Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 2/1 bl. 21
  • ‘Die oes is ryp’ in Birma

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Die oes is ryp’ in Birma
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebeure in Dinam
  • ’n Weggegooide boek help iemand om die waarheid te vind
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Jehovah, my vertroueling van jongs af
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Toon waardering vir die pionierdiens
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Voortdurende vermeerdering vereis die vereenvoudiging van prosedures
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 2/1 bl. 21

Koninkryksverkondigers berig

‘Die oes is ryp’ in Birma

▫ DAAR is meer as 1 500 verkondigers van die goeie nuus in die pragtige land Birma. Hulle onlangse byeenkomste is in drie tale gehou, naamlik Birmaans, Loesjai en Haka Tsjin, met ’n gesamentlike opkoms van 2 273. Die volgende ondervindinge toon watter belangstelling regskape mense in die Koninkryksboodskap het en beklemtoon wat Johannes in ’n visioen gesien het: “Die oes van die aarde [het] oorryp geword.”—Openbaring 14:15.

Gebeure in Dinam

▫ Tydens die huis-tot-huisbediening in Matoepi het ’n spesiale pionier ’n skolier ontmoet wat veral meer oor die hel wou weet. Hy was baie verbaas toe daar aan hom verduidelik is dat die Bybelse hel die mens se gemeenskaplike graf is. Hy kon dit nie net vir homself hou nie, maar wou sy familielede in sy tuisdorp Dinam daarvan vertel. Gedurende skoolvakansies het hy na sy dorp teruggegaan en die waarheid aangaande die hel verkondig. Sy swaer wou bale graag meer weet, en daarom het hy saam met die skolier na Matoepi teruggegaan om self met die pionier te praat. Hy het weke lank in Matoepi gebly, waar die pionier met hom gestudeer het. Later, tydens sy tweede besoek aan Matoepi, het hy daarop aangedring dat die pioniers sy dorp moet besoek, want, het hy gesê, daar was baie belangstellendes in die dorp. Al drie die pioniers het die uitnodiging met graagte aanvaar. Na 12 vermoeiende ure het hulle Dinam bereik.

Daar was ’n begrafnis in Dinam die dag toe die pioniers daar aangekom het, en mense van nabygeleë dorpe was ook daar om meer aangaande hierdie Bybelse hel te hoor. Almal het nader gehardloop om die besoekers te sien. Dit het tot ’n Bybelbespreking gelei wat van 7:00 nm. tot 11:00 nm. geduur het. ’n Simpatieke persoon in die gehoor het om 11:00 nm. ’n einde aan die bespreking gemaak, sodat die pioniers ’n bietjie kon rus vir die volgende dag. Om ongeveer sewe-uur die volgende oggend het hulle weer met die Bybelbespreking begin, en dit het tot tienuur die aand geduur, met net kort onderbrekings vir maaltye. Toe die pioniers uit die dorp vertrek het, het die regskape mense hulle gevra om terug te kom en meer tyd saam met hulle deur te bring. Wat ’n voorreg is dit tog om sulke ontvanklike mense met die kosbare goeie nuus van die Koninkryk te help. Die oes is inderdaad ‘ryp’ in Birma!

’n Weggegooide boek help iemand om die waarheid te vind

▫ ’n Man in Birma het sy vriend besoek wat ou boeke en koerante as afvalpapier verkoop en het ’n ou boek sonder ’n omslag tussen die afvalpapier gesien. Hy het dit opgetel en begin lees. Hy was sommer gou verdiep daarin. Dit was die Wagtoringgenootskap se boek Luister na die Groot Onderwyser. Hy het aan die Genootskap se takkantoor geskryf en meer boeke bestel. Die takkantoor het dadelik ’n pionier gestuur om hom te besoek. ’n Studie is met hom begin, en na net ’n paar studies het hy besef dat dit die waarheid is en het hy sy slegte gewoontes begin opgee en later van sy Hindoe-godsdiensbeelde ontslae geraak. Kort voor lank het hy en sy oudste dogter hulle aan Jehovah toegewy en is hulle gedoop. Hy is nou ’n gewone pionier.

Ja, “die oes is . . . groot, maar die arbeiders min” in die vrugbare Birmaanse veld.—Mattheüs 9:37, 38.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel