Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w86 11/1 bl. 15
  • ’n Gunstige oordeel—maar waarom is dit herroep?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Gunstige oordeel—maar waarom is dit herroep?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 4—Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Jehovah se Getuies
    Redenering uit die Skrif
  • Deel 5—Getuies tot aan die uiterste van die aarde
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
  • Christene en die hedendaagse mensegemeenskap
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
w86 11/1 bl. 15

’n Gunstige oordeel​—maar waarom is dit herroep?

VERLEDE November het die Katolieke Kerk gedurende ’n vergadering van Italiaanse biskoppe in Bologna, Italië, ’n aanval teen Jehovah se Getuies gerig. Onder die tema “Christus ons God en ons hoop: Christene teenoor die Jehovahsgetuies” het priester Giovanni Marinelli die aantyging gemaak dat die Getuies “’n gevaar vir godsdiens en die gemeenskap” is. Omdat soveel Katolieke in Italië hulle by die Getuies voeg, het hy die Getuies daarvan beskuldig dat hulle ‘’n virus is wat veral die ontvanklikstes aanval’.

Katolieke bisdomme en gemeentes dwarsoor Italië is aangesê om daadwerklik standpunt teen die Getuies in te neem. Hoe? Deur in elke stad groepe te vorm wat hulle sal “bemoei” met die bedrywigheid van die Getuies ten einde “die oë van ons gelowiges te open”.

Hoe het so ’n mobilisasie teen Jehovah se Getuies gevaar? In ’n brief wat in ’n tydskrif van die Piario-gemeente gepubliseer is, het een priester geskryf: “Ek hou van Jehovah se Getuies; ek erken dit openlik. Julle is almal welkom om anders te dink en my miskien selfs te ekskommuniseer. . . . Dié wat ek ken, het onberispelike maniere, is saggeaard . . . [en] uiters oortuigend. Wanneer sal ons insien dat die waarheid op aanneemlike wyse aangebied moet word? Dat diegene wat die waarheid verkondig nie halfhartig, onwelriekend, verwaaid, slordig hoef te wees nie?

“Jehovah se Getuies besoek jou boonop tuis. In jou huis is jy in jou eie milieu en het jy dus ’n voordeel. . . . Jy kan jou Bybel . . . van die rak afhaal en jy kan seker maak of ’n teksverwysing korrek is, dit reg verstaan, ens.

“En mag ek ook sê dat die feit dat Jehovah se Getuies hulle persoonlik ‘geroepe’ voel . . . tot die bediening van die woord my werklik tref. Dit is ’n taak wat ons lankal vergeet het en wat ons evangelisasie onberekenbare skade berokken het. ‘Hoe sal hulle hoor tensy iemand dit verkondig?’ Vir my lyk dit of Jehovah se Getuies ‘volkome’ is: nie net wat die huis, werk en ontspanning betref nie, maar ook ten opsigte van persoonlike studie van hulle leerstellings en hoe om ander te help om dit te verstaan. Maar dit is by begrafnisse van Jehovah se Getuies waar ek ‘sterf’. As ek dit met ons Katolieke begrafnisse vergelyk, waar dit net die oorledene is wat stil is, waar niemand ’n Bybel in die hand het om die voorlesing te volg nie . . . Watter lig! Watter gebede! Watter geloof! Watter kalmte! Wie weet of ek die versoeking sal kan weerstaan om by my testament te voeg: ‘Jehovah se Getuies moet my begrafnis waarneem.’ Wie weet!

“Hulle inleidings is uiters gepas. Miskien is dit omdat ek ook onvergenoeg, ontevrede is, dat ek hulle openlike aantygings verstaan. Hulle sê: ‘Die wêreld waarin ons lewe, is vol geweld en onsedelikheid.’ Wil jy hulle verkeerd probeer bewys? Ek sal nie. . . . ‘Die Katolieke Kerk, wat een van die mees wydverspreide en oudste godsdienste is, dra die grootste aanspreeklikheid vir sulke verdorwenheid.’ Wil jy dit bestry? Ek wil nie. Aangename mense, goed gemanierd, . . . toegewy. Jehovah se Getuies het die moed wat uit logika spruit. Hulle sluit af deur te sê: ‘Verlaat dus julle kerke en kom na ons toe.’

“Ek besef dat dit vir my hartverskeurend sou wees om die godsdiens wat ek sedert die moederskoot geken het te verlaat en ’n ander aan te neem. Maar as dit redelik is, waarom dan nie hierdie stap doen nie? As jy daaraan dink, is dit glad nie vernederend om van godsdiens te verander nie. . . . Dit sou vernederend wees om ’n godsdiens te verlaat en dan ’n leemte te vind, om die anker los te sny en dan doelloos te begin dryf. Maar gestel ek dink my wasgoed is wit net omdat ek nie joune gesien het nie. Dit lyk vir my redelik om ’n beter waspoeier te kies, een wat spierwit was! Sendelinge het net een oogmerk: verander mense se godsdiens. Waarom sou ek nie van godsdiens verander as my gewete my aansê om dit te doen nie? As die prediker my oortuig om dit te doen nie? As dit redelik is om dit te doen nie? As die godsdiens van Jehovah se Getuies juister is . . ., sal ek saam met Jehovah se Getuies gaan. . . . Ek wil weet of Jehovah se Getuies reg is.”

In die slot van sy brief beklemtoon die priester dat die feit dat die Getuies die goddelike naam as Jehovah in plaas van Jahweh uitspreek “geen rede vir my is om nie meer so baie van Jehovah se Getuies te hou nie”. Waarom nie? Hy voeg by: “Hulle is immers God se Getuies, en dis wat tel!”

Naskrif: Die priester se brief het glo ’n storm in die hoër kringe van die hiërargie veroorsaak. Hy het sy kommentare oor Jehovah se Getuies in ’n later nommer van die kerktydskrif herroep.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel