Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w87 9/15 bl. 24-25
  • “Vrees God en hou sy gebooie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Vrees God en hou sy gebooie”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “Dit is alles tevergeefs!”
  • Elke ding het sy tyd
  • Ware aanbidding is bevredigend
  • Woorde van wysheid
  • Die lewe se aflope
  • Jeug en die doel van die lewe
  • Glanspunte uit die boek Prediker
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Bybelboek nommer 21—Prediker
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Kom jy jou hele verpligting teenoor god na?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Die boek Prediker—’n les in regte waardes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
w87 9/15 bl. 24-25

Bybel glanspunte Prediker 1:1–12:14

“Vrees God en hou sy gebooie”

In vandag se dae word vrees vir en gehoorsaamheid aan God op sy beste as onprakties beskou. Maar die boek Prediker (Hebreeus, Qo·heʹleth, byeenbringer), wat sowat 3 000 jaar gelede deur koning Salomo (1:1) geskryf is, beskryf hoe tevergeefs mensepogings is wat God se voorneme veronagsaam.

Iets wat hierdie boek so fassinerend maak, is die groot verskeidenheid onderwerpe wat die skrywer navors—menslike wysheid en heerskappy, materiële rykdom en genietinge, formalistiese godsdiens, ensovoorts. Al hierdie dinge is tevergeefs, want dit is nie blywend nie. Bepeinsing oor hierdie dinge laat die persoon met insig andersyds tot een slotsom kom: “Vrees God en hou sy gebooie; want dit geld vir alle mense.”—Prediker 12:13.

“Dit is alles tevergeefs!”

Lees asseblief hoofstukke 1 en 2. In vergelyking met die nimmereindigende kringlope van die natuur is alle mensestrewes vlietend en tydelik (1:4-7). Selfs die groot prestasies van die prediker moes oorgedra word aan iemand wat miskien minder verdienstelik was (2:18, 19). “Tevergeefs” beteken in Hebreeus “damp” of “asem”.

◆ 1:9—In watter opsig is daar “niks nuuts onder die son nie”?

Daar is niks heeltemal nuuts in die natuurlike kringlope van die daaglikse lewe waarop die son skyn nie. Selfs “nuwe” uitvindsels is merendeels toepassings van beginsels wat Jehovah reeds in die skepping toegepas het. Maar Jehovah het “onder die son” nuwe geestelike ontwikkelinge meegebring wat die mensdom raak.—Kyk Die Wagtoring, 1 Maart 1987, bladsye 27-29.

◆ 2:2—Is dit verkeerd om pret te hê?

Nee, dit is nie. Gelag, of pret, kan jou help om jou probleme tydelik te vergeet, maar die probleme verdwyn nie, Om ware geluk deur pretmakery te probeer vind, is dus “onsinnig”; dit het geen sin nie, “Vreugde” los eweneens nie lewensprobleme op nie. Pret en plesier word dus gekontrasteer met die geluk wat dit meebring wanneer Jehovah jou werk seën.—2:24.

Les vir ons: Ons moet ag slaan op Salomo se raad en nie die najaging van materiële voordele en opwindende nuwe ondervindinge die enigste doelwit in die lewe maak nie. Ons moet eerder ‘welgevallig voor Jehovah’ wees deur hom te gehoorsaam. Dan sal ons sy seën van “wysheid en kennis en vreugde” geniet.—2:26.

Elke ding het sy tyd

Lees hoofstukke 3 en 4. Salomo het nie ’n fatalistiese lewensbeskouing voorgestaan nie (3:1-9). Hy het eerder daarop gewys dat die mens eenvoudig nie kan verander wat God aan die gang gesit het nie (3:14). In hierdie opsig is mense geensins beter as die diere nie (3:19-21). Samewerking (4:9-12) is derhalwe baie lonender as ’n mededingende gees (4:4).

◆ 3:11—Hoe het God alles “mooi gemaak op sy tyd”?

Die woord “mooi” bevat ook die betekenis van “goed, gepas, geskik”. Op sy eie tyd sal die gepaste plek wat elke werk van God in sy voorneme inneem, geopenbaar word. God het baie dinge vir die mensdom “mooi” gemaak. Hy het mense byvoorbeeld ’n volmaakte begin in Eden gegee. Toe die mens in sonde verval het, het hy die koms van ’n bevrydende Saad voorspel. God het die Saad op die gepaste tyd gestuur. En die ‘allermooiste’ is dat Jehovah die Saad die koning van Sy Koninkryk gemaak het.

◆ 4:6—Het Salomo ’n gemaklike lewe aanbeveel?

Nee. Maar Salomo het opgemerk dat harde werk en bekwaamheid met ’n winsoogmerk dikwels tot mededinging en naywer lei (4:4). Dit kan weer probleme en selfs ’n vroeë dood tot gevolg hê (1 Timotheüs 6:9, 10). Wat is dan die gebalanseerde beskouing? Wees tevrede met minder gewin gepaard met vrede, eerder as om die gewin te verdubbel tesame met moeisame arbeid en onenigheid.

Les vir ons: Nou is die tyd om eers God se Koninkryk eerder as ambisieuse, persoonlike belange na te streef (3:1), Ons moet eendragtig saam met mede-Christene werk, pleks van in afsondering (4:9-12). Sodoende kan ons ondanks ontbering en teenstand die nodige hulp en bemoediging ontvang.

Ware aanbidding is bevredigend

Lees hoofstukke 5 en 6. Aangesien Jehovah almagtig is, moet ons ons verhouding met hom ernstig opneem en nie dwaas handel en verwag dat hy ons “slagoffer” moet aanvaar nie (4:17; 5:1). Iemand wat God vrees, put bevrediging uit die benutting van sy materiële rykdom, maar iemand wat dit opgaar, put geen genot daaruit nie.—Vergelyk 5:17-19 met 6:2, 3.

◆ 5:1—Hoe is hierdie raad van toepassing?

Ons moet ons hart aan God uitstort, maar weens sy grootsheid en majesteit moet ons waak teen impulsiewe, ondeurdagte woorde (Psalm 62:9). In plaas van deurmekaar te praat. moet ons eenvoudige, hartgrondige woorde gebruik (Mattheüs 6:7). Moses het met net vyf kort Hebreeuse woorde Miriam se saak bepleit en ’n gunstige antwoord ontvang.—Numeri 12:13.

◆ 6:9—Wat is “die geswerf van die begeerte”?

Hierdie uitdrukking slaan op die eindelose pogings om begeertes te bevredig wat nie vervul kan word nie. Dit word gekontrasteer met “die aanskouing met die oë”, dit wil sê, om die werklikheid onder die oë te sien. Daar ons weet dat slegs God se Koninkryk ’n wesenlike verandering kan teweegbring, moet ons derhalwe vergenoeg wees en nie toelaat dat onrealistiese of onbereikbare begeertes ons van ons vrede beroof nie.

Les vir ons: By ons plek van aanbidding moet ons ons met die gepaste waardigheid gedra en aandag skenk (4:17), Ons moet ook gou ons verpligtinge voor Jehovah nakom. As ons getroud is, beteken dit dat ons ons huweliksgelofte moet nakom.—5:3.

Woorde van wysheid

Lees hoofstukke 7 en 8. Die prediker bespreek hoe die dood ’n mens tot ernstige nadenke kan stem (7:1-4), asook die waarde van wysheid (7:11, 12, 16-19); hy waarsku ook teen die slegte vrou (7:26). Raad word gegee oor sake soos verstandige optrede teenoor heersers (8:2-4) en om nie driftig te raak oor onregverdighede nie.—8:11-14.

◆ 7:28—Verneder hierdie woorde vroue?

Dit lyk of die heersende sedelike standaard baie laag was. Salomo het dus gepraat van hoe skaars regverdige manne of vroue destyds was. Dit was moeilik om een regverdige man onder duisend mense te vind, en dit was selfs moeiliker om een regverdige vrou te vind. Die Bybel praat egter van die “goeie vrou” en die “deugsame vrou” (Rut 3:11, NAV; Spreuke 31:10). Hierdie vers kan ook profeties wees, want ’n vrou het nog nooit volmaakte gehoorsaamheid aan Jehovah getoon nie, hoewel daar so ’n man was—Jesus Christus.

◆ 8:8 (NW)—Waarvan het die prediker hier gepraat?

Hy het van die dood gepraat. Niemand kan voorkom dat die lewenskrag uit sy selle gaan ten einde die dag van sy dood uit te stel nie. In die stryd wat ons met ons gemeenskaplike vyand die dood voer, kan niemand vrystelling kry of ’n plaasvervanger stuur nie (Psalm 49:8-10). Selfs die goddeloses met hulle listige planne sal nie die dood vryspring nie.

Les vir ons: Hoewel materiële rykdom die lewensdoelwit vir talIe geword het, kan slegs godvrugtige wysheid tot die ewige lewe lei (7:12; Lukas 12:15). Verlange na ‘die goeie ou dae’ sal dinge nie vir ons verbeter nie (7:10). Dit sal eerder net met ons ‘goed gaan’ as ons God bly vrees.—8:5, 12,

Die lewe se aflope

Lees hoofstukke 9 en 10. Die lewe is kosbaar, en God wil hê dat ons dit geniet (9:4, 7). Aangesien ons geen beheer oor die lewe se uiteinde het nie (9:11, 12), is dit beter om ag te slaan op godvrugtige wysheid, hoewel die meeste mense dit nie waardeer nie (9:17). As gevolg van die lewe se onsekerhede moet ons ons hart bewaak (10:2), versigtig wees in alles wat ons doen en met praktiese wysheid optree.—10:8-10.

◆ 9:1—Hoe is die dade van die regverdiges in God se hand?

Hoewel rampspoede die wyses en die regverdiges tref, gebeur dit slegs omdat God dit toelaat, en hy sal hulle nooit verlaat nie. Deur God se “hand”, of toegepaste mag, kan regverdiges verlos word van ’n beproewing of versterk word om dit te verduur (1 Korinthiërs 10:13). As ’n kneg van Jehovah hierdie feit onthou, kan dit hom vertroos wanneer moeilikhede ontstaan.

◆ 10:2 (NW)—Hoe is die hart aan die regterhand?

Die “regterhand” dui dikwels ’n posisie van guns aan (Mattheüs 25:33). Die feit dat die hart van die wyse “aan sy regterhand” is, dui dus daarop dat dit hom beweeg om ’n goeie, gunstige weg te volg. Maar die dwaas het nie ’n goeie beweegrede nie en handel dwaas en onbetaamlik, Die feit dat sy hart aan sy “linkerhand” is, dui daarop dat hy beweeg word om ’n verkeerde weg te volg,

Les vir ons: Aangesien enigeen van ons skielik kan sterf (9:12), moet ons ons lewe in Jehovah se diens bestee ingeval ons afsterwe ’n einde aan alles maak (9:10). Ons moet ook bekwaam raak in ons diens, want onbekwaamheid, selfs in eenvoudige dinge soos om ’n gat te grawe of hout te kap, kan ons en ander benadeel.—10:8, 9.

Jeug en die doel van die lewe

Lees hoofstukke 11 en 12. Ons almal moet vrygewig wees en beslissend optree (11:1-6). Jongmense wat hulle tyd en energie goed gebruik om die Skepper te dien, sal niks hê om hulle later in die lewe oor te verwyt nie (11:9, 10). Hulle sal eerder die bevrediging smaak om God te behaag voor hulle hulle gesondheid en krag verloor.—12:1-7; kyk Die Wagtoring, 1 Maart 1978, bladsye 3, 4.

◆ 11:1—Wat word bedoel met ‘werp jou brood uit’?

Sonder brood kan die mens nie lewe nie. Om dit op die “water” uit te werp, beteken dat jy van iets waardevols afstand doen. Maar ‘jy sal dit weer vind’, want die vrygewige persoon sal op ’n onverwagte wyse vergoed word.—Lukas 6:38.

◆ 12:12—Waarom so ’n negatiewe beskouing van boeke?

In vergelyking met die Woord van Jehovah bevat die ‘eindelose’ bundels van die wêreld bloot menseredenering. Baie van hierdie denke weerspieël die sin van Satan (2 Korinthiërs 4:4), Gevolglik bied “baie studie” van sulke sekulêre materiaal min van blywende waarde.

Les vir ons: Soos Salomo, moet ons peins oor wat God se Woord oor die lewe sê. Dan sal ons besluit om God te vrees en te gehoorsaam, versterk word. Die wete dat Jehovah innig besorg is oor ons (12:13, 14) bring ons nader aan hom.

Laat ons derhalwe ‘God vrees en sy gebooie hou’. Dit is ons verpligting en sal ons blywende geluk verskaf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel