Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 7/1 bl. 16-17
  • Antwoord aan beskuldigers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Antwoord aan beskuldigers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus antwoord sy beskuldigers
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus se verhouding met sy Vader
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Christus—die sleutelfiguur in profesie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • ‘Daar is ’n vasgestelde tyd’ vir werk en rus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 7/1 bl. 16-17

Jesus se lewe en bediening

Antwoord aan beskuldigers

Dit is die Sabbat. Jesus genees ’n man wat 38 jaar lank siek was. Maar die Joodse godsdiensleiers beskuldig hom daarvan dat hy die sabbat skend.Jesus antwoord: “My vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.”

Ondanks die Fariseërs se bewering, is Jesus se werk nie die soort wat deur die sabbatswet verbied word nie. Sy predikings- en genesingswerk is ’n toewysing van God, en in navolging van God se voorbeeld doen hy dit daagliks. Maar sy antwoord maak die Jode nog kwater, en hulle probeer hom doodmaak. Waarom? Dit is omdat hulle nou nie net meen dat Jesus die sabbat skend nie, maar hulle beskou sy bewering dat hy God se eie Seun is as godslasterlik. Jesus is egter onbevrees en antwoord hulle verder aangaande sy begunstigde verhouding met God. “Die Vader het die Seun lief”, sê hy, “en toon Hom alles wat Hy self doen.”

“Soos die Vader die dode opwek en lewend maak”, sê Jesus voorts, “so maak ook die Seun lewend wie Hy wil.” Trouens, die Seun wek reeds die dode op ’n geestelike manier op! “Wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het”, sê Jesus, “het oorgegaan uit die dood in die lewe.” Ja, hy sê verder: “Daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die dode die stem van die Seun van God sal hoor; en die wat dit gehoor het, sal lewe.”

Hoewel Jesus, sover dit bekend is, tot op hierdie stadium nog niemand letterlik uit die dood opgewek het nie, sê hy vir sy beskuldigers dat so ’n letterlike opstanding van die dode sal plaasvind. “Moenie julle hieroor verwonder nie”, sê hy, “want daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan.”

Jesus het blykbaar nog nooit tevore sy lewensbelangrike rol in God se voorneme op so ’n duidelike en presiese manier in die openbaar beskryf nie. Maar Jesus se beskuldigers het nie net sy eie getuienis oor hierdie dinge nie. “Julle het na Johannes gestuur”, herinner Jesus hulle, “en hy het vir die waarheid getuig.”

Net twee jaar tevore het Johannes die Doper hierdie Joodse godsdiensleiers vertel van die Een wat na hom kom. Jesus herinner hulle aan die hoë agting wat hulle eens vir die tans gevange Johannes gehad het en sê: “Julle was gewillig om julle vir ’n tyd in sy lig te verbly.” Jesus herinner hulle hieraan in die hoop om hulle te help, ja, hulle te red. Maar hy maak nie staat op die getuienis van Johannes nie.

“Die werke self wat Ek doen [die wonderwerk wat hy pas verrig het inkluis], getuig van My dat die Vader My gestuur het.” Maar daarbenewens sê Jesus verder: “Die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig.” God het byvoorbeeld van Jesus getuig by sy doop en gesê: “Dit is my geliefde Seun.”

Jesus se beskuldigers het werklik geen verskoning om hom te verwerp nie. Die einste geskrifte wat hulle beweer hulle ondersoek, getuig van hom! “As julle Moses geglo het, sou julle My glo”, sê Jesus ten slotte, “want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?” Johannes 5:17-47; 1:19-27; Mattheüs 3:17.

♦ Waarom is Jesus se werk nie ’n skending van die sabbat nie?

♦ Hoe beskryf Jesus sy lewensbelangrike rol in God se voorneme?

♦ Na wie se getuienis verwys Jesus om te bewys dat hy God se Seun is?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel