Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 8/15 bl. 22-23
  • Bewaak jou mond!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bewaak jou mond!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “By veelheid van woorde . . .”
  • Dink voor jy antwoord
  • “’n Woord op sy tyd”
  • ‘Die lippe van waarheid sal vir ewig bestaan’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Wandel op ‘die pad van regskapenheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • “Die wet van die wyse”—’n bron van lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 8/15 bl. 22-23

Bewaak jou mond!

DIT kan so skerp en vernietigend soos ’n oorlogswapen wees. Maar dit kan ook so soet soos heuning en so genesend soos salf wees. Dit kan die lewe verwek, en dit kan die dood meebring. So beskryf die Bybel die spraakvermoë van die mens.​—Spreuke 12:18; 16:24; 18:21.

Dit is dan geen wonder nie dat Salomo gesê het: “Wie sy mond bewaak, bewaar sy lewe; wie sy lippe wyd oopmaak, vir hom is daar ondergang” (Spreuke 13:3). ’n Verwoeste reputasie, gekrenkte gevoelens, gespanne verhoudings en selfs liggaamlike skade​—dit is alles die moontlike gevolge van dwase spraak. Maar jy is ongetwyfeld iemand wat ‘jou lewe wil bewaar’. Hoe kan jy leer om jou mond te bewaak en moontlike ondergang vermy?

“By veelheid van woorde . . .”

Een eenvoudige manier is om nie te veel te praat nie! Miskien het jy al ’n man of vrou teëgekom wat iets oor elke onderwerp te sê het. Hoe irriterend kan so ’n persoon tog nie wees nie! Die Bybel sê: “Die mond van die dwase laat sotheid uitborrel”, en “die dwaas gebruik baie woorde” (Spreuke 15:2; Prediker 10:14). Dit beteken natuurlik nie dat elke spraaksame persoon ’n dwaas is of dat elkeen wat min praat, verstandig is nie. Maar dit is gevaarlik om aanhoudend te praat. Spreuke 10:19 stel dit so: “By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.”

Dink voor jy antwoord

Nog ’n manier om jou mond te bewaak, is om te dink voor jy praat. Wanneer ’n mens nie vooraf dink wat jy gaan sê nie, kan jy sowel as jou luisteraars seergemaak word. Die geïnspireerde skrywer verklaar: “Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke.”​—Spreuke 12:18.

Die Bybelboek Jakobus dui aan presies hoe sleg onverskillige spraak kan wees waar dit sê: “’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook ’n vuur, ’n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel [“Gehenna”, NW] aan die brand gesteek.”​—Jakobus 3:5, 6, NAV.

Gehenna kry sy naam van die Hinnom-vallei wat aan die suide- en suidwestekant van Jerusalem geleë is. By tye in die geskiedenis van die Israeliete het vure gedurig daar gebrand om die stad se rommel te vernietig, wat Gehenna ’n gepaste simbool van algehele vernietiging gemaak het. Maar hoe kan ’n onbeteuelde tong ‘uit Gehenna aan die brand gesteek word’? ’n Persoon wat leuens praat, bevorder God-onterende leerstellings, of anders kan misbruik van die tong veroorsaak dat hyself en ander God se guns verloor. Die gevolg? Ewige vernietiging! Jesus het byvoorbeeld aan die Fariseërs gesê: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ’n kind van die hel [“Gehenna”, NW], twee maal erger as julle self.”​—Mattheüs 23:15.

Die Bybel gee ons gevolglik hierdie praktiese raad: “Die hart van die regverdige dink na om te antwoord” (Spreuke 15:28). Dit is baie beter om na te dink oor wat jy gaan sê as om iets kwyt te raak wat heel moontlik skade kan berokken!

“’n Woord op sy tyd”

Nog ’n manier om jou mond te bewaak, is om op die regte tyd te praat. Salomo het opgemerk: “Alles het sy bepaalde uur . . . ’n tyd om te swyg en ’n tyd om te spreek” (Prediker 3:1, 7). Is dit, wanneer jou huweliksmaat uitgeput lyk van ’n lang dag se sekulêre werk of huiswerk, noodwendig die tyd om hom of haar met onbeduidende probleme of eise te belas? Miskien is dit die “tyd om te swyg”.

Aan die ander kant is daar “’n tyd om te spreek”. Ons lees in Spreuke 15:23: “Hoe goed is ’n woord op sy tyd!” Ken jy iemand wat gebuk gaan onder probleme en kwellinge? Sal ’n woord van aanmoediging op die regte tyd nie presies wees wat daardie persoon nodig het nie?

Jesus Christus het nooit versuim om die geleentheid aan te gryp om ander aan te moedig nie. Hy het eenkeer aan sy dissipels gesê: “Kom julle self in die eensaamheid na ’n verlate plek en rus ’n bietjie.” Die verhaal vervolg: “En hulle het met die skuit vertrek na ’n verlate plek in die eensaamheid. En die skare het hulle sien weggaan, en baie het Hom herken en te voet van al die stede af daar saamgestroom en voor hulle uit gegaan en by Hom vergader.” Uit die oogpunt van die skare was dit sekerlik die regte tyd vir woorde van vertroosting! Maar uit die oogpunt van Jesus en sy dissipels was die tydsberekening minder gunstig. “En toe Jesus uitklim, sien Hy ’n groot menigte, en Hy het vir hulle innig jammer gevoel, omdat hulle soos skape sonder herder was; en Hy het hulle baie dinge begin leer” (Markus 6: 31-34). Ja, Jesus het sy mond bewaak. Hy het geweet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly.​—Vergelyk Mattheüs 26:63; 27:12-14.

Jy kan ook leer om jou mond te bewaak. Wend ’n persoonlike poging aan om nie te veel te praat nie. Vermy onverskillige spraak wat jou reputasie en die van ander kan skaad. En wees op die uitkyk vir geleenthede om ’n heilsame “woord op sy tyd” met ander te deel. Dit sal jou help om ‘jou lewe te bewaar’.​—Spreuke 13:3.

[Prent op bladsy 23]

Is jy geneig om ander in die rede te val of om iets oor elke onderwerp te sê?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel