Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w89 4/15 bl. 3
  • Valse godsdiens se skaamtelose hoerery

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Valse godsdiens se skaamtelose hoerery
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Geestelike hoerery is selfs erger
  • “Ek sal ’n einde aan jou prostitusie maak”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • Waarom ’n groeiende probleem?
    Ontwaak!—2003
  • Die oordeel oor die berugte hoer
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met Die Wagtoring
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
w89 4/15 bl. 3

Valse godsdiens se skaamtelose hoerery

1. Hoe het baie mense prostitusie beskou?

PARTY noem dit die oudste beroep—dié van die hoer, prostituut, oftewel straatvrou. Volgens die algemene gebruik van hierdie woorde het al drie dieselfde betekenis, naamlik ’n onsedelike vrou wat die gebruik van haar liggaam aan mans verkoop. Tog was daar ’n tyd toe dit as ’n eervolle beroep beskou is!

2, 3. Hoe het die rol wat priesteresse in eertydse Babilon gespeel het ’n kontras gevorm met Jehovah se wet aan Israel oor manlike en vroulike prostitusie?

2 Professor S. H. Hooke, ’n gesaghebbende op die gebied van Bybelse argeologie, het die volgende oor eertydse Babilon se priesterdom gesê: “Die priesterskap was nie net tot mans beperk nie, maar vroue het deel van die personeel van die groot tempels uitgemaak. Dit is as ’n eer beskou om aan die priesteresse-orde te behoort, en ons hoor van verskeie konings wat hulle dogters aan die priesterlike amp gewy het. . . . Hulle belangrikste funksie was om tydens die groot seisoenfeeste as heilige prostitute te dien. . . . Die personeel van die tempel van Isjtar [die godin van vrugbaarheid en oorlog] het uiteraard ’n groot groep van hierdie vroue ingesluit.”

3 Dit het ’n skerp kontras gevorm met die aanbidding wat die nasie Israel aan Jehovah God moes bring. Die Wet het onomwonde gesê: “Geeneen van die dogters van Israel mag ’n tempelprostituut word nie, en ook geeneen van die seuns van Israel mag ’n tempelprostituut [wat homoseksualiteit beoefen] word nie. Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van Jehovah jou God vir enige gelofte bring nie, want dit is iets verfoeiliks vir Jehovah jou God” (Deuteronomium 23:17, 18, NW). Die betaling wat ’n hoer ontvang het, was dus onaanvaarbaar as ’n bydrae vir God se heiligdom. Selfs hoerery sonder enige godsdienstige konnotasie was skandelik. Die Israeliete is beveel: “Ontheilig jou dogter nie deur haar vir hoerery aan te hou nie, sodat die land nie hoereer en die land vol skandelike dade word nie.” Die wette teen prostitusie en homoseksualiteit, wat as “iets gruweliks” beskryf word, was geestelik sowel as fisies ’n beskerming vir die nasie.—Levitikus 19:29; 20:13.

Geestelike hoerery is selfs erger

4. Wat is die ergste vorm van hoerery?

4 Uit God se oogpunt is daar egter ’n erger vorm van prostitusie—geestelike hoerery, of as iemand beweer dat hy die ware God aanbid terwyl hy in werklikheid sy aanbidding en geneentheid aan ander gode gee. Eertydse Jerusalem het haar prostitusie ’n stap verder gevoer. Sy het geskenke aan die nasies gegee wat geestelik met haar gehoereer het en sodoende ware aanbidding besoedel het.—Esegiël 16:34.

5, 6. Wie pleeg geestelike hoerery in hierdie 20ste eeu, en watter vrae laat dit ontstaan?

5 Selfs in hierdie 20ste eeu is geestelike hoerery iets algemeens in die wêreld se godsdiensstelsel. Die Christendom is die prominentste deel van daardie stelsel—’n stelsel wat die Bybel “[Babilon die Grote], die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” noem.—Openbaring 17:5, vgl. NW.

6 Maar wat is Babilon die Grote se finale lot? En hoe gaan daardie finale uitslag jou en jou geliefdes raak? Wat gaan God omtrent hedendaagse geestelike hoerery doen as hy hoere in eertydse Israel veroordeel het? Die volgende artikels sal hierdie en verwante vrae bespreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel