Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w88 8/1 bl. 23-26
  • “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Geestelike opvoeding
  • Opwinding tydens die verbod
  • Hoe ek ’n gevangene geword het
  • Vryheid—maar nie die einde van die stryd nie
  • Die lewe in ’n nuwe land
  • Saam met ’n huweliksmaat
  • “In lieflike plekke”
  • Regte keuses het tot lewenslange seëninge gelei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2007
  • Jehovah is my toevlug en sterkte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • “U liefderyke goedhartigheid is beter as die lewe”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Jehovah het my geleer om sy wil te doen
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
w88 8/1 bl. 23-26

“Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval”

Soos vertel deur D. H. MacLean

DAAR het ek gesit, uur na uur, met ’n wag van die Koninklike Kanadese Berede Polisie langs my. Ek was sy gevangene. Ons was op pad na die gevangenekamp in Chalk River, Ontario, Kanada, en dit het gelyk asof die treinreis van 2 400 kilometer nooit tot ’n einde sou kom nie.

Dit was 1944, en die Tweede Wêreldoorlog was op sy hoogtepunt. Maar waarom was ek hier, op pad na die gevangenis? Wel, veral weens die dinge wat Pa my van kleins of geleer het. Aan die einde van elke ernstige bespreking wat hy met my gehad het, het by gewoonlik die psalmis se woorde: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval”, op sy eie lewe toegepas. Dan het hy my altyd aangespoor om dit ook my lewenservaring te maak.—Psalm 16:6.

’n Geestelike opvoeding

Die dinge wat Pa gesien het toe hy vier jaar lank as sersant tydens die Eerste Wêreldoorlog gedien het, veral die geestelikes se huigelagtigheid, het hom ontnugter. Toe ’n geesdriftige Bybelstudent in 1920 God se oplossing vir wêreldprobleme verduidelik het, het die Bybelwaarhede dus ’n ontvanklike snaar in Pa se hart aangeroer. Ma het ook belanggestel en ’n toegewyde kneg van Jehovah geword. Ek en my suster Kay het gevolglik die voordeel van ’n geestelike opvoeding gehad.

Pa het naderhand sy handelsaak verkoop, en hy en Ma het in die voltydse predikingswerk van dorp tot dorp begin reis. Gedurende die 1928-skooljaar, toe ek ses en Kay agt was, was ons gevolglik in agt skole! Ons het hierdie rondreisende lewenstyl 18 maande lank gevolg. Maar toe dit al hoe moeiliker geword het om behoorlike aandag aan ons onderwys te gee, het my ouers ’n vulstasie en motorhawe met ’n aangeboude lekkergoedwinkeltjie gekoop. Daardie 18 maande se pionierdiens het nietemin ’n blywende indruk op my en my suster gelaat.

Ons huis naby Halifax, Nieu-Skotland, het altyd vir pioniers en reisende opsieners oopgestaan. Pa was vrygewig en hulpvaardig teenoor die wat motorherstelwerk- of onderdele nodig gehad het, terwyl Ma in die huishoudelike behoeftes van ons talle besoekers voorsien het. Ek kan my die geloofversterkende ondervindinge wat daardie voltydse werkers vertel het nog helder voor die gees roep. Ek kan ook die tyd onthou toe ek 18 jaar oud was en een van die reisende broers my genooi het om hom drie weke lank op sy besoeke aan nabygeleë gemeentes te vergesel. Daardie onverwagse voorreg bly my steeds by.

Opwinding tydens die verbod

In 1940, toe ek net 17 was, het die owerheid in Kanada die “Jehovasgetuie-organisasie” onwettig verklaar en is die Getuies se evangelisasiewerk verbied. Die Wagtoring is in die geheim in ons huis gedruk en daarvandaan dwarsdeur die provinsie Nieu-Skotland versprei. Ek onthou die opwinding wanneer ’n koerier in die middel van die nag met sjablone en ’n voorraad papier en ink opgedaag het.

Kort nadat die verbod ingestel is, het ons as ’n gesin aan die landwye, middernagtelike verspreiding van ’n spesiale boekie getiteld End of Nazism deelgeneem. Ek moet darem erken dat my hart gebons het toe ek in die donkerte van daardie ysige nag uit die motor geklim het. Pa het ’n haastige, duidelike plan van aksie geskets. Toe het ons elkeen ’n verskillende rigting ingeslaan.

Jy kan jou ons kommer voorstel toe Kay nie op die afgesproke tyd by die motor terug was nie. Nadat ons meer as ’n uur lank gewag het, kon ons niks anders doen as huis toe gaan nie. Tot ons groot verligting was sy daar, angstig dat ons moes terugkom. Sy is deur die polisie aangekeer, maar nie omdat sy onwettige lektuur versprei het nie. ’n Polisieman het haar raakgesien en gewonder waarom ’n aantreklike tienermeisie in die vroeë ure van ’n koue wintersoggend alleen in die strate van Halifax rondloop. Toe hy dus aanbied om haar huis toe te neem, het Kay ingewillig—al haar boekies was in elk geval al versprei. Die kampanje was baie suksesvol en het groot publisiteit in alle dele van Kanada gekry.

Hoe ek ’n gevangene geword het

Nadat ek my hoërskoolopleiding in 1941 voltooi het, het ek ongeveer twee jaar lank sekulêr gewerk. Toe het ek ’n streekbyeenkoms in die Verenigde State bygewoon waar ek Milton Bartlett ontmoet het, ’n ywerige pionier wat net so oud soos ek was. Sy borrelende geesdrif vir die waarheid en ooglopende vreugde in die pionierdiens het ’n groot rol gespeel in my besluit om my sekulêre werk te laat vaar en die voltydse bediening in Maart 1943 te betree.

Aangesien die verbod steeds van krag was, was die Bybelprediking van huis tot huis feitlik ’n kat-en-muis-speletjie met die polisie. In ’n nuwe toewysing in Charlottetown, Prins-Eduard-eiland, was ek so gretig om in die diens uit te gaan om die mense se reaksie te sien, dat ek vergeet het om ’n aantekening van my woonadres te maak.

Ek het maar net ’n paar huise besoek toe die polisie my voorgekeer, my sak deursoek en my gearresteer het. Omdat ek nie ’n adres kon gee nie, het ek in die tronk beland, waar ek vier dae lank in volstrekte afsondering aangehou is. Gelukkig het die dogter van ’n Getuie in die gemeente toevallig die polisiehoof hoor praat van ’n jong Getuie wat hulle aanhou, met die gevolg dat die broers vir my kom borg staan het.

My verhoor is etlike maande lank uitgestel, en ek het dus met die huis-tot-huisbediening voortgegaan. Toe het ek ’n ander toewysing, na Glace Bay, Nieu-Skotland, ontvang. ’n Paar maande later het ek ’n dagvaarding ontvang om in Charlottetown voor die hof te verskyn. Ek het naarstig vir my verhoor voorberei, in die hoop dat ek afdoende bewys van my bediening sou kon lewer.

Die regter was oortuig dat ek aan al die kwalifikasies vir ’n godsdiensbedienaar voldoen het. Hy het egter bygevoeg dat dit kragtens dienspligregulasies die gebruik is om Jehovah se Getuies na gevangenekampe te stuur. Dít is hoe ek op daardie trein op pad na die gevangenekamp in Chalk River, Ontario, beland het. Gedurende die daaropvolgende twee jaar is ek na drie kampe gestuur.

Vryheid—maar nie die einde van die stryd nie

Ek is in 1946 vrygelaat en het weer as pionier in Glace Bay gaan dien. Noudat die verbod op Jehovah se Getuies opgehef was, kon ons ons werk in Kanada weer onder beskerming van die wet doen. Die enigste uitsondering was die Franssprekende Katolieke provinsie Quebec, waar daar hewige godsdiensvervolging was. Dit was die begin van wat later die slag om Quebec genoem is.

’n Spesiale vergadering is op Sondag, 3 November 1946, in Montreal gereël en deur die Wagtoringgenootskap se president en ander van die Brooklyn-hoofkwartier bygewoon. Die vurige traktaat Quebec’s Burning Hate for God and Christ and Freedom Is the Shame of All Canada is uitgereik, en ’n program vir landwye verspreiding is uiteengesit. Pioniers is genooi om aansoek te doen om die volgende Gileadklas by te woon vir opleiding wat hulle sou toerus om hierdie spesiale kampanje in Quebec verder te voer. Ek het aansoek gedoen en binne ’n paar maande ’n uitnodiging na die negende Gileadklas ontvang.

Die lewe in ’n nuwe land

Ek het gedink dat ek opgelei is om na Quebec te gaan en was dus skoon uit die veld geslaan toe ek, nadat ek gegradueer het, as kringopsiener na Ontario, Kanada, toegewys is om die Engelssprekende gemeentes aldaar te besoek. Maar dit was niks in vergelyking met die skok wet ses maande later gevolg het toe ek ’n toewysingsbrief van die Genootskap ontvang het om na Australië te gaan nie.

My eerste toewysing in daardie nuwe land was om ’n kring te bedien wat uit die hele staat Wes-Australië, ’n ontsaglike gebied van 2 528 000 vierkante kilometer, bestaan het! Nog ’n kring wat ek aanvanklik in die sentrale deel van Australië bedien het, het ’n afgeleë buitepos genaamd William Creek ingesluit. Die enigste Getuie wat daar gewoon het, het ’n afgeleë eetwarewinkel by die spoorweghalte gehad. Ek was verbaas toe ek eendag ’n karavaan kamele waarop Australiese inboorlinge gery het stadig naby die winkel tot stilstand sien kom het. Hulle het voorrade kom koop. Die gesprek het só verloop:

Klant: Soek skoene.

Winkelier: Groot of klein?

Klant: Groot.

Daarmee was die transaksie afgehandel en het die klant stadig uit die winkel uitgeloop om sy nuwe skoene op sy kameel te laat. Nog een het ingekom.

Klant: Ek soek rok vir lubra (inboorlingwoord vir vrou).

Winkelier: Dik of maer?

Klant: Maer.

Die rok is aan hom oorhandig, by het daarvoor betaal, en toe is dit in ’n sak gestop om op die wagtende kameel gelaai te word.

Saam met ’n huweliksmaat

Drie jaar na my aankoms in Australië is ek met ’n pragtige meisie van Brisbane, June Dobson, getroud. Na ons troue het ons ’n jaar lank pionierdiens gedoen voordat ons genooi is om weer reiswerk te doen, eers in die kring- en later in die streekwerk.

Toe ek nog ongetroud was, het ek talle binnelandse streke op ’n motorfiets besoek. Maar nou het ek en my vrou per motor gereis. Die pad oor die ruwe Nullarbor-vlakte, waar die temperatuur gewoonlik tot bo 46° Celsius styg, was sowat 1 200 kilometer ver grondpad wat uit fyn stof bestaan het. Die stof het in boë na die kante opgeslaan, sodat die motor na ’n snelboot gelyk het wat deur die water ploeg. Ons het al die deure en vensters sorgvuldig met maskeerband diggemaak om die bedrieglike stof uit te hou. Hoewel dit die temperatuur in die motor kwaai laat styg hat, het dit ten minste verhoed dat ons van kop tot tone toe was onder die stof.

Gedurende die jare wat ons streekwerk gedoen hat, het ons die Australiese vasteland talle kere deurkruis terwyl ons menige dorpe en stede besoek en kringbyeenkomste onder alle moontlike omstandighede bedien het. Toe ons in 1953 met die streekwerk begin het, was daar net een streek in Australië. Nou is daar vyf.

In 1960 het ons ’n onverwagse uitnodiging ontvang—om in die Sydney-Bethel in Strathfield te dien. Dit was baie anders as die reiswerk, maar ek het uiteindelik aan die kantoorwerk gewoond geraak. Kort daarna het ons egter nog ’n verrassing gehad. Nadat ons 18 maande in Bethel gedien hat, het ek en June ’n uitnodiging ontvang om Gileadskool se nuwe kursus van tien maande by te woon.

In teenstelling met my vorige Gilead-opleiding in South Lansing, New York, was ons hierdie keer reg in Brooklyn by die wêreldhoofkwartier van Jehovah se Getuies. Nadat ons gegradueer hat, is ons na Australië teruggestuur om weer eens reiswerk te doen. Ons het tot in 1981 in daardie hoedanigheid gedien, toe ons weer na die Sydney-Bethel genooi is. Daar het ons met die reusetaak gehelp om die hele takkantoor, fabriek en Bethelgesin van Strathfield na die pas geboude fasiliteite by Ingleburn, ongeveer 48 kilometer van Sydney se middestad af, te verskuif.

“In lieflike plekke”

My werk hier in die diensafdeling is ’n daaglikse genot. Weens die jare wat ek in die streekwerk deurgebring hat, ken ek soveel broers en susters uit alle dele van die vasteland dat dit vir my voel asof ek sommer daar by die kringopsieners is wanneer hulle weeklikse verslae inkom. Die streekopsieners se verslae voer my mee tot in die ouditoriums en Byeenkomssale, die hele atmosfeer van ’n kringbyeenkoms inkluis. Ek en my vrou meen dat die Bethel, saam met sy Bethelgesin van meer as 110 en halfplattelandse ligging ver van die stadsgeraas en -besoedeling, die heel ‘lieflikste plek’ is.

Een naherfsdag in Mei 1984 het die Takkomitee se Koördineerder, H. V. Mouritz, my stilweg meegedeel dat ek ’n aanstelling van die Bestuursliggaam ontvang het om as lid van die Australiese Takkomitee te dien. Ek het daardie middag omtrent dieselfde gevoel soos toe ek in 1947 die toewysingsbrief gelees het om in hierdie lieflike land, Australië, te kom dien.

Wanneer ek op my 65 lewensjare in Jehovah se organisasie terugkyk, voel dit asof ek die vervulling van Psalm 16:6 persoonlik gesmaak het. “Die meetsnoere” het voorwaar vir my in baie “lieflike plekke” geval. As ek weer kon kies wat ek met my lewe wil doen, sou ek sonder om te aarsel presies dieselfde lewensweg gekies het. Daar kan geen aangenamer uitkoms—geen lonender ondervinding—wees nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel