Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 4/1 bl. 30
  • Vrae van lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vrae van lesers
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Soortgelyke materiaal
  • Twee onsedelike susters
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • Jehovah ontbloot sy swaard!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
  • Is Jehovah se Getuies Protestante?
    Algemene vrae oor Jehovah se Getuies
  • Godsdiens se vloedgolf—die finale afrekening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 4/1 bl. 30

Vrae van lesers

▪ Waarom het Die Wagtoring van 15 September 1988 aangedui dat Protestantisme haar selfs in groter mate as Rooms-Katolisisme verontreinig het?

Dit is gemeld, omdat dit met die profesie en die feite strook. In die boek Esegiël, hoofstuk 23, word die figuurlike Ohola en Oholiba as onsedelike susters beskryf. Die tienstammeryk Israel is deur Ohola afgebeeld, terwyl Oholiba die tweestammeryk Juda voorgestel het. Die Wagtoring van 15 September 1988 het hierdie simboliese vroue bespreek en op bladsy 21 gesê:

“Omdat Oholiba (Juda) ’n sondiger weg as haar suster [Ohola, of Israel] bewandel het, is sy in 607 v.G.J. as ’n volk deur die Babiloniërs verslaan. Haar kinders het deur die swaard geval of is as gevangenes weggevoer, en sy het in die skande geraak onder die nasies. Soos Ohola en Oholiba, maak die Christendom haar aan geestelike owerspel skuldig, ’n sonde in die oë van die God wat sy beweer sy aanbid. Protestantisme, met haar talle denominasies, het haar selfs in groter mate met die handels- en politieke magte van die wêreld verontreinig as haar ouer suster, Rooms-Katolisisme. Jehovah sal derhalwe sorg dat die hele Christendom vernietig word.”

Met die Konsilie van Nicea in 325 G.J. het keiser Konstantyn die heidense Romeinse staatsaanbidding met die afvallige Christelike godsdiens laat saamsmelt en die hoof van die nuwe Katolieke Kerk geword. Die Rooms-Katolieke Kerk kan sy bestaan dus terugvoer tot die vierde eeu van ons Gewone Jaartelling. Protestantisme het in die Hervorming van die 16de eeu ontstaan. Aangesien Ohola (Israel) gevolglik ouer as Oholiba (Juda) was, het Die Wagtoring Rooms-Katolisisme gepas die ouer suster van Protestantisme genoem.

Maar waarom kan daar gesê word dat “Protestantisme . . . haar selfs in groter mate met die handels- en politieke magte van die wêreld verontreinig as haar ouer suster, Rooms-Katolisisme”? Omdat die feite strook met die profesie, wat sê: “Haar suster Oholiba het dit alles gesien. Maar haar wellus en haar onsedelikheid was nog erger as dié van haar suster.”—Esegiël 23:11, NAV.

As dele van Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens, was Katolisisme sowel as Protestantisme diep betrokke by die kommersiële en politieke elemente van hierdie wêreld (Openbaring 17:1-6; 18:1-19). ’n Enkele Protestantse denominasie het weliswaar dalk minder invloed as die magtige Rooms-Katolieke Kerk. Maar die talle Protestantse kerke tesame oortref die een Katolieke Kerk wat mag en invloed betref. Protestantisme oefen byvoorbeeld groot invloed uit in sekere vername nywerheidslande, terwyl sommige Protestantse geestelikes hoë politieke ampte nastreef. Dit is dus een manier waarop Protestantisme, met haar talle denominasies, haar selfs in groter mate as Katolisisme verontreinig het.

Maar ook op ’n ander manier is Protestantisme se “onsedelikheid” “nog erger”, en is sy laakbaarder as Katolisisme. Hoe so? Wel, die Hervorming het Protestantisme ten minste die hoop en vooruitsig op groter geestelike verligting gebied. Trouens, sommige hervormers het ernstige en merkwaardige stappe in hierdie verband gedoen. Maar op die ou end het onskriftuurlike leerstellinge soos die Drie-eenheid, onsterflikheid van die mensesiel en die helse vuur onveranderd onder die Protestante gebly. Soos die Katolieke is hulle ook skuldig aan skepseleaanbidding en stel hulle mensetradisies in die plek van Bybelwaarheid.—Mattheüs 15:1-9; 23:9, 10.

Regverdiging, Boek Een, het reeds in 1931 iets interessants in hierdie verband gesê. Op bladsy 311 het hierdie Wagtoringpublikasie (nou uit voorraad) aangaande Esegiël 23:11-13 gesê: “Die Protestantse ‘georganiseerde godsdiens’ het gesien hoe Rooms-Katolisisme haarself verontreinig het met die kommersiële en politieke moondhede van die wêreld, en het baie teen die Katolieke te sê gehad daaroor; maar toe het die Protestantisme heengegaan en dadelik dieselfde, en nog erger, gaan doen. . . . Albei het dieselfde gedragslyn gevolg; maar Protestantisme het meer verligting gehad as Romanisme, en daarom is dit soveel laakbaarder.”

[Prent op bladsy 30]

Konstantyn het die afvallige Christelike godsdiens met die heidense Romeinse staatsaanbidding laat saamsmelt en het sodoende die hoof van die nuwe Katolieke Kerk geword

[Erkenning]

Die Metropolitaanse Kunsmuseum, erflating van mev. F. F. Thompson, 1926. (26.229)

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel