlaat, gaan Jesus en sy dissipels na die huis van Simon, of Petrus. Daar is Petrus se skoonmoeder baie siek met ’n hoë koors. ‘Help haar asseblief’, smeek hulle. Jesus gaan dus na haar toe, neem haar hand en rig haar op. Dadelik is sy genees en begin sy ’n maaltyd vir hulle voorberei!

Later, na sononder, kom mense van oral af met hulle siekes na Petrus se huis toe. Die hele stad kom weldra by die deur saam! En Jesus genees al hulle siekes, ongeag wat hulle kwaal is. Hy bevry selfs die demonbesetenes. Wanneer hulle uitgaan, skreeu die demone wat hy uitdryf: ‘U is die Seun van God.’ Maar Jesus bestraf hulle en laat hulle nie toe om te praat nie omdat hulle weet dat hy die Christus is. Markus 1:21-34; Lukas 4:31-41; Mattheüs 8:14-17.

♦ Wat gebeur in die sinagoge op die Sabbat ná Jesus sy vier dissipels geroep het?

♦ Waarheen gaan Jesus toe hulle die sinagoge verlaat, en watter wonderwerk verrig hy daar?

♦ Wat gebeur later daardie selfde aand?

[Volbladillustrasie op bladsy 9]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel